Motorrevolusie-meestersklas

'n Jagluiperd in 'n windhondgewaad.

04 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz



Die ikoniese 911 is in 1964 vir die eerste keer aan die wêreld bekend gestel.

Vyf-en-vyftig jaar en agt ­generasies later is daar weer 'n nuwe 911 hier bekend gestel - met die modelnaam 992.

Terwyl daar oor die jare etlike veranderinge, verbeteringe en innoverende tegnologie in die 911-modelle gestalte gekry het, het die ontwerpfilosofie grootliks dieselfde gebly en die 911 se klassieke lyne is steeds duidelik herkenbaar. Die enjin is steeds in die platte­rige rondekap, 2-deur-sportmotor se “kattebak” en dryf die ikoniese kar van agter die sitplekke. Die les hierin is jy torring nie te veel aan 'n wenresep nie, of dit nou ouma se basaarmelktert, Fatima se breyani, of in hierdie geval Ferdinand se 911 is.

Die model is in afmetings die grootste 911 ooit en myns insiens ook die mooiste. Die Carrera-modelle kry nou die breër agteras wat voorheen slegs vir die GTS- warmer modelle beskore was. Met 'n langer lyf en bakwerk wat nou breed en rond oor die vet 305/30/22-agterwiele span, lyk die 992-modelreeks meer elegant en sportief as ooit. Veral die stert tref visueel met nuut-ontwerpte ligte, asook 'n LED-ligstrook wat die twee agterligte horisontaal met mekaar verbind, terwyl 'n groter agtervenster en swart geriffelde lugopeninge die meer moderne voorkoms afrond. Ook die drukvin is nou in die totale breedte deel van die afterklap en verrys uit en sak outomaties terug na gelang van 'n sekere spoed.

Die kajuit is egter steeds 'n 2x2-­sitplekker en ten beste 'n gerieflike 2-sitplekker met die agtersitplek­ke wat gemaklik lêplek vir jou aktetas en gade se handsak bied. Ontwerp en afwerking is gedoen om dié model 'n tipiese sportmotorgevoel te gee. Diep sportsitplekke in sagte leer beklee met geïntegreerde kopstutte suig jou in, maar bied tog ­ge­rieflike sitplek. Leer- en alkantara-­afwerking in die deurpanele en dakbekleedsel bevestig ook dat die nuweling as 'n luukse sportmotor geklassifiseer kan word.

Die voorpaneel is tradisioneel steeds regop en plat, maar huisves nou digitale inligting op die raakskerm middel bo in die voorpaneel. Agter die dik, leeroorgetrekte sportstuurwiel is die sentraal-gemonteerde groot, ronde toereteller wat steeds, soos tradisioneel 911, analoog is. Die spoednaald en ritinligting weerskante is egter digitale beelde.



Nuwe rekord

Aandrywing is deur 'n nuwe gene­rasie plattes 3.0 liter-petrolenjin wat verder ontwikkel is en ook hulp kry van twee fris turbo-aanjaers om die kragtigste ooit te wees. Maksimum verrigting is 'n witwarm 331 kW (22 kW meer as die vorige model) met 530 Nm se piek wringkrag (+30 Nm).

Die resultaat is 'n 911 wat nuwe vinnigste rondtetye opstel op van die wêreld se mees uitdagende renbane. 'n 911 Carrera S het die veelgeroemde Nordschleife in die ikoniese Nürburgring in net 7 minute en 25 sekondes voltooi – 5 sekondes vinniger as die uitgaande model.

Al hierdie krag word met behulp van 'n seepgladde en supervinnige 8-spoed, dubbelkoppellaar-tipe outomatiese ratkas na die agterwiele (by die Carrera 4) en al vier wiele (by die 4S-modelle) gestuur vir supermotorverrigting. Danksy Porsche se opsionele Sport Chrono-­pakket versnel die Carrera S van 0 – 100 kpu in 3,5 sekondes met 'n topspoed van 308 kpu, terwyl die 4S die 0 – 100 kpu lopie in 3,4 sekondes afblits en met die regtervoet geplant eers by 306 kpu uitasem raak. Verstommend om te dink dat die warmer (en vinniger!) GTS-, Turbo- en Turbo S-modelle nog hulle verskyning moet maak.

Brandstofverbruik, vir wie dit ookal relevant sou wees, word amptelik aangegee as 8,9 l/100 km en 'n CO²-uitlaatsyfer van 205 g/km by die S-model en 9,0 l/100 km (206 g/km CO²) by die Carrera 4S. Uiteraard sal dit wees in 'n gemengde siklus van ooppadry en stadverkeer.



Aanhoudende verbetering

Dit bly my fassineer hoe die witjasse by Zuffenhausen dit regkry om elke nuwe 911-model te verbeter.

Met 'n breër wielspoor en langer lyf, is die nuwe Carrera se ritgehalte en kajuitisolering nou in lyn met dié van die meeste luukse sportsedans. Ten spyte van groot laeprofielbande was die 992 uiters gemaklik om te bestuur. Selfs in die rengerigte sportmodus het die ongelyke pad­oppervlakke nooit deur die sitplek na my sitvlak deurgedring nie.

Nuwe tegnologie sluit onder meer in “Porsche Wet Mode” en “Night Vision Assist”.

Ek kon die “Wet Mode” eerstehands ervaar toe ek die Carrera 4S in die gietende reën op die N1-snelweg wou looi en die wiele sukkel om greep te kry op die nat pad. Die stelsel het onmiddellik die enjinkrag ingeperk en 'n waarskuwing op die instrumentepaneel geflits met die opdrag dat ek na “Wet Mode” moet oorskakel, aangesien die rytoestande nie veilig was nie.

