Klein besighede móét mekaar onderstuen

‘Amazing’ inisiatief deur Amazing Designs

22 June 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected]
In ’n dorpie soos Walvisbaai, is dit belangrik vir alle ondernemings om saam te staan, want
een se verlies het ’n rippeleffek op al die ander.
Só sê Petrus Laubser en Nicolette Jacobie van Amazing Designs op die hawedorp. “Veral in
Walvisbaai waar elkeen ’n rol speel in die vis- en logistieke bedryf. As die een nie sy rol kan
vervul nie, het dit ’n impak op die volgende een. Hoe meer besighede saamstaan en hoe
meer dringend ons pleidooi is, hoe beter is die kans dat ons ons lewensbestaan kan
verseker.”
Die broer en suster het met ’n inisiatief vorendag gekom om met die hulp van sosiale media
te verduidelik hoe die inperking hul besigheid beïnvloed. Op ’n Facebook-inskrywing het
hulle geskryf dat die inperking op hulle besigheid, ’n impak op agt huishoudings het wat 23
monde voer en dat hulle nie ’n verlengde inperking kan bekostig of sal oorleef nie. 
Hulle het twee ander besighede uitgedaag om dieselfde te doen.
“Die idee is om saam as sakesektor in die Erongostreek ons stem virtueel dik te maak om
ons regering te vra om ons nie verder onder inperking te plaas nie, maar om die ekonomie
stadigaan oop te maak. Ons het twee ander besighede uitgedaag om ook hul stem by ons
pleidooi te voeg waarna hulle ook elkeen twee besighede moet uitdaag,” het Nicolette
verduidelik.
Die idee het gekom na die eerste inperking vir Amazing Designs 33 werksdae gekos het. “Dit
beteken ’n volle maand sonder inkomste; ’n maand waarin ons steeds belasting moet
betaal; waar daar van ons verwag is om ons personeel ten volle te betaal, wat ons nie kon
nie, en nog steeds ons oorhoofse kostes moes dek,” het sy gesê.
Noodsaaklike diens
Met die tweede inperking kon hulle daarin slaag om om as ’n noodsaaklike diensverskaffer
te registreer omdat hulle maskers begin maak het. “Maar omdat ons ’n maand se
agterstand gehad het, moet ons eers inhaal wat ons verloor het. Die probleem is dat van ons
kliënte in presies dieselfde situasie is en kostebesnyding bly ’n realiteit wat ongetwyfeld 'n
sneeubal-effek het. Ons werk regtig hard en het ongelooflik baie opgeoffer om te wees waar
ons is. Ons is wetsgehoorsaam en doen wat van ons verwag word. Verder het ons ’n
ongelooflike groot verantwoordelikheid teenoor die mense wat vir ons werk, want sonder
hulle kan ons nie 100% funksioneer nie. Ons baklei vir hulle onthalwe ook.”
Hulle boodskap aan die regering is dat die wêreld buite groter is as wat die regering dink.
“Ons is klein elemente wat deel is van ’n groter prentjie. Ons is boorlinge van Namibië en
alles wat ons doen en waarvoor ons werk is om ons land ’n beter plek te maak. Help ons
asseblief om saam julle ideale vir ons land te bereik.”
En aan die plaaslike mark sê hulle, “ondersteun plaaslik. Hoe meer ons mekaar bystaan en
ondersteun, hoe beter sal dit met ons gaan. Kom ons help mekaar.”

Similar News

 

Nuwe jaar bring nuwe hoop

5 days ago - 21 January 2021 | Local News

Windhoek • [email protected] een entrepreneur wink ’n nuwe toekoms ná hy lank vir werk gesoek het. Hy bied nou selfs ’nwerksgeleentheid vir iemand aan.Liaan van...

Lunch is served

1 week ago - 18 January 2021 | Local News

Windhoek [email protected] part of some students’ practical training, Women at Work is now offering lunch on Wednesdays and Fridays.With only six students in the class,...

