Jy moet lekker verjaar, liewe Moria

Dié skool is kort na onafhanklikheid gestig toe 'n paar ouers in die Outjo-omgewing begin beplan het om Afrikaanse onderrig te bewerkstellig.

27 January 2019 | Education

Tradisie sê die tradisionele geskenk vir 'n 28ste herdenking is laventel of orgideë. Hoe gepas dan dat Moria se gelukbringer, Moerby, tydens die oudste Napso privaatskool in die land se verjaarsdag, heerlike roomysnektar vir die leerlinge uitgedeel het.

Privaatskool Moria is vanjaar 28 jaar oud en spog met die titel dat dit die oudste Afrikaanse privaatskool in Namibië is. Bykans drie dekades later groei die skool vinniger as ooit en die skoolhoof, mnr. Loutjie Grobler, die sewende skoolhoof, meen die skool se gelukbringer is die mees gepaste dier om Moria se beeld uit te dra.

“Ons is klein, maar skerp en ons maak die heel soetste heuning,” het Grobler gesê.

Hoewel hierdie byekorf steeds klein is, groei dit steeds. Só het daar aan die begin van hierdie jaar, ook vyf nuwe onderwysers by die skool aangesluit en word Landbou nou ook as vak aangebied.

Grobler sê hy is baie opgewonde oor die nuwe gesigte onder die kinders en op die personeel, en hoop dat hierdie jaar weer 'n groot jaar vir die skoolgemeenskap gaan wees.



Verandering

Privaatskool Moria het onlangs sy bestuursmodel verander en volg volgens mnr. Neil Prinsloo, die skool se bedryfshoof, 'n tendens wat wêreldwyd gebruik word deur twee hoofde in 'n bestuursvennootskap op 'n gelyke posvlak in diens te hê. Beide is hoof van 'n sekere afdeling met onderskeie bestuursareas, die skoolhoof van die skoolafdeling en die bedryfshoof van die bedryfsafdeling.

Moria wil graag 'n wêreldklas skool wees wat leerlinge tot hul volle potensiaal ontwikkel deur Christelike beginsels in Afrikaans, het Prinsloo gesê. “Ons kinders is waarlik nog kinders, omdat hulle in 'n plattelandse omgewing grootword met groot vryheid en veiligheid, maar ook blootgestel word aan die jongste tendense en tegnologie in die wêreld.”

Grobler voeg by dat die leerders hier as energiek, karaktervol en liefdevol beskryf kan word. “Moria het ongelooflike sterk ondersteuning vanuit Outjo en Kamanjab, wat tradisioneel ons hoof voedingsbron van leerlinge is. Die wisselwerking tussen die gemeenskap maak die skool, dorp en omgewing 'n spesiale plek.”

Die hoofde meen hierdie plattelandse skool met die groot hart, ook op verskillende maniere tot die gemeenskap van die Outjo omgewing bydra.



Gemeenskap

Op maatskaplike gebied dra Moria met verskillende projekte by, o.a. die skoenboks-projek waarmee behoeftige leerlinge geskenke ontvang om in basiese behoeftes vir hulleself en ook skryfbehoeftes om skool te gaan voorsien.

Die hele gemeenskap baat by die skool se samewerking met die plaaslike munisipaliteit om die dorp se sportgeriewe op te knap en in stand te hou.

Die geestelike voorgangers in kerke waar leerlinge lidmate is, kom gereeld by Moria bymekaar en so word samewerking tussen die onderskeie kerke bevorder. Op ekonomiese gebied dra die skool by as werkgewer met die meeste gegradueerdes in die dorp, die skool verseker ook dat nuwe besigheidsmanne in die dorp kan vestig, omdat daar 'n uitstekende skool is om hulle kinders in te skryf en die onderskeie kultuur- en sportbyeenkomste lok mense weer na die dorp en dien as finansieële inspuiting van buite. “Net soos Duitse Privaatskole 'n blink toekoms het in Namibië, het Afrikaanse privaatskole ook 'n blink toekoms. Afrikaanse privaatskole se getalle neem stadig maar seker toe. Al die Afrikaanse privaatskole is innoverend en het goeie bestuurstelsels met strategiese beplanning vir die toekoms,” het Prinsloo gesê.

