Landwye misdaad laat toeriste moedeloos

'n Spesiale tak is deur die ministerie en Nampol geopen wat op die beskerming van toeriste fokus.

01 October 2018 | Crime

Ons is van 'n 100% Windhoek-ervaring ontneem, omdat ons te bang was vir 'n werklike aanval. Marizanne Grobbelaar, toeris.

Met die hoeveelheid aanvalle op mense wat tans in Namibië waargeneem word, laat dit nie net 'n lelike nasmaak vir besoekers nie, maar het dit ook 'n groot impak op die toerisme sektor.

Volgens die minister van die omgewing en toerisme, Pohamba Shifeta, kan die land nie bekostig dat booswigte op toeriste – of inwoners – aanhou toeslaan nie. “Dit sal die besoekers aan ons land verminder, wat die sektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) beïnvloed,” het hy in 'n onlangse onderhoud met Nampa gesê.

Volgens Shifeta, dra toerisme meer as 15% van die jaarlikse BBP by.

'n Besoeker aan Namibië, Marizanne Grobbelaar, het onlangs saam met haar man in Windhoek kom kuier. “Ek het opgewonde op die internet gaan soek na dinge om in Windhoek te doen,” het sy in 'n onderhoud met Windhoek Express gesê. Sy was egter teleurgesteld toe sy afgeraai is om meeste van die besienswaardighede op die lys te besoek.

“Windhoekers het ons meegedeel dat daar verskeie plekke is wat te gevaarlik geword het vir toeriste om te besoek, ook helder oordag,” het sy gesê. Een van dié plekke is die bekende “Drie Sirkels” uitkykpunt.

“Ons is van 'n 100% Windhoek-ervaring ontneem omdat ons te bang was vir 'n werklike aanval,” het sy gesê.

'n Inwoner van Windhoek het gesê die grootste probleem is vir haar die middestad “Wanneer ek myself in Katutura bevind, is ek nie so benoud soos wanneer ek in die hoofstraat is nie,” het sy gesê.

Sy vertel sy het onlangs 'n besigheidsfunksie in die hoofstraat bygewoon. “Ek het net oor die pad gestap toe 'n dronk man skielik langs my staan en begin vatterig raak,” sê sy.

Daar was nie 'n teken van 'n sekuriteitswag nie.

Shifeta het uitgewys dat sy ministerie maatreëls in plek gestel het en hande met die Namibiese polisiediens gevat het om hierdie soort insidente te bekamp. Daarmee saam is 'n tak geopen wat op die beskerming van toeriste fokus. Kring-televisiekameras is reeds in nasionale parke opgerig, waar misdade gereeld plaasvind.

“Die gemeenskap moet besef dat die toeriste hier is om ons te ondersteun en die land as 'n toeriste-bestemming bevorder. Ons moet hulle dan ook ondersteun wanneer hulle hier is,” het hy gesê.

Similar News

 

Perde erg mishandel

6 days ago - 17 March 2019 | Crime

Gobabis • Yolanda Nel ’n Perd wat in Januarie weens dieremishandeling van ’n plaas op Drimiopsis verwyder is, is nou weer terug na waar hy...

Four-footed friends stolen

1 week ago - 10 March 2019 | Crime

Swakopmund • Yolanda NelThree cases of dog theft were recently reported to the police in Swakopmund. Fortunately, two of the dogs were found.The search continues...

Pirate taxis cause consternation

2 weeks ago - 03 March 2019 | Crime

Windhoek • Clemens von AltenIt is not uncommon for illegal taxis to be pulled out of traffic at check points in the capital. “Particularly striking...

Pas op vir dié skelmstreke

1 month - 17 February 2019 | Crime

Yolanda Nel - Kleinsake-eienaars waarsku hul kliënte teen ’n foefie waarmee hulle gevra word om vir ’n diens of produk te betaal waarvan die entrepreneur...

Jail sentence for intoxicated driver

1 month - 10 February 2019 | Crime

Walvis Bay • Otis Finck Elizabeth Cronje (47) was found guilty and sentenced to 15 months imprisonment for driving under the influence of alcohol here...

Vrou glo in die nuwejaar ontvoer

2 months ago - 20 January 2019 | Crime

'n Vrou wat tot vroegoggend op Nuwejaarsdag nog by 'n dans op Rehoboth was, is blykbaar ontvoer sonder dat haar vriendinne daarvan bewus was.'n Inwoner...

Be safer this festive season

3 months ago - 17 December 2018 | Crime

Just in time for the festive season, the MakeANoise initiative launched a personal safety alarm in Windhoek on Friday.MakeANoise is a community safety and crime...

Basadi busts crime

3 months ago - 10 December 2018 | Crime

The police made a total of 249 arrests over five days during the second phase of Operation Basadi that took place in the capital last...

Gru-ontdekking op Epako

3 months ago - 26 November 2018 | Crime

Yolanda Nel‘n Skokkende fonds is onlangs in die plakkerskamp van Epako gemaak, toe ‘n verbyganger op honde oorskot afgekom het wat geslag was.Nog ‘n inwoner...

Men raise voices against GBV

4 months ago - 19 November 2018 | Crime

Namibian men are increasingly urging other men to take up the cause for gender equality and speaking up against the deadly epidemic of violence against...

Latest News

Tweede operasie vir baba Joshua

6 days ago - 17 March 2019 | People

Gobabis • Yolanda Nel Die opwagting van ’n nuweling is vir ouers sowel as vir die familie, ’n groot vreugde. Maar vir hierdie gesin van...

Tylo voeg daad by woord

6 days ago - 17 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Mej. Windhoek Gymnasium het 'n hart vir bejaardes en kinders. Wat vir een tiener begin het as ’n geleentheid om aandag...

'n Fees van eg Namibies

6 days ago - 17 March 2019 | Events

Windhoek • Yolanda NelVeertien eg Namibiese besighede het die geleentheid aangegryp om by Wernhil Park-inkoopsentrum se eerste Made in Namibia-ekspo uit te stal.Die handelskou loop...

Perde erg mishandel

6 days ago - 17 March 2019 | Crime

Gobabis • Yolanda Nel ’n Perd wat in Januarie weens dieremishandeling van ’n plaas op Drimiopsis verwyder is, is nou weer terug na waar hy...

Linking up Namibia

6 days ago - 17 March 2019 | Infrastructure

Swakopmund • Otis Finck The minister of works and transport, John Mutorwa, and the deputy minister of national planning, Piet van der Walt, conducted site...

From trash to treasure

6 days ago - 17 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel One day, while playing around on YouTube, a tutorial popped up explaining how to make rugs from plastic bags. Thanks to...

'No tomorrow' unless consumption falls

6 days ago - 17 March 2019 | Disasters

Nairobi • Nita BhallaGlobal exploitation of natural resources – from water, sand and timber to oil, coal and gemstones – has more than tripled in...

Drought conditions intensify

6 days ago - 17 March 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerAfter analysing available data on precipitation and temperatures, the Swakopmund-based hobby meteorologist Klaus Knupp sums up the current situation: “The drought is...

A century plus ten

6 days ago - 17 March 2019 | Education

Celebrating the DHPS's 110th anniversary, a real “festive week” was held at the school. In addition to the Orchestra Week of German Schools in Southern...

Load More