Met of sonder naam

Met die dorpsraad wat volgens inwoners nie geld het om bordjies met straatname aan te bring nie, is inwoners dit eens dat dit eintlik nie eers nodig is nie

19 May 2019 | Local News

Windhoek • Yolanda Nel



Wanneer jy Rehoboth se strate begin op of af ry, vra jy nie vir iemand 'n straatnaam nie, want boorlinge van dié dorp weet presies waar wat is.

“Hier praat ons van die Drop Inn se straat en die straat waar oom Loftie bly. Die mense weet waar is Namakari se hoek en almal weet Sunny Side se straat is die laaste een.”

Só skryf 'n inwoner op die Rehoboth Sake-groep na 'n gesprek oor die feit dat straatname 'n goeie beeld vir die dorp sal skep.

Maar die inwoners is dit eens, almal ken Africa se indraai en Blok E se teerpad. Almal weet Blok D is die laaste straat as jy met die teerpad opkom. “Ons weet nie waar Sam Nujomastraat is nie en jy kan sê kry my in Pohambastraat, maar jy gaan steeds verduidelik dat dit is waar Johniekies supermark was,” sê hy.

Ander het gespot en wou weet hoe jy stofstrate name kan gee.

“Ons kan nie strate name gee wat nie ligte het nie, hoe sal ons die name lees?” skerts een, terwyl 'n ander daarop antwoord dat die straatname geld kos wat eerder gebruik kan word om die gate in die paaie en die ligte reg te maak.

Tog het ander uitgewys dat Rehoboth wel straatname het, daar is net nie bordjies in die dorp opgerig nie. Nog een het gesê dit is goed om die leiers met straatname te vereer, maar meeste het gevoel leiers van Rehoboth moet eerder vereer word en nie politici nie. “Leiers wat 'n verskil in Rehoboth gemaak het. Wat het Pohamba vir Rehoboth gedoen?” wou iemand weet.

Of jy by Sunny Boy Bailey se boom bly of Oom Bok se straat, almal op Rehoboth weet waar hulle jou gaan kry.

Similar News

 

Wees die Herder van jou huis

3 days ago - 23 June 2019 | Local News

Rehoboth • Boet MatthewsDie vroue van die Katolieke kerk op Rehoboth kan hulself 'n klop op die skouer gee vir 'n uitstekende Vadersdagete wat verlede...

Skills training for ­vulnerable moms

3 days ago - 23 June 2019 | Local News

Ester Kamati Twenty-five young mothers from the Lidar Community Foundation are receiving skills training for the next six weeks, thanks to the support of the...

Relations can improve, says German ambassador

1 week ago - 16 June 2019 | Local News

Swakopmund • Adolf KaureThe German ambassador to Namibia, amb. Christian Schlaga, says there is room to improve the political relationship between Namibia and Germany.Schlaga was...

Snipping helps save lives

3 weeks ago - 02 June 2019 | Local News

Windhoek • Tanja Bause A group of cat lovers realised how few people were aware of the many loving, cute cats at various animal shelters...

Kom word weer heel

1 month - 26 May 2019 | Local News

Die L'Amour Heelwordsentrum op Okahandja bied in Junie ver­skeie slypskole aan om mense te help om probleme te oorkom.Twee slypskole is vir Junie ­geskeduleer: Die...

Konsternasie oor advertensiebord

3 months ago - 10 March 2019 | Local News

Windhoek • Yolanda Nel'n Inwoner van Windhoek is woedend ná hy in 'n motorongeluk betrokke was wat hy toeskryf aan 'n advertensiebord wat motoriste se...

OKH councillors ignore deadline

4 months ago - 10 February 2019 | Local News

Windhoek • Yolanda NelA letter from the office of the secretary general of the SWAPO party, Sophia Shaningwa, stated that the swearing-in of local authority...

Forumlede staan voor /Goagoses

4 months ago - 10 February 2019 | Local News

Yolanda Nel Lede van die Rehoboth Begraafplaas Ontwikkelingsforum (RCDF) is Woensdag na die dorpsraad se kantoor ontbied ná ’n advertensie van ’n beplande massavergadering op...

Rehobothers boikot vulstasie

4 months ago - 10 February 2019 | Local News

Yolanda NelNa jare se beweerde mishandeling en swak diens deur personeel, staan die pendel-gemeenskap van Rehoboth nou saam om ’n vulstasie in die hoofstad te...

Omitara in a sorry state

4 months ago - 10 February 2019 | Local News

Lack of access to land, limited employment opportunities, drugs and alcohol abuse are all factors that contribute to high poverty and crime levels in the...

Latest News

Building bridges

3 days ago - 23 June 2019 | Infrastructure

Construction work continues on the Windhoek - Hosea Kutako International Airport road, with works set to start again on the bridge over Frank Fredericks drive...

Skills training for ­vulnerable moms

3 days ago - 23 June 2019 | Local News

Ester Kamati Twenty-five young mothers from the Lidar Community Foundation are receiving skills training for the next six weeks, thanks to the support of the...

Art and pets = Animals...

3 days ago - 23 June 2019 | Events

The SPCA Windhoek held its annual fundraiser – Animals by Night – last week, with a spectacular event at the FNCC.According to general manager of...

We are running out of...

3 days ago - 23 June 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh The date for dams supplying Windhoek to run dry has now advanced with between two and three weeks. The reason for...

Hope for Justin

3 days ago - 23 June 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw Justin Koch, a ten-year-old boy from Walvis Bay, has been ­battling with cerebral palsy spastic diplegia all his life.Born...

Help hier, asseblief!

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Windhoek • Rodney SwartbooiEk was onlangs by ’n konferensie op Otjiwarongo en dit was op pad terug wat ek afgekom het op ’n gesin, ’n...

Familie sonder hoop

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Nkurenkuru • Kenya Kambowe 'n Familie van vyf in die Kayeure-nedersetting in die Musese-kiesafdeling van Kavango-Oos bly in 'n 2x2 m-struktuur bestaande uit stukkies muskietnet,...

The heartbeat of the city

3 days ago - 23 June 2019 | Business

Windhoek • Lisa Plank A taxi driver cruises down the street, loud music blaring from the loudspeakers inside the car. With one hand he casually...

Pageant winner supports schools

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Winter is always a time for reflection and appreciating what you have, and this year is no different!During 2018, the first runner up of Miss...

Load More