Kom ons gesels oor aborsie

10 February 2019 | Columns

Yolanda Nel • Windhoek



Op 25 Januarie maak die joernalis Elsabé Brits haar stem dik. “Aborsie is nie die grootste misdaad van ons tyd nie,” skryf sy. En die hele Netwerk24 gons.

Ek wonder, mag ek, 'n swanger vrou wat die dae aftel voor ek my prins of prinses ontmoet, oor aborsie skryf? Mag ek sê dat hoewel dit nie my keuse is nie, ander nie in my skoene staan nie en ek beslis ook nie in hulle s'n nie. Ook daarvoor is ek dankbaar.

Want wie het besluit aborsie is die grootste misdaad? Blanke mans in magsposisies? 'n Man wat nie kan swanger word nie? 'n Man wat nie nodig het om pa te staan nie, want 'n man wat sy kind verwerp en sy tasse pak, is maar net nog 'n man. Maar 'n vrou wat haar kinders verwerp, is 'n monster.

Ek hoef nie aborsie te kies nie.

Ek lewe bogemiddeld, al voel dit nie altyd vir my so nie. Ek slaap vanaand in 'n baksteenhuis. My eie. Daar is lopende water, elektrisiteit en 'n gemaklike bed. Vanaand sit ek die aircon aan omdat dit voel ek kan nie asemhaal in hierdie hitte nie.

Ek het 'n maat aan my sy wat my nie net emosioneel ondersteun nie, maar ook finansieel. In geen opsig stap ek hierdie pad alleen nie. Hy lig nie 'n vinger teenoor my as ek vanaand 'n “hoofpyn” het nie en hy gaan soek beslis nie vir hom 'n ander vrou vir die aand nie.

As hierdie baba wat ek hier binne my voel beweeg, vir my sê dis tyd om te eet, dan maak ek die yskas se deur oop. Ja, die yskas. Ek kan opstaan en iets gaan uithaal om te eet. Ek hoef nie nog met hierdie hongerpyne iets te loop soek met my laaste N$20 nie.

As ek een van honderde swangerskapskete het, kan ek na my dokter toe gaan. Ek gaan nie omgee wat die bybetaling is nie, want ek wil hierdie baba gesond hê en veilig hou. Ek het nie nodig om vir ure in 'n kliniek te wag en dan weggewys te word omdat hulle klaar is vir die dag nie. Of erger nog, daar geen meer medikasie beskikbaar is nie. Net soos 'n paar weke gelede toe daar nie meer pille was om 'n swangerskap te voorkom nie.

Wanneer ek my baba uiteindelik in my arms vashou, gaan daar daardie dag net liefde en vreugde wees, en genoeg van alles wat nodig is – van doeke en bottels, tot 'n eie babakamer en wiegie. Daar is nie 'n oomblik se twyfel oor of ons hierdie kind bekostig nie.

Maar dit is nie die verhaal van die ma wat hier langs my sit nie. Langs haar sit nog 'n duisend ander in haar posisie. Die stokkie wys weer twee lyntjies. Vir 'n oomblik was sy gelukkig, was daar liefde in haar hart. Nog 'n kleintjie. 'n Mensie vir wie sy reeds lief is.

En dan kom hang 'n donker wolk oor haar kop. Hierdie nuus gaan haar nog 'n pak slae kos. Dit kan sy vat, die houe wat val. Maar haar baba kan nie hierdie wêreld ken nie. Nog 'n baba wat nie 'n gesonde gewig sal wees teen die einde van die swangerskap nie. Nog een vir wie daar nie genoeg doeke gaan wees nie. Nog een wat aand na aand, nes sy, honger moet gaan slaap.

En dan vra sy, “is daar dan nie 'n ander uitweg nie?” Trane stort oor haar wange. “Die hemel is tog 'n beter plek as hier.” En alle kinders gaan mos hemel toe.

'n Kerkman kom sit langs ons. Hy kyk strak voor hom uit. “Dis moord,” is al wat hy sê. Nog een sê, “van wanneer af is dit 'n reg om 'n kind dood te maak?”

Later is die banke om ons vol. Mans en vroue. “Mense het deesdae te veel regte en te min verantwoordelikheid,” sê een, terwyl 'n volgende byvoeg, “die oomblik as 'n vrou met 'n man slaap moet sy die gevolge kan dra.”

