In die arms van ’n ander man

01 October 2018 | Columns

Yolanda Nel – My boetie en sy vrou het onlangs uit Thailand teruggekeer na ’n heerlike vakansie. Ek kon nie help om effe jaloers te wees nie, hoewel ek self ’n paar maande gelede daar was.

Met die uitruil van stories het ek vinnig besef ons het beslis baie verskillende vakansies in hierdie land ervaar. “Ons trippie Phi-Phi eiland toe was beter as joune,” sê hy. Ek glo hom volkome, want my uitstappie daarheen het nagmerries tot gevolg gehad. Ek het tot ’n video-opname gemaak en my geliefdes gegroet.

Ek het gedink daardie dag was die einde. Dit is ’n dag in my lewe wat ek nooit wil oor hê nie.

My vriendin het sewe keer gevra of ek op die boot wil klim. Ek het sewe keer positief geantwoord terwyl my alter-ego sewe maal sewe keer wou weet of ek weet waarin ek myself nou begewe het. Ek staar ’n probleem strak in die gesig. Maar wanneer die probleem water is, het ek nou al besef, verloor ek elke keer. Ses jaar gelede op ’n boot in Venesië het presies dieselfde gebeur. Ek klim op en minute later lê ek in ’n bondeltjie op die vloer en die trane loop sonder ophou.

Die dag wat ek in Thailand op daardie boot geklim het, was die water onstuimig en die weer nie die beste om op see te wees nie. Ons deel ons spoed-boot met ’n groep Australiërs. Trust-fund babies. Alles van hulle getuig dat hulle nog nie ’n dag in hul lewe gewerk het nie. Hulle lyk soos iets uit Gossip Girl. Maer middellyfies paradeer op die boot, spog met hulle mooi gedoende manikuur, blonde hare wapper in die wind en hul bikini’s wys hul mooi bruin tan (nie van die Thailand-son nie). Hulle skinder voor my oor my, asof ek nie Aussie Engels magtig is nie.

En iewers in ’n hoekie, sit ek met twee reddingsbaadjies aan, net vir ingeval. Die sout van die seewater los wit strepe in my blou gekleurde kop. En ek lyk steeds soos ’n opgestopde wors in my swembroek.

Toe begin ons beweeg. In die lug, oor ’n brander en dan maak ons hard kontak met die water. Dit voel asof ons klip tref. Verboureerd hou ek die bodem dop en wag vir ’n gat om te vorm. Ek klou vir lewe en dood vas. My vriendin wys elke nou en dan hoe die dolfyne langs ons swem. Ek waag nie my kop lig nie. Al wat ek in my geestesoog sien is hoe ek vandag hier verdrink. My alter-ego sit met haar arms oor haar knieë gevou. As sy self nie so benoud was nie, het sy seker vir my gesê, “Maar ek het jou mos gewaarsku”.

Vriendin lyk asof sy die uitstappie geniet. Ek dink ek gaan ’n nier verloor. Langs my sit ’n Chinese man. Hy giggel histeries langs my. Ek is al verby daardie punt. Ek huil openlik, maar met die hoeveelheid water wat elke dan en wan oor my spoel, lyk dit eerder of my oë net van die soutwater traan. Die oom vat my hand en ek klou terug. Later is sy arm om my skouers en vir ’n wyle vind ek ’n veilige hawe in ’n ander man se arms.

Toe ek uiteindelik waag om my oë oop te maak, toe lê die trust fund babies almal op die boot se bodem, die eens mooi blonde hare vasgeplak teen hulle gesigte. Hulle oë is rooi. “Dat die see sout jou oë nou so kan laat brand, né,” sê ek toe ons uiteindelik weer op droë grond kom.

“Hoe was julle ervaring?” vra ek my boetie. “Die mooiste dag, met die see so kalm dit maak nie eers golwe nie.”

Die knaap wil weet of ek sal terug gaan Thailand toe en ook vir hom op ’n boot sal klim. “Gaan jy vir my lag as ek huil?” vra ek eers en hy antwoord positief. “Dan bly ek maar eerder op droë grond.”

