Middeljare se mooimaakkuur

Die Swede is meesters van minimalisme­ en die witjasse van Gothenburg is geen uitsondering wanneer dit by hul Volvo's kom nie.

25 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz



Die 2020-opgradering van die XC90 is 'n sprekende voorbeeld van hoe ­minimalisme ook hier toegepas word, met die konkawe sierrooster en nuwe hoofligte omtrent die enigste visuele veranderings aan die 2020-­model.

Kies jy die sportiewe “R-Design”-afwerking vir jou 2020-XC90, word hierdie sierrooster effe platter, met 'n heuningkoekontwerp en in swart afgewerk. Nuwe wielontwerpe en bakkleure is 'n bonus.

Die geheelbeeld is egter steeds net so treffend soos toe die eerste generasie nagenoeg vyf jaar gelede bekend gestel is.

Binnekant is ook die kajuit basies onveranderd gelaat, tog aksentueer nuwe materiale en dekor­elemente die skoon lyne en minimalistiese, byna skakelaarlose, afwerking.

Die groot gebruikersvriendelike iPad-tipe raakskerm domineer steeds die voorpaneel, terwyl daar 'n paar ekstras bygevoeg is op die spesifikasielys, waaronder twee sokke vir geheuestokkies en ook 'n koppelpunt vir 'n geheuekaart.

Ek was veral beïndruk met die nuwe “Connectivity App” en “Volvo On Call”-stelsel. Druk jy die “On Call”-knoppie bo in die dak, verbind die stelsel die motor met 'n Volvo-oproepsentrum waar 'n persoon gretig is om jou te help. Ek het byvoorbeeld hulp versoek om rigtingwysers te kry van Kaapstad se internasionale lughawe na 'n spesifieke wynlandgoed in die Boland. Die persoon het binne etlike sekondes 'n skakel gestuur wat op die XC90 se navigasiestelsel vertoon het en waarop ek bloot moes klik om die roetekaart asook stembeleiding te aktiveer.

Die “On Call”-toepassing kan jy ook aflaai op jou slimfoon, -horlosie of tablet waarmee jy dan 'n verskeidenheid van funksies binne jou XC90 mee kan beheer, soos onder meer die enjin aanskakel van buite, deure oop- en toesluit, lugreëling vooraf verstel en selfs reisverwysings ontvang. Die kajuit is weelderig luuks met 'n onmiskenbare gevoel van gehalte. Die opsionele Orrefors-kristalknop van die ratkierie spreek van klassieke weelderigheid.

Kopers kan hulle nuwe XC90 met 'n ses- of sewesitplek-kajuituitleg bestel. Die sessitplek is my gunsteling omdat dit twee sitplekke in drie rye plaas wat prakties en ruimtegewys die gevoel skep dat jy in die kajuit van 'n luukse privaat straler sit.

Soos met die eerste XC90 maak Volvo in die 2019-model ook gebruik van 2.0 liter-, viersilinder-enjins vir die hele reeks modelle. Tans het kopers die keuse tussen drie petrolweergawes en een turbodiesel, weliswaar met verskillende kraguitsette. Die petrolreeks begin met die T5 (187 kW/350 Nm, met 'n amptelike petrolverbruik van 7.6 l/100 km), 'n T6 (235 kW/400 Nm en 8.0 l/100 km) en die topmodel T8 “Twin Engine plug-in hybrid” wat krag put uit 'n kombinasie van turboaanjaer, superaanjaer en elektriese motors vir 'n gekombineerde maksimum krag van 300 kW (235 kW + 65 kW) en 640 Nm (400 Nm + 240 Nm).

Die opgegradeerde D5-turbodiesel is my guns­telingmodel met heerlike laetoere-wringkrag en goeie verrigting deur die toerestrek danksy 173 kW en 480 Nm wringkrag (teenoor die uitgaande model se 165 kW en 470 Nm). Amptelike brandstofverbruik word aangegee as 'n indrukwekkende 5.7 l/100 km.

Aandrywing vir al die modelle is na vier wiele deur 'n seepgladde agtspoed- outomatiese ratkas.

Met die bekendstelling in die pragtige Boland was al die modelle waarmee ons bestuur het toegerus met lugvering en groot 20”-wiele. Ondanks die laeprofielbande was die ritgehalte, selfs op die gedeelte sinkplaat-modderpad wat ons beproef het, uitstekend. Ek is wel van ­mening dat kleiner wiele met hoër profiel bande die ritgehalte verder sou kon komplementeer. Op die ooppad en in stadsverkeer steek die XC90 geensins af by die beste in hierdie segment nie.

