Klokkie van hoop

Ná sewe maande se chemo-behandeling sien hierdie meisietjie daarna uit om hospitale en dokters agter te laat.

19 May 2019 | People

“Ek ken niemand anders wat deur só ’n uitdaging só hard baklei het om aan te hou glimlag nie.” Krystle Fleschig, ma.

Windhoek • Yolanda Nel

Die agtjarige Marjuné Fleschig is verlede Oktober met leukemie gediagnoseer.

Sewe maande later kan die gesin weer

’n bietjie asemhaal nadat sy verlede week haar laaste chemo-behandeling ontvang het. “Dit is ongelooflik om te dink sewe maande is verby. Op ’n stadium het dit gevoel dit gaan nooit eindig nie,” het Marjuné se ma, Krystle, in ’n onderhoud gesê.

Vir die Fleschig-gesin was Marjuné se diagnose ’n groot skok en is hul wêreld onder hul voete uitgeruk. “Een oomblik sit jy met ’n gesonde sewejarige wat grootskool begin het en die volgende is jy in Johannesburg en jou sonstraalkind is in pyn,” sê 'n emosionele Krystle.

Dié ma is baie trots op haar dogter. “Ek ken niemand anders wat deur só ’n uitdaging só hard baklei het om aan te hou glimlag nie.”

Marjuné het haar ouers baie geleer die afgelope paar maande. “Daar was natuurlik tye wat die klein lyfie seer was, en die trane was baie, maar sy is so sterk.”

Die siekte het vir Krystle en haar man ook nader aan mekaar gebring.

“Hierdie uitdaging sit baie druk op ’n gesin en ek is so dankbaar vir die ondersteuning van my man. Alleen sou ek nie hierdeur kon kom nie.”

Hulle het ook geleer dat die lewe regtig oor die klein dingetjies gaan - drukkies en liefde en die goeie herinneringe.

Krystle erken dat die siekte ook ’n impak op hul geestelike lewe gehad het. “Ek was kwaad. Hoekom sal God toelaat dat my klein dogtertjie deur so iets moet gaan?”

Maar in kankerafdelings van hospitale kom daar baie mense oor jou pad. Ander wie se kinders baie sieker is as jou eie en wie se kinders nie maande later ’n klokkie van hoop in ’n hospitaalgang kan lui nie. Ander staan by oop grafte met klein kiste. “En dan is jy dankbaar. Dankbaar dat jou kind nog hier is, en al is die lyfie seer, kan jy ’n drukkie aanbied en jy kan haar vashou.”

Toekoms

Die pad vorentoe sluit gereelde inspuitings in, asook daaglikse medikasie wat vir ten minste die volgende twee jaar gebruik moet word.

“En dan natuurlik gereelde opvolge met die dokters.”

Marjuné is opgewonde om as graad 2-leerling weer binnekort te kan skool toe gaan. “Die ondersteuning is geweldig en haar onderwyseres is dierbaar.” Maar voor dit gaan die gesin eers ’n welverdiende vakansie by die see geniet.

Die Fleschigs is uiters dankbaar vir die personeel van die hospitale wat hul dogter in hierdie tyd bygestaan het, sowel as die gemeenskap wat hul harte oopgemaak het. “Die ondersteuning word ongelooflik baie waardeer.”

Similar News

 

Hope for Justin

3 days ago - 23 June 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw Justin Koch, a ten-year-old boy from Walvis Bay, has been ­battling with cerebral palsy spastic diplegia all his life.Born...

Alex moving mountains

1 week ago - 16 June 2019 | People

It's difficult to live under a rainbow when you were born with a rare chronic genetic disorder. “There are so many battles you can use...

Rehoboth staan saam vir Chrizander en sy mense

2 weeks ago - 09 June 2019 | People

Gerine HoffDie Rehoboth-gemeenskap snoer kragte saam om geld in te samel vir die sewejarige Chrizander Britz wat twee jaar gelede met breinkanker gediagnoseer is, se...

Inspiring others through business

2 weeks ago - 09 June 2019 | People

Usakos • Adolf Kaure Telecom Namibia board of directors acting chairperson and Engen 1 Stop Usakos owner Irene Simeon-Kurtz is a source of inspiration for...

Toddler on a mission

2 weeks ago - 09 June 2019 | People

Swakopmund • Adolf KaureSwakopmund-based toddler Xia Klein (3) won the title of first princess at the 2019 Miss Beauty Queen Namibia – Petite which took...

When art and design collide

3 weeks ago - 02 June 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel If you haven't experienced his work first-hand, you may know someone sporting one of his tattoos, while her photographs are...

Music is her life

3 weeks ago - 02 June 2019 | People

Swakopmund • Adolf Kaure The 2017 Namibia Annual Music Awards (NAMAs) Best Female Artist of the Year, Monique English, recently established a home studio at...

Graduate shares her story

1 month - 26 May 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea LouwChloé Paulse (25), a graduate of the University of Namibia (Unam) medical school, grew up in the salty and dusty streets...

Aardse vreugde

1 month - 19 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelOngeag jou eetstyl of dieetvoorkeure, almal is elke dan en wan lus vir 'n skeppie roomys of 'n pizza met kaas. En...

Jaime the ultimate champion

1 month - 19 May 2019 | People

Young Jaime Oosthuizen who participated in the Namibian Championships of Performing Arts was awarded the Junior Grand Champion of the Year 2019.Jaime, who is a...

Latest News

Building bridges

3 days ago - 23 June 2019 | Infrastructure

Construction work continues on the Windhoek - Hosea Kutako International Airport road, with works set to start again on the bridge over Frank Fredericks drive...

Skills training for ­vulnerable moms

3 days ago - 23 June 2019 | Local News

Ester Kamati Twenty-five young mothers from the Lidar Community Foundation are receiving skills training for the next six weeks, thanks to the support of the...

Art and pets = Animals...

3 days ago - 23 June 2019 | Events

The SPCA Windhoek held its annual fundraiser – Animals by Night – last week, with a spectacular event at the FNCC.According to general manager of...

We are running out of...

3 days ago - 23 June 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh The date for dams supplying Windhoek to run dry has now advanced with between two and three weeks. The reason for...

Hope for Justin

3 days ago - 23 June 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw Justin Koch, a ten-year-old boy from Walvis Bay, has been ­battling with cerebral palsy spastic diplegia all his life.Born...

Help hier, asseblief!

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Windhoek • Rodney SwartbooiEk was onlangs by ’n konferensie op Otjiwarongo en dit was op pad terug wat ek afgekom het op ’n gesin, ’n...

Familie sonder hoop

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Nkurenkuru • Kenya Kambowe 'n Familie van vyf in die Kayeure-nedersetting in die Musese-kiesafdeling van Kavango-Oos bly in 'n 2x2 m-struktuur bestaande uit stukkies muskietnet,...

The heartbeat of the city

3 days ago - 23 June 2019 | Business

Windhoek • Lisa Plank A taxi driver cruises down the street, loud music blaring from the loudspeakers inside the car. With one hand he casually...

Pageant winner supports schools

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Winter is always a time for reflection and appreciating what you have, and this year is no different!During 2018, the first runner up of Miss...

Load More