Maar die een wat my die meeste skok: “Elsabé, jy moes 'n aborsie gewees het.”

Dan kom sit 'n kind kom by ons. “Alle sondes, ongeag van hoe klein, word teen die ewige God gepleeg en is onderworpe aan vonnis. Maar geen sondes is te groot dat God dit nie kan vergewe nie.”

En by die hemelpoorte sal veroordeling teenoor ons medemens en aborsie oor dieselfde kam geskeer word.

Similar News

 

Body goals

21 hours ago | Columns

Adolf KaureThe Holy Bible says that our bodies are the temples of the Holy Spirit and that automatically gives everyone an obligation to take care...

A healthy body and mind

1 week ago - 04 February 2019 | Columns

Leandrea LouwJanuWorry is finally done and I believe many of us have listed ‘eat healthier’, ‘lose weight’ or ‘start exercising’ as one of our New...

Weer 'n student

3 weeks ago - 27 January 2019 | Columns

Yolanda Nel - Dis al 'n jaar sedert ek my meesters ingehandig het en vir 'n wyle het ek op ander heerlike dinge van die...

Our daily commute

4 weeks ago - 20 January 2019 | Columns

Julienne van RooyenOne of the first things I realised once the holidays were over, is that our daily commute has started again. This is such...

As die meerminne verdwyn

2 months ago - 17 December 2018 | Columns

Yolanda Nel - “Hardloop die see in met jou jeans aan, kyk uit vir 'n meermin en deel in gesprekke oor al die mooi plekke...

Alles met 'n knippie sout

2 months ago - 10 December 2018 | Columns

Yolanda Nel - Almal weet gewoonlik baie meer as jy. Hoe weet ek dit? Want hulle vertel my elke kans wat hulle kan, dat dit...

Met 'n tikkie sout

2 months ago - 08 December 2018 | Columns

Almal weet gewoonlik baie meer as jy. Hoe weet ek dit? Want hulle vertel my elke kans wat hulle kan, dat dit waarmee ek besig...

The miracle of Wilbur

2 months ago - 19 November 2018 | Columns

Yanna Smith There was no way I knew how much 10 January 2017 would change my life. That was the day I rescued a calf,...

Ek groet jou Lindie

3 months ago - 12 November 2018 | Columns

Yolanda Nel - Wanneer jy iemand groet, dink jy mos nie dis die laaste keer wat jy daardie persoon gaan sien nie. Ek groet jou...

The world of weird news

3 months ago - 05 November 2018 | Columns

In the newsroom we're confronted by a variety of stories every day. Some heart-wrenching, some uplifting, and some downright weird.Earlier this year I wrote a...

Latest News

Rare diseases in the spotlight

21 hours ago | Health

Yolanda NelA rare disease medical seminar takes place in Windhoek on 28 February to raise awareness amongst those affected by it.According to Bianca Özcan of...

Vier fees ­vir droogtehulp

21 hours ago | Events

Yolanda Nel“Ons probeer om die mense wat elke dag kos op ons tafels sit, te help.”Juis daarom het 'n groep mense besluit om 'n insameling...

Pas op vir dié skelmstreke

21 hours ago | Crime

Yolanda Nel - Kleinsake-eienaars waarsku hul kliënte teen ’n foefie waarmee hulle gevra word om vir ’n diens of produk te betaal waarvan die entrepreneur...

Done and dusted

21 hours ago | People

Windhoek • Yolanda NelWhat began as maintaining his own guitar collection, has become both a passion and a hobby when he has a moment to...

Orchestras that play together, stay...

21 hours ago | Education

When more than 120 young musicians and their teachers rehearse for a week and let their musical skills run wild, the outcome is certainly something...

Maltas rock in the USA

21 hours ago | Education

The Maltas Club Namibia recently travelled to the USA to undertake an experiential learning trip. The purpose was threefold: to learn more about American culture,...

Big bucks for top students

21 hours ago | Education

Standard Bank Namibia handed over N$302 000 to the three best performing learners in each of the country's 14 regions who sat for last November's...

Body goals

21 hours ago | Columns

Adolf KaureThe Holy Bible says that our bodies are the temples of the Holy Spirit and that automatically gives everyone an obligation to take care...

Conservation snapshot

21 hours ago | Environment

On Tuesday (19 February), Peter Bridgeford launches the book Conservation Pioneers in Namibia and stories by Game Rangers at the Scientific Society.This book of personal...

Load More