Liewe Yolanda

31 March 2019 | Columns

Yolanda Nel

Ek skryf vir jou hierdie brief voor jou lewe vir altyd verander, voor ’n klein mensie jou hele menswens gaan beïnvloed.

In ’n mate het jou lewe reeds die afgelope paar maande ’n ander rigtig ingeslaan. Oggende bestaan al lankal nie meer uit vier bekers koffie nie. Jy het al gewoond geraak aan decaf. Jou stywe rokke hang netjies in ’n ander kas – ’n kas wat nie meer oopgemaak word nie. Jy het jou hakskoene reeds verruil vir regte pregnancy sandale. Maar dit pla jou nie, want met jou opgeswelde voete verdien jy ’n breek.

Oor nog ’n paar maande gaan dinge nog meer verander. Dinge waaroor jy nou nog nie wonder nie, want jy het nie ’n benul van wat kom nie. Want nie al die boeke in die wêreld of die raad van al die oumas gaan jou voorberei as daai klein mensie eers saam met jou huis toe kom nie.

Terwyl jy opgewonde is oor die nuwe fase in jou lewe, vra ek dat jy nie van jou vergeet nie. Ek is nog hier, ’n 20’s weergawe van jouself. Die een met ’n honderd drome wat nou ’n realiteit word. Maar moenie van die ander 99 vergeet nie.

Mag jy nooit te besig word vir jouself nie. Gaan doen al die dinge wat jy nog wou doen. Begin jou doktorsgraad, al vat dit jou sewe jaar. Spaar al die sente wat jy kan en gaan op ’n onvergeetlike tweede wittebrood. Gaan loop ’n ander land se strate plat tot jou voete blase het.

En as jy terugkom, gaan doen dit weer.

Gaan haal jou gunsteling rok uit die kas in die ander kamer (die een van Italië) en maak dit jou doelwit om weer daarin te pas. Of dit nou ses maande of ses jaar neem.

Moenie die waarde van ’n sny koek in die bad onderskat nie. ’n Dekade gelede het dit wondere verrig.

Moenie te veel van jouself in hierdie proses verloor nie. Jy mag pienk hare hê. En as jou kind eendag hardop daaroor wonder, leer hom of haar dat daar genoeg plek op hierdie aarde is vir verskillende soorte mense. Al is hulle anders.

Moet asseblief nooit omverskoning vra vir wie jy is nie. Net jy is gekies om hierdie kind se mamma te wees. En al weet jy nie alles nie en al sukkel jy, weet jy die beste.

Weet dat die nagte sonder slaap nie vir ewig aanhou nie. Dalk ’n paar jaar, maar nie vir altyd nie. Onthou dat daardie lyfie vir net ’n kort rukkie so klein gaan wees. Koester dit. Hou hom of haar warm teen jou lyf af, al tap die sweet jou van die hitte af. Want ook hierdie fase hou nie vir altyd nie.

Neem 20 minute elke dag net vir jouself. Gaan vat ’n lekker lang, warm stort sonder om skuldig te voel. Lê langer in die bed en lees daai boek wat stof opgaar. Eet Nutella uit die houer. Niemand kyk nie.

En as dinge te veel word en die trane loop meer gereeld as wat daar dae in die week is, bel Hammelie.

En onthou, ek is altyd hier, met my groot hoop earrings en te veel ringe aan my vingers, met my gekleurde hare en my loud klere. Gaan grawe in jou kas, daar ís stukkies van my gebêre.

Similar News

 

The evolution of change

5 days ago - 18 August 2019 | Columns

Leandrea Louw Change is scary and as humans we're not very adaptable when it comes to change. Yet everything around us is constantly evolving,...

We live and we learn

1 week ago - 11 August 2019 | Columns

Iréne-Mari van der WaltThe great irony attached to most social movements of the 21st century is that, despite being aimed at pushing and broadening labels...

Out of reach

2 weeks ago - 04 August 2019 | Columns

Otis FinckAs the housing waiting lists keep on growing, prices for a place to live and call your own continue to skyrocket. The prospect of...

Penny wise and pound foolish

3 weeks ago - 28 July 2019 | Columns

Gerine Hoff While the renaming of streets in the capital continues un­abated – one would swear the City of Windhoek has spare change lying around...

The benefits of sport

1 month - 21 July 2019 | Columns

Adolf KaureI have practiced a number of sport codes including karate, golf, chess, soccer, tennis, table tennis and boxing over the years.There are a lot...

Life's simplest secret

1 month - 14 July 2019 | Columns

Irene-Mari van der Walt Advice on how to live a fulfilled life abound and are often pondered by both the self-righteous and the truly...

Learning the lingo

1 month - 07 July 2019 | Columns

Gerine HoffWorking in the written word industry, I was thrilled to see that Merriam-Webster has added more than 600 new words to their dictionary this...

Fight for financial freedom

1 month - 30 June 2019 | Columns

Adolf KaureThe Namibian economy is currently in a recession and it is a reflection of what is going on all over the world.Many graduates are...

Take care of yourself

2 months ago - 23 June 2019 | Columns

Leandrea LouwIt’s the middle of the year, and by now a lot of us feel overwhelmed, overworked, depressed and stressed.I found myself in that exact...

Coping with a mental disorder

2 months ago - 16 June 2019 | Columns

Julienne van Rooyen I always try to write from the heart, even though my writing has gotten me into trouble at times. What I believe...

Latest News

Thomas, Armas victorious

5 days ago - 18 August 2019 | Sports

Windhoek • Limba MupetamiThe electrifying 19th edition of the Old Mutual Victory was won by Reinhold Thomas and Alina Armas in the respective men and...

City of angels

5 days ago - 18 August 2019 | Society

Tanja Bause “More and more kids in Namibia are being orphaned daily and fewer people are taking care of them,” says Bettie Hoakhaos (52) of...

Ongos on the go

5 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

The groundbreaking ceremony for the N$ 4.3 billion housing project of the Ongos Valley took place in the capital this earlier this week. A total...

Residents and |Gôagoses at loggerheads

5 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

Residents of Duneside informal settlement in Rehoboth’s Block E said they want their Town Council and the Rehoboth Urban East Constituency office to bring basic...

Good possibility for rain

5 days ago - 18 August 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerFor many Namibians, especially farmers, there may be a small glimmer of hope. The strong El Niño phenomenon, which is one of...

Giving hope to the destitute

5 days ago - 18 August 2019 | Social Issues

Walvis Bay • Leandrea Louw The Promiseland Trust, established in Walvis Bay in 2009, feeds more than 2 500 children across the town every day.Founded...

Vlinders vlieg hoog

5 days ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Agriculture in harmony with nature

5 days ago - 18 August 2019 | Environment

“Sustainability so often has negative connotations,” says Fabian von Hase. He finds the term “ecological health” more fitting.“Sustainable means that we do less harm to...

Prickly intruders

5 days ago - 18 August 2019 | Environment

Windhoek • Theresa Lang Gunhild Voigts carries gardening tools with her wherever she goes. Peek in her car and you will find rakes, saws and...

Load More