Kan Namibiërs 'n les leer?

Kapenaars reageer sterker op waarskuwing van leë krane as op waterbeperkings

17 December 2018 | Disasters

Waarskuwings oor krane wat op Dag Zero leeg sou loop, het 'n veel groter impak op Kapenaars se waterverbruik gehad as waterbeperkings.

Dít is een van die bevindinge van 'n studie deur navorsers aan die Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit van Kaapstad (UK). Die studie is onlangs in die aanlyn-weergawe van die vaktydskrif Water Research gepubliseer. Die gedrukte weergawe sal in Februarie 2019 verskyn.

“Ons bevindinge dui daarop dat Kapenaars sterker op die waarskuwing van leë krane as op waterbeperkings gereageer het,” sê een van die navorsers, prof Thinus Booysen, van die departement elektriese en elektroniese ingenieurswese aan die US. “Ons slim watermeterdata gekombineer met kostedata van die Stad Kaapstad dui op 'n merkwaardige sukses aan die kant van inwoners om hul verbruiks-patrone oor 'n relatief kort tydperk te verander.”

Booysen het die navorsing saam met Martine Visser van die UK Skool vir Ekonomie en Ronelle Burger van die US se Departement Ekonomie gedoen.

“Uit ons studie blyk dit dat hoewel bangmaakstories 'n riskante strategie vir die Stad Kaapstad was, dit moontlik die mees suksesvolle intervensie was om Kapenaars se gedrag rakende waterverbruik te verander.”



Volgorde van gebeure

Booysen en sy medenavorsers het gekyk na die volgorde van gebeure wat in 2017 en 2018 tot Kaapstad se beweerde Dag Zero gelei het.

Hy sê hul studie toon daar was 'n toename in waterverbruik ná die eerste week van September 2017 toe vlak 5-beperkings geïmplementeer is en ná 31 Januarie 2018 toe vlak 6B-beperkings ingestel is.

Hy meen drie gebeure in die eerste twee weke van Augustus kan moontlik die oënskynlike afplatting en die daaropvolgende afname in die laaste gedeelte van Augustus verklaar: die nasionale regering het die Stad Kaapstad gekritiseer oor sy trae reaksie op die droogtekrisis; die Stad het gedreig om waterbeperkingstoestelle te installeer vir diegene wat baie water gebruik; en die jaarlikse blommeskou aan die Weskus is weens die droogte gekanselleer.

Booysen sê 'n week ná die aankondiging van die rampplan, het die verskil tussen die streke begin toeneem en is 21 liter per dag bereik in die eerste week van November, wat op 'n aansienlike vermindering in Kapenaars se waterverbruik dui. Teen middel November, ná die ingryping van die premier en die nasionale minister, het die verskil aan die begin van die vakansie (6 Desember 2017 tot 7 Januarie 2018) tot 6 liter per dag afgeneem.

“Ná die vakansie, wat met die implementering van vlak 6-beperkings saamgeval het, het die verskil tussen die groepe geleidelik toegeneem en is 33 liter per dag bereik in die laaste week van Januarie 2018, aangesien Kapenaars minder water gebruik het in reaksie op die dreigende krisis en die instelling van vlak 6B-beperkings.

“Maar na die tweede week in Januarie was daar 'n geleidelike toename in verbruik tot vlakke hoër as voor die vakansie. Hierdie toename het 'n piek bereik kort nadat die Stad vlak 6B-beperkings aangekondig het. 'n Verdere vermindering het gevolg op die implementering van vlak 6B-beperkings op 1 Februarie, waarna waterverbruik 'n plato bereik het en effens toegeneem het met die aankondiging op 22 Februarie dat Dag Zero tot Julie uitgestel is.”



Sosiale media

Die navorsers het ook reaksies in die hoofstroommedia en op sosiale media op aankondigings van die regering ontleed deur te kyk na uitdrukkings wat met waterbeperkingsvlakke en die vrees vir die droogte en sy gevolge verband gehou het.

Hulle het gesoek vir woorde soos “vlak 5 of vlak 5-beperkings of vlak 5-waterbeperkings of waterbeperkings”, “versamelpunte”, “ramp”, “krisis”, “gebottelde water” en “boorgat”.

“Ons wou aspekte rondom die toename in die publiek se omgang met die waarskuwing van leë krane identifiseer ten einde te verstaan hoe Kapenaars die stortvloed kennisgewings en nuus tydens die krisis gehanteer het,” sê Booysen.