“Elke verjaarsdag laat ons net weer met dankbaarheid terugdink aan mense wat baanbrekerswerk gedoen het en wat ook moes aanpas by 'n veranderende wêreld, mense wat 'n passie vir die onderwysberoep en vir ons kinders gehad het, wat besef het dat ons self moet opstaan en saamstaan vir onderwys met Christelike beginsels in 'n eie moedertaal,” het Grobler afgesluit.

Similar News

 

Social entrepreneurs making their mark

1 week ago - 15 April 2019 | Education

The Red Bull Amaphiko Connect 2019 event took place at the end of March at a warehouse in Windhoek's northern industrial with more than 30...

Bursaries for four students

1 week ago - 14 April 2019 | Education

Standard Bank recently awarded bursaries to four students studying Cyber Security, Forensic Science and Actuarial Science at the Namibia University of Science and Technology, the...

Takel tiener probleme kamp-kamp

1 week ago - 14 April 2019 | Education

Yolanda Nel Die skoolvakansie is op hande en as jy steeds wonder hoe om jou tiener hierdie volgende paar weke besig te hou, is die...

Gimmies on stage

2 weeks ago - 07 April 2019 | Education

Windhoek • Yolanda Nel Two learners of Windhoek Gymnasium reached the top 80 of the National Acting Competition in South Africa.This competition , presented...

Let the children of Epukiro read

2 weeks ago - 07 April 2019 | Education

Windhoek • Mariselle Stofberg Committee members of the Omahongero mEpukiro initiative last week donated 4 971 books towards the Ministry of Education, Arts and...

New beginning for b'ball league

2 weeks ago - 07 April 2019 | Education

The Namibia Basketball School league (NBSL) kicked off in the capital last weekend with teams from local public primary and high schools from as young...

Bringing home basketball bronze

3 weeks ago - 31 March 2019 | Education

Based on the most important goals of the Special Olympics – bringing people with and without disabilities together, learning from each other and overcoming barriers...

We love WE!

3 weeks ago - 31 March 2019 | Education

Windhoek • Yolanda Nel Learners of Centaurus High School can't wait to get their hands on a copy of the weekly Windhoek Express, which they...

No late registrations

3 weeks ago - 31 March 2019 | Education

The Ministry of Education, Arts and Culture announced that all part-time grade 10 and 12 learners will have to register for the national examinations on...

Animalia on stage

3 weeks ago - 31 March 2019 | Education

Next week, from Thursday to Saturday, St George's students take to the stage to host the production Animalia.During the first part, the Prep School students...

Latest News

Klein dade, groot harte

1 week ago - 15 April 2019 | Social Issues

Toyota Indongo het verlede week in die vroeë oggendure gaan blikskud , alles ten bate van kanker. Die gesigte getuig dat 'n klein daad almal...

Staalperde in die wilde weste

1 week ago - 15 April 2019 | Events

Windhoek • Yolanda Nel Van 3 tot 5 Mei behoort die baan aan motorfietsentoesiaste, met die twee-jaarlikse Olifant-wedren op Gobabis wat 'n groot makietie beloof.“Die...

Only unoccupied structures to go

1 week ago - 15 April 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel The bid to remove illegal structures on municipal land only refers to unauthorised incomplete and unoccupied structures. In an effort to clear the...

Asbestos removal project under way

1 week ago - 15 April 2019 | Environment

Arandis • Leandrea Louw The Walvis Bay municipal council accepted a proposal by Adcon CC to rehabilitate the hazardous waste site and create more space...

The gentleman netball coach

1 week ago - 15 April 2019 | People

Walvis Bay • Adolf Kaure Bobsey Kanku Musambani whose coaching has transformed netball at the coast since his introduction to the sport, was born in...

Social entrepreneurs making their mark

1 week ago - 15 April 2019 | Education

The Red Bull Amaphiko Connect 2019 event took place at the end of March at a warehouse in Windhoek's northern industrial with more than 30...

Say it!

1 week ago - 15 April 2019 | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say. Riverside avenue in Swakop which describes exactly where it is,...

Events calendar

1 week ago - 15 April 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Follow the hidden magic, an exhibition by Anja Nowack, can be viewed at El Barrio in Windhoek until 17 April.• On the Brink,...

Go forth and save!

1 week ago - 15 April 2019 | Banking

Many graduates can benefit by adopting good money management principles early in their careers to ensure a stable and stress free financial future. “Whether you...

Load More