Similar News

 

As die meerminne verdwyn

1 month - 17 December 2018 | Columns

Yolanda Nel - “Hardloop die see in met jou jeans aan, kyk uit vir 'n meermin en deel in gesprekke oor al die mooi plekke...

Alles met 'n knippie sout

1 month - 10 December 2018 | Columns

Yolanda Nel - Almal weet gewoonlik baie meer as jy. Hoe weet ek dit? Want hulle vertel my elke kans wat hulle kan, dat dit...

Met 'n tikkie sout

1 month - 08 December 2018 | Columns

Almal weet gewoonlik baie meer as jy. Hoe weet ek dit? Want hulle vertel my elke kans wat hulle kan, dat dit waarmee ek besig...

The miracle of Wilbur

2 months ago - 19 November 2018 | Columns

Yanna Smith There was no way I knew how much 10 January 2017 would change my life. That was the day I rescued a calf,...

Ek groet jou Lindie

2 months ago - 12 November 2018 | Columns

Yolanda Nel - Wanneer jy iemand groet, dink jy mos nie dis die laaste keer wat jy daardie persoon gaan sien nie. Ek groet jou...

The world of weird news

2 months ago - 05 November 2018 | Columns

In the newsroom we're confronted by a variety of stories every day. Some heart-wrenching, some uplifting, and some downright weird.Earlier this year I wrote a...

Bou 'n brug

2 months ago - 29 October 2018 | Columns

Yolanda Nel - Toe ons jonger was en 'n probleem ondervind het, het almal baie sarkasties toegesnou, “bou 'n brug en kom daaroor”.In die werkplek...

Bou 'n brug

2 months ago - 26 October 2018 | Columns

Toe ons jonger was en 'n probleem ondervind het, het almal baie sarkasties toegesnou, “bou 'n brug en kom daaroor”.In die werkplek moet ons gereeld...

Wie's jou sidekick?

3 months ago - 15 October 2018 | Columns

Yolanda Nel - Ek kan onthou toe ek 12 jaar oud was, het ek 'n toespraak by die Sinode gelewer. Ek moes praat oor die...

The joy of growing old

3 months ago - 08 October 2018 | Columns

Julienne van RooyenAfter another year there’s an extra wrinkle staring back at me in the mirror and things are going downhill at a relatively fast...

Latest News

Watertoevoer bly 'n uitdaging

19 hours ago | Infrastructure

Op Groot Aub sê inwoners hulle gaan soms dae lank sonder water.Tydens 'n onlangse onderhoud met Nampa, het inwoners van die ne-dersetting wat sowat 45km...

Women at Work trains nannies

19 hours ago | Education

A number of women from Farm Skoonheid near Gobabis recently received training to become nannies to better their knowledge and skills to take care of...

Just enough better than more

19 hours ago | Banking

As the economy begins to improve, entrepreneurs will find greater confidence to establish SMEs, while existing SMEs will seek finance to grow, says Jerome Mutumba,...

Artist group struts their stuff

19 hours ago | Art and Entertainment

A group exhibition by the Ileni Pamwe Project of Visual Artists opened at the Omba Gallery in the capital last week.The exhibition showcases mixed media...

Shotgun at the Warehouse

19 hours ago | Art and Entertainment

Indie-folk singer and songwriter Shotgun Tori makes a Namibian comeback with her tour Where We Left It Off at the Warehouse Theatre.Blending folk, rockabilly, country...

Life in full colour

19 hours ago | Art and Entertainment

Running at the National Art Gallery in the capital until 16 February, is Of the Greatness of Life, a solo exhibition by Dr Helmut Lauschke.Consisting...

Events calendar

19 hours ago | Art and Entertainment

Currently running• Art Come Together, an exhibition of the results from art workshops in the Khomas, Kavango East, Oshana and Hardap regions at the National...

A new you in the...

19 hours ago | People

If you're looking for a rebrand in terms of your image, reputation, lifestyle or even habits but you're finding it hard to start, it might...

Support for soccer centre

19 hours ago | Society

The Namibia Football Association (NFA) Girls Centre last week received 18 single beds and bedding worth N$75 000 from the Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit...

Load More