Die 2020 Volvo XC90-reeks word standaard verkoop met 'n 5 jaar / 100 000 km-waarborg en onderhoudsplan (Volvo Plan), 5 jaar/onbeperkte kilometer-padbystanddiens, asook DataDot-identifikasie.

Similar News

 

New look for TrenTyre

2 days ago - 12 November 2019 | Motors

TrenTyre officially re-opened doors to its revamped Windhoek branch last weekend and amongst the changes that customers can look forward to, are a modernized look...

For hauling really heavy stuff!

3 days ago - 11 November 2019 | Motors

Autohaus MAN Truck & Bus delivered the first ever MAN TGX 41.680 8x4/4 Heavy Abnormal Truck Tractor in Africa, dubbed the “Black Lion” last week.The...

Epic Battle of the Brands for Cancer

1 week ago - 04 November 2019 | Motors

Some great off-road action took place at the Tony Rust Race Track outside Windhoek recently, where the Battle of the Brands for Cancer burst out...

Buying a car? Here’s a practical guide

2 weeks ago - 31 October 2019 | Motors

WesBank has introduced a handy eBook titled Adulting 101 - a practical car buying guide for young professionals, to help graduates and first-time car buyers...

Space for the family

4 weeks ago - 17 October 2019 | Motors

Barry de KlerkPeople movers are the new sports cars.Well, probably not, but you can still get all the perks in your 7-seater – especially if...

Toyota se RAV4 GX-R meer SUV as MPV

1 month - 14 October 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzToyota het baanbrekerswerk gedoen toe die eerste RAV in 1994 in Japan en Europa bekendgestel is ná die eerste konsepvoertuig in 1989...

Celebrating wheels

1 month - 03 October 2019 | Motors

Barry de KlerkIt’s back and promises to be better than ever!For this year’s Pupkewitz Motorfest open day, dealerships across the country are getting ready for...

Dié Sweed laat die koppe draai

1 month - 16 September 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie nuwe Volvo XC60 is onder andere bekroon as 2018 se Wêreld Motor van die Jaar en dit op sigself spreek boekdele.Ons...

’n Sagte ryding soos min

2 months ago - 04 September 2019 | Motors

Windhoek • Yolanda NelNog voor ek die Haval H1 vir ’n toetsrit neem, is my eerste vraag of dié motortjie Etosha se grondpaaie kan aandurf....

Warm Swift Sport spog nou met turbo

2 months ago - 25 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzNoem net Suzuki Swift Sport en die meeste motorentoesiaste sal met respek reageer.Die klein, warm buksie het oor die jare beïndruk met...

Latest News

Suzy launches her own site

20 hours ago | Art and Entertainment

Well-known Namibian saxophonist Suzy Eises launched her own website at a swanky event in the capital last night (13 November). Through the website, her fans...

City changes 13 street names

21 hours ago | Local News

Yolanda NelThe City of Windhoek (CoW) held a mass street renaming ceremony on Wednesday, to honour some of the fallen sons and daughters of the...

Windhoekers continue to waste water

23 hours ago | Disasters

The City of Windhoek (CoW) once again warned residents that the continuous exceeding of weekly water targets could lead to water rationing.According to the City’s...

Nie net sommer ‘airbrushing’ nie

23 hours ago | People

Yolanda NelEzville Husselman van Rehoboth kom uit ’n kunstige familie en nou het sy stokperdjie ’n volwaardige besigheid geword.Ezville is op Rehoboth bekend vir sy...

Die broodkar is hier

1 day - 13 November 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Hierdie plek wat kos voorsien is soos die roomyskar met sy irriteerde deuntjie toe ons kinders was,maar beter, want daar is ’n verskeidenheid...

An outburst of music and...

1 day - 13 November 2019 | Art and Entertainment

Equipped Dancing Academy hosts a show titled ‘Outburst Music and Dancing’ in the capital on 22 November.The academy’s founder and principal, Stanley Mareka, said at...

Verfhale sonder huiwer

1 day - 13 November 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Die bekende keramiekkunstenaar Sarie Maritz is hard aan die werk om op 22 November haar nuwe skeppingste vertoon. Nie net is haar handewerk...

Is a franchise the right...

1 day - 13 November 2019 | Business

Mbo LuvindaoNamibia’s Small Medium Enterprise (SME) sector is reported to contribute more than 10% to the gross domestic product (GDP) and 20% to employment creation....

Apples in the Kalahari?

1 day - 13 November 2019 | Agriculture

On Monday (18 November), Salomon Kalondo hosts a public talk at the Scientific Society about how Namibian farming will have to change to remain viable....

Load More