“Ons ontleding van die terme wat vanaf Augustus tot Oktober 2017 gebruik is, toon die reaksie was die grootste toe 'n driefase-rampplan wat oor die rampspoedige gevolge gewaarsku het, aangekondig is en nie toe beperkings of tariefverhogings ingestel is nie. Gedurende die week voor die daling in waterverbruik was daar 'n toename in uitdrukkings wat met paniek oor die droogte verband gehou het. Daar was 'n afname in terminologie oor vlak 5-beperkings. Skerp stygings in die frekwensie van woorde rakende paniek oor die droogte het egter nie met die aankondiging oor vlak 5-waterbeperking op 3 September oorvleuel nie.”

Booysen sê dié stygings skep die indruk dat die aankondiging van strenger waterbeperkings moontlik 'n geringer effek gehad het as die mediawaansin en bangmaakstories wat op die vrystelling van die rampplan vir kritiese watertekorte gevolg het. Dié plan het gefokus op die risiko van krane wat leeg sou loop, die moontlikheid dat mense by versamelpunte in rye sou moes staan vir waterrantsoene, en die verhoogde bedreiging van brande en siektes in digbewoonde nedersettings.

Similar News

 

Good possibility for rain

1 day - 18 August 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerFor many Namibians, especially farmers, there may be a small glimmer of hope. The strong El Niño phenomenon, which is one of...

Dams at shockingly low levels

1 week ago - 11 August 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh Residents of the capital are ­finally taking water savings a little more seriously and managed to save 4% last week.According to...

Dams at critical levels

1 month - 14 July 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh Dams in Namibia only have 26.7% or 186 820 Mm³ (million cubic meters) of water available, compared to the same time...

New water restrictions in full force

1 month - 30 June 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh Residents of Windhoek are reminded that starting tomorrow, 1 July, various water restrictions come into effect. This entails that lawns and...

We are running out of water

1 month - 23 June 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh The date for dams supplying Windhoek to run dry has now advanced with between two and three weeks. The reason for...

More support for Dare to Care

2 months ago - 09 June 2019 | Disasters

Given that Namibia continues to be ravaged by drought, Engen earlier this week donated N$1 million to the Dare to Care Foundation to assist the...

Ontbyt saam vir boere

2 months ago - 26 May 2019 | Disasters

Windhoek • Yolanda Nel Wanneer ons eet, dink ons selde aan hoe die eier, melk of spek op ons bord beland het. Die meeste...

Erongo shudders under weight of drought

2 months ago - 26 May 2019 | Disasters

Swakopmund • Leandrea LouwAlmost 13 000 bags of maize meal were distributed to households in the Karibib and Daures constituencies between November 2018 to March...

Plans to place water along the Fish

2 months ago - 26 May 2019 | Disasters

//Ai-/Ais • Erwin Leuschner The popular Fish River hiking trail in southern Namibia is threatened with closure at the end of the month due to...

Watertekort in hoofstad neem toe

3 months ago - 19 May 2019 | Disasters

Skaars twee weke ná die Windhoekse munisipaliteit aangekondig het daar is vooruitgang in terme van waterbesparings – hoewel gering – tree streng waterbeperkings op 1...

Latest News

City of angels

1 day - 18 August 2019 | Society

Tanja Bause “More and more kids in Namibia are being orphaned daily and fewer people are taking care of them,” says Bettie Hoakhaos (52) of...

Ongos on the go

1 day - 18 August 2019 | Infrastructure

The groundbreaking ceremony for the N$ 4.3 billion housing project of the Ongos Valley took place in the capital this earlier this week. A total...

Residents and |Gôagoses at loggerheads

1 day - 18 August 2019 | Infrastructure

Residents of Duneside informal settlement in Rehoboth’s Block E said they want their Town Council and the Rehoboth Urban East Constituency office to bring basic...

Good possibility for rain

1 day - 18 August 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerFor many Namibians, especially farmers, there may be a small glimmer of hope. The strong El Niño phenomenon, which is one of...

Giving hope to the destitute

1 day - 18 August 2019 | Social Issues

Walvis Bay • Leandrea Louw The Promiseland Trust, established in Walvis Bay in 2009, feeds more than 2 500 children across the town every day.Founded...

Vlinders vlieg hoog

1 day - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Agriculture in harmony with nature

1 day - 18 August 2019 | Environment

“Sustainability so often has negative connotations,” says Fabian von Hase. He finds the term “ecological health” more fitting.“Sustainable means that we do less harm to...

Prickly intruders

1 day - 18 August 2019 | Environment

Windhoek • Theresa Lang Gunhild Voigts carries gardening tools with her wherever she goes. Peek in her car and you will find rakes, saws and...

Computers for Omaheke library

1 day - 18 August 2019 | Education

The Omaheke regional library in Gobabis last week received a donation of laptops from Bank Windhoek. At the handing over, the director of education in...

Load More