Kniediep in die gemors

27 January 2019 | Environment

Yolanda Nel - Inwoners van die Hakahana informele nedersetting in die hoofstad is moeg dat versoeke aan die Windhoekse stadsraad om rommel te verwyder, op dowe ore val.

Inwoners kla dat hulle al die afgelope drie jaar by die munisipaliteit kla omdat vullis nie op 'n gereelde basis verwyder word nie, maar dat daar sedert Oktober verlede jaar geen vullis verwyderingsdiens is nie.

Harold Akwenye, bestuurder vir korporatiewe kommunikasie, bemarking en openbare deelname by die stadsraad, het erken dat vullis lanklaas in die nedersetting verwyder is, hoewel hy sê die laaste verwyderingsdatum in November was en nie in Oktober nie.

'n Inwoner van die gebied, Elifas Swartbooi, het in 'n onderhoud met Nampa gesê dat hulle die munisipaliteit kan bel en sê hulle moet die vullis kom haal, maar dan moet hulle hoor daar is nie nou 'n trok beskikbaar nie. In reaksie het Akwenya gesê dat die onophoud as gevolg is van herstelwerk aan die vullisverwyderingslorrie wat die vullishouers moet verwyer. “Die trok is nou herstel en is operasioneel,” sê hy.

Die bevolking in Haka-hana groei ook teen 'n geweldige tempo en die stadsraad kan nie met die huidige hulpbronne voorbly met die instroming van vullis nie. “Die bestuur is besig om strategieë te ontwikkel wat kan bydra tot die dienslewering in Hakahana en alle ander noordwestelike gebiede,” sê hy.

Akwenya verduidelik dat die trok nie net vir Hakahana bestem is nie. “Drie jaar gelede is daar een keer 'n maand vullis verwyder, maar teen die huidige groei van inwoners, is die vereiste dat daar daagliks vullis hier verwyder word,” het hy verduidelik.

Benewens 'n gebrek aan vullisverwyderingsdienste, is nog 'n probleem 'n tekort aan toilette in die gebied en word inwoners genoop om die ashoop as 'n ontlastingsarea te gebruik. Tog voer Akwenya aan dat daar wel toilette in noord-westelike nedersettings opgerig is. “Van hierdie toilette is deur die gemeenskap gevandaliseer, terwyl toiletpotte, deure en pype gesteel is,” sê hy. Die begroting van die huidige finansiële jaar is gebruik om die toilette te installeer.

Similar News

 

Conservation snapshot

20 hours ago | Environment

On Tuesday (19 February), Peter Bridgeford launches the book Conservation Pioneers in Namibia and stories by Game Rangers at the Scientific Society.This book of personal...

Elke bietjie help

1 week ago - 10 February 2019 | Environment

Yolanda Nel Daar is niks so lekker soos ’n heerlike espresso nie – veral nie as daardie varsgemaalde goue stroop deur ’n masjien loop nie.En...

Insects heading to Windhoek soon

1 week ago - 04 February 2019 | Environment

Yolanda Nel With large areas of the capital already infested by three invasive cactus species, various avenues are being pursued to prevent further spread...

Get your green fingers going

3 weeks ago - 27 January 2019 | Environment

Ever wanted to grow your own veg? Then don't miss out on seedling production training taking place in the capital next month.This hands on training...

Working towards a cleaner country

3 weeks ago - 27 January 2019 | Environment

Tourism remains one of the strongest pillars of the Namibian economy and has the potential to address unemployment and poverty. Namibia Media Holdings (NMH) is...

The tale of two birds

3 weeks ago - 27 January 2019 | Environment

Two bird rings that were received by fishermen last year, tell the story of how they ended up at the Albatross Task Force (ATF) in...

Bring jou koffiebeker

3 weeks ago - 27 January 2019 | Environment

Yolanda Nel - Dit blyk 2019 het almal met mening laat wakker skrik oor ons menslike impak op Moedernatuur en besighede kom links en regs...

Creating a greener Namibia

4 weeks ago - 20 January 2019 | Environment

I'm between Windhoek and Swakopmund in the Khomas Hochland. The ground is mostly rocky and the closer you get to the Namib, the lower the...

Claims of financial mismanagement at conservancies

4 weeks ago - 20 January 2019 | Environment

Ellanie Smit - The financial mismanagement at conservancies in Namibia has been a growing concern, which loomed large in 2017. This according to the...

The long road to recycling

4 weeks ago - 20 January 2019 | Environment

Yolanda Nel - Although an increase in the recycling rate of e-waste was seen in Namibia last year, other statistics show that we are also...

Latest News

Rare diseases in the spotlight

20 hours ago | Health

Yolanda NelA rare disease medical seminar takes place in Windhoek on 28 February to raise awareness amongst those affected by it.According to Bianca Özcan of...

Vier fees ­vir droogtehulp

20 hours ago | Events

Yolanda Nel“Ons probeer om die mense wat elke dag kos op ons tafels sit, te help.”Juis daarom het 'n groep mense besluit om 'n insameling...

Pas op vir dié skelmstreke

20 hours ago | Crime

Yolanda Nel - Kleinsake-eienaars waarsku hul kliënte teen ’n foefie waarmee hulle gevra word om vir ’n diens of produk te betaal waarvan die entrepreneur...

Done and dusted

20 hours ago | People

Windhoek • Yolanda NelWhat began as maintaining his own guitar collection, has become both a passion and a hobby when he has a moment to...

Orchestras that play together, stay...

20 hours ago | Education

When more than 120 young musicians and their teachers rehearse for a week and let their musical skills run wild, the outcome is certainly something...

Maltas rock in the USA

20 hours ago | Education

The Maltas Club Namibia recently travelled to the USA to undertake an experiential learning trip. The purpose was threefold: to learn more about American culture,...

Big bucks for top students

20 hours ago | Education

Standard Bank Namibia handed over N$302 000 to the three best performing learners in each of the country's 14 regions who sat for last November's...

Body goals

20 hours ago | Columns

Adolf KaureThe Holy Bible says that our bodies are the temples of the Holy Spirit and that automatically gives everyone an obligation to take care...

Conservation snapshot

20 hours ago | Environment

On Tuesday (19 February), Peter Bridgeford launches the book Conservation Pioneers in Namibia and stories by Game Rangers at the Scientific Society.This book of personal...

Load More