Namibian project first for Africa

1 month - 09 December 2020 | Local News

Man’s best friend has always played a significant role in humanity’s wellbeing.This time, a fascinating angle arose when the University of Namibia (UNAM) School of...

New e-portal for Windhoek residents

2 months ago - 23 November 2020 | Local News

The City of Windhoek recently launched a new client e-portal platform to access online statements.The e-portal is a secure, modern and easy way to access...

Roof of Africa kry meer parkeerplek

2 months ago - 20 November 2020 | Local News

Windhoek • [email protected] 1 600m² sal vir die volgende vyf jaar deur die Windhoekse stadsraad aan Roof of Africa Hotel verhuur word om as parkeerarea...

Maak jou hart oop vir Tufi

2 months ago - 19 November 2020 | Local News

Windhoek • [email protected] Tuufillwa Ndamonako (Tufi) het toe sy maar agt maande oud was, ’n beroertegehad wat haar vir ’n maand lank in ’n koma...

Caretaker to tackle Satansloch issues

2 months ago - 19 November 2020 | Local News

Windhoek • [email protected] 19 years that the Commonage Farm no. 3 (Satansloch) could not be leased due to illegalsettlers on the farm, the City of...

Take a deep breath at these urban green spaces

2 months ago - 18 November 2020 | Local News

Windhoek • Steffi BalzarFarm Windhoek on which IJG Trails is located, is one of several green spaces in Windhoek that the city leases to private...

Why your household waste is being audited

2 months ago - 18 November 2020 | Local News

Windhoek • [email protected] City of Windhoek has undertaken a household waste audit that continues until Friday 20November.The aim is to identify the quantity and composition...

Ontwikkelaar in sop oor advertensie

2 months ago - 17 November 2020 | Local News

Windhoek • [email protected]’n Ontwikkelaar is deur die stadsraad aangesê om ’n tweede advertensie in koerante te plaas ná die eerste sonder toestemming gedoen is en...

Latest News

Training for NextGen ICT professionals

27th of January 08:31 | Education

Namibian ICT company Green Enterprise Solutions is hosting a two-week induction for 25 trainees from NUST, UNAM, Lingua College and IUM.This induction and the ensuing...

Negotiate levy increases like this

12 hours ago | Life Style

At the end of the financial year, Homeowners Associations (HOA) and Body Corporates may choose to discuss and implement annual levy escalations. Should homeowners feel...

A closer look at chicken...

13 hours ago | Opinion

Windhoek • Hanks SaisaiIn Namibia, chicken farming is an emerging venture that is on the rise, with a focus on producing table eggs and meat...

Fighting against hunger together

13 hours ago | Social Issues

Besides causing a variety of devastating disruptions to livelihoods and economies worldwide, Covid-19 placed many countries in overwhelming levels of hunger, with the United Nations...

Exciting new opportunities for FemTech

14 hours ago | Technology

DoBox and the Embassy of France announced the launching of the FemTech project to support the development of Namibia’s Female Tech Entrepreneurs.The project responds to...

New DAAD lecturer welcomed

1 day - 25 January 2021 | Education

The new lecturer of the German Academic Exchange Service (DAAD) in Namibia, Julia Gambadatoun, was welcomed by the Deputy Head of Mission of the German...

Nuwe asem vir Honda se...

1 day - 25 January 2021 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzHonda het sy pragtige WR-V laat verlede jaar in Suider-Afrika bekendgestel met twee modelle, naamlik die intreevlak Comfort en ’n luukser Elegance...

Desert Classic winners head to...

1 day - 25 January 2021 | Sports

The Nedbank Desert Classic that took place at the Rossmund Golf Course late last year, attracted a full field of players that participated in the...

Nam boasts best roads again

1 day - 25 January 2021 | Infrastructure

For the fifth consecutive year, Namibia retained its position of having the best roads in Africa.According to the World Economic Forum’s (WEF) Global Competitive Report...

Load More