Kombo-pakkies in ’n japtrap – en afgelewer

Yolanda Nel
Rehoboth • [email protected]
Kaap Agri op Rehoboth het besluit om dit vir inwoners van die dorp makliker te maak om die benodighede te bekom.
Die maatskappy bied ’n kombinasie aan wat reeds verpak is sodat kliënte nie nodig het om baie tyd in die winkel te spandeer nie. Dit bestaan uit ’n 1.5kg hoender, 1kg pasta, 2.5kg Top Score, 1kg kitspap en 2.5kg broodmeel.
“Ons wil dit in hierdie tydperk vir almal makliker maak, maar veral vir ons bejaardes,” sê Paul Freyer van Kaap Agri.
Volgens hom kan die Coronavirus net in sy spore gestuit word indien almal by die huis bly. “Dis juis hoekom ons besluit het om gratis aflewerings in die dorp te doen.”