Leer speel-speel só

Gebruik van spelontwerp­elemente kan studente­betrokkenheid en studente­sukses verbeter.

30 June 2019 | Education

Die gebruik van spelontwerpelemente soos punte, onderskeidingstekens, voorlopersborde en vlakke (in Engels bekend as gamification) in aanlyn-leeraktiwiteite, kan studente aanmoedig om meer aandag aan hul werk te gee en kan hulle uiteindelik help om beter te vaar in hul studies.

Só meen dr. Samantha Adams, 'n dosent in die Departement Bedryfsielkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat onlangs haar doktorsgraad in Bedryfsielkunde aan die US verwerf het.

Adams beklemtoon die potensiaal van opvoedkundige speletjies om ware leerervarings te ondersteun en te verbeter. Sy sê die doel van haar navorsing was om 'n opvoedkundige speletjie-gebaseerde platform te ontwerp om studente se deelname aan leeraktiwiteite te verhoog.

“My bevindinge dui daarop dat spelontwerpelemente gekombineer met leeraktiwiteite wat weldeurdag ontwerp is, studente se betrokkenheid kan aanmoedig deurdat hulle deelneem aan take en dit ook voltooi.”

Adams voeg by dat wanneer studente betrokke is, daar 'n groter kans is dat hulle suksesvol sal wees.

As deel van haar navorsing het Adams elemente van rekenaarspeletjies soos punte, onderskeidingstekens, voorlopersborde, vlakke en kompetisies gebruik om 'n speletjie-gebaseerde platform op die US se leerbestuurstelsel, SUNLearn, te ontwerp. Sy het ook fokusgroep-onderhoude met studente gevoer om uit te vind hoe hulle die voltooiing van werksopdragte op die speletjieplatform gesien en ervaar het.



Speletjieplatform

Adams sê die aanlyn-take wat studente gewoonlik doen, is in die speletjieplatform ingebou as vlakke of uitdagings wat hulle moes voltooi om na die volgende vlak te kan vorder. Alles was in lyn met die hoofstukke of temas waarmee hulle in die klas besig was.

“Dit is steeds dieselfde werk, maar dit word net op 'n aantrekliker manier aangebied. Die voltooiing van 'n taak het studente aangemoedig. Punte, onderskeidingstekens, voorlopersborde, vlakke en kompetisies is gebruik om studente meer by die kursuswerk te betrek, om hulle te motiveer om werksopdragte te voltooi en meer saam te werk deur groepswerk.”

Volgens Adams het hulle die grootste sukses met die toepassing van speletjievlakke gehad toe hulle struktuur in die uitleg van die speletjieplatform geskep en liniêre vordering deur die inhoud gefasiliteer het. Gefokusde doelwitte het betrokkenheid by die inhoud op elke vlak bevorder.

“My navorsing het getoon dat die opvoedkundige gebruik van spelontwerpelemente studente se emosionele, gedrags- en kognitiewe betrokkenheid beïnvloed deur die klaarblyklike motiverende of belonende invloede van die speletjie-elemente, relevansie van die aktiwiteite en genot van die ondervinding. Wanneer hierdie faktore afwesig is of frustrasie of angstigheid veroorsaak, sal hulle waarskynlik 'n negatiewe uitwerking op beide die emosionele en gedragsbetrokkenheid hê.”

Sy sê voorts haar bevindinge dui daarop dat studente meer gemotiveerd was of meer moeite sou doen met 'n taak indien die relevansie daarvan tot hul studies duidelik was. Indien die gebruik van die leermateriaal studente 'n geleentheid gee om die inhoud toe te pas, kan dit ook meer betekenisvolle interaksie met die inhoud tot gevolg hê.

Similar News

 

Computers for Omaheke library

2 days ago - 18 August 2019 | Education

The Omaheke regional library in Gobabis last week received a donation of laptops from Bank Windhoek. At the handing over, the director of education in...

Donation for Dordabis PS

2 days ago - 18 August 2019 | Education

FNB Tourism donated 200 cans of horse mackerel to the learners of Dordabis Primary School. “It is our responsibility to support the communities in which...

Write along, now

2 days ago - 18 August 2019 | Education

In collaboration with the Goethe-Institut Namibia, the Namibia Book Fair 2019 invites children aged 8-years and above to an exciting, free workshop on making a...

First Lady awards TIP learners

2 days ago - 18 August 2019 | Education

Windhoek • Vitalio AngulaThe First Lady's One Economy Foundation held an awards ceremony recently for learners participating in her Talented Individual Program (TIP) which caters...

From goat herding to a PhD

1 week ago - 11 August 2019 | Education

Windhoek • John HaufikuBorn and bred in Eendadi village, Natangue Heita Shafudah now finds himself in Japan reading towards a PhD in Renewable Energy and...

Making money from art

1 week ago - 11 August 2019 | Education

Bank Windhoek and the College of the Arts (COTA) hosted a three-day Arts Entrepreneurship Workshop in the capital this week. An initiative by COTA themed...

Big bucks for Iriya

1 week ago - 11 August 2019 | Education

Iriya Jona of Nam-Oceanic Kelp Production Enterprise won an amazing N$80 000 in the National Commission on Research, Science and Technology (NCRST) competition that was...

Rainmakers make their mark

2 weeks ago - 04 August 2019 | Education

The Maltas university alumni club returned to the Tsumkwe ­Secondary School this year for their annual visit in partnership with First National Bank, TUCSIN and...

Bazaar time at DHPS

2 weeks ago - 04 August 2019 | Education

The DHPS in Windhoek hosts its annual school bazaar on Friday, 16 August with an exciting programme filled with fun and games, food stalls, various...

Victoria lives her dream

3 weeks ago - 28 July 2019 | Education

Windhoek • Lovisa NghipandulwaVictoria Amon has always been curious and passionate about environmental protection and keeping her surroundings clean.It was therefore not surprising when she...

Latest News

City of angels

2 days ago - 18 August 2019 | Society

Tanja Bause “More and more kids in Namibia are being orphaned daily and fewer people are taking care of them,” says Bettie Hoakhaos (52) of...

Ongos on the go

2 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

The groundbreaking ceremony for the N$ 4.3 billion housing project of the Ongos Valley took place in the capital this earlier this week. A total...

Residents and |Gôagoses at loggerheads

2 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

Residents of Duneside informal settlement in Rehoboth’s Block E said they want their Town Council and the Rehoboth Urban East Constituency office to bring basic...

Good possibility for rain

2 days ago - 18 August 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerFor many Namibians, especially farmers, there may be a small glimmer of hope. The strong El Niño phenomenon, which is one of...

Giving hope to the destitute

2 days ago - 18 August 2019 | Social Issues

Walvis Bay • Leandrea Louw The Promiseland Trust, established in Walvis Bay in 2009, feeds more than 2 500 children across the town every day.Founded...

Vlinders vlieg hoog

2 days ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Agriculture in harmony with nature

2 days ago - 18 August 2019 | Environment

“Sustainability so often has negative connotations,” says Fabian von Hase. He finds the term “ecological health” more fitting.“Sustainable means that we do less harm to...

Prickly intruders

2 days ago - 18 August 2019 | Environment

Windhoek • Theresa Lang Gunhild Voigts carries gardening tools with her wherever she goes. Peek in her car and you will find rakes, saws and...

Computers for Omaheke library

2 days ago - 18 August 2019 | Education

The Omaheke regional library in Gobabis last week received a donation of laptops from Bank Windhoek. At the handing over, the director of education in...

Load More