“Night Vision” maak gebruik van kameras wat liggaamshitte “raaksien” en dan die remme aanslaan wanneer 'n moontlike impak met 'n voetganger voorsien word.

Daar is min motors wat kan kers vashou met 'n 911 wanneer dit by pure ryverrigting en paddinamika kom.

Die nuwe generasie 992 is nie net kragtiger, vinniger en dinamies meer rengerig nie, maar die nuweling bied nou selfs supermotorverrigting wat in padgewaad heel gemaklik op die renbaan tuis is. Wil jy egter vir vroulief winkel toe stuur (dis nou as jy haar liewer as jou Porsche het!), hanteer en bestuur die nuwe 911 so mak soos 'n lammetjie met luukse motorritgehalte en padgedrag in 'n stil kajuit. Die lae sitplekposisionering is die enigste werklike teken dat die model 'n jagluiperd in 'n windhond-gewaad is.

Die nuwe Porsche 911 Carrera S en 4S bou voort op die klassieke 911-tradisie en wenresep van begeerlike sportmotors wat die koppe laat draai. Die motor bied 'n lewensverrykende ervaring elke keer wanneer daar agter die stuur ingeskuif en die aansitterknop gedraai word.

Die jongste generasie is nie goedkoop nie, maar op die keper beskou, koop jy supermotorverrigting vir die prys van 'n sportmotor – myns insiens 'n winskoop vir diegene wat dit kan bekostig.

Similar News

 

The Beast hits Namibian soil

6 days ago - 29 June 2020 | Motors

In spite of the havoc that the coronavirus has created, Auas Motors now debuts the first Isuzu D-Max Arctic AT35 in Namibia.The limited edition 3-litre...

Nuwe Toyota Corolla – die staatmaker nou nóg beter

1 month - 01 June 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie wêreld sonder ’n Toyota Corolla is omtrent soos ’n leefstyl sonder rugby en braaivleis – dit is nou in ’n Suid-Afrikaanse...

Isuzu brei D-Max 250 reeks met outokaste uit

3 months ago - 13 March 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Toe General Motors – wat Isuzu bakkies plaaslik versprei het – in 2017 uit SA onttrek, was Isuzu-eienaars bekommerd dat die...

Making its mark in Namibia

4 months ago - 02 March 2020 | Motors

Nors is a Portuguese group whose vision is to be a world leader in transport solutions, and construction and agricultural equipment. In Africa, the Nors...

Renault verras met bekostigbare Triber

4 months ago - 28 February 2020 | Motors

Durban • Dirk GallowitzDit bly effe van ’n goëlbal – dis nou daai aflewering wat jou só tref dat jy wonder waar het jy dit...

Cars need speed control devices – NUDO

4 months ago - 28 February 2020 | Motors

Acting secretary general of the National Unity Democratic Organisation (NUDO) Youth League, Veparura Kandirikirira wants speed limiting and emergency braking technologies fitted in all cars...

Warm Hyundai i30N laat harte vinniger klop

4 months ago - 20 February 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDrie jaar ná die i30N in 2017 by die Frankfurt Motorskou sy buiging gemaak het, is dit begin Februarie ten einde laaste...

Volkswagen T-Cross – Prettige buks wat harte verower

5 months ago - 31 January 2020 | Motors

Dirk GallowitzTerwyl motorkopers wêreldwyd na bekostigbare kompakte sportsnutse neig wat suinig op die beursie loop, sal vervaardigers wat daarin slaag om die regte kombinasies in...

Mahindra se Pik (me) Up S11

5 months ago - 23 January 2020 | Motors

Dirk GallowitzMahindra het sopas hul Pik Up S11 met outomatiese ratkas in Suider-Afrika bekendgestel – die eerste land in die wêreld om dit te doen.Mahindra...

Hyundai se nuwe Venue

6 months ago - 11 December 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Kompakte es-joe-wees is tans die gewildste onder motorkopers. Ekonomies, bekostigbaar en moderne vervoer waarmee weeksdae die tekkie op die teerpad tjank...

Latest News

Housing initiative to help need

2 days ago - 03 July 2020 | Local News

Windhoek • [email protected]“The lives of those living in the informal settlements in Namibia are characterized daily by whatseems to be a persuasive idea that they...

Sweet sugar deal signed

2 days ago - 03 July 2020 | Business

Bokomo Namibia has completed the acquisition of the sugar packaging and distribution business of Tongaat Hulett Namibia (THN), following approval by the Namibian Competition Commission...

What's hot this weekend

3 days ago - 02 July 2020 | Art and Entertainment

Currently running• Namibian artist Elisia Nghidishange hosts her third solo exhibition, The Insight of Intrusive Women, at the National Art Gallery until 18 July.• The...

Civil servants answer to citizens

3 days ago - 02 July 2020 | Government

Minister of home affairs, immigration, safety and security Frans Kapofi implored civil servants in his ministry to deliver service with integrity and efficiency.Speaking at the...

ICT a catalyst for economic...

3 days ago - 02 July 2020 | Opinion

Windhoek • Llewellyn le HanéNamibia seems to be on the cusp of a major technological revolution; suddenly we have apps for everything, online payment systems...

Early morning deliciousness

3 days ago - 02 July 2020 | Banking

As part of Nedbank’s stakeholder engagement, the bank’s marketing and communication team treated Namibia Media Holdings staff to a hot cup of coffee and a...

Taking a stand for freedom...

3 days ago - 02 July 2020 | Local News

Windhoek • [email protected] an effort to save Namibian women who are losing their freedom due to the criminalisation of abortion, one Namibian is taking the...

Swapo MPs choose 62-day NA...

3 days ago - 02 July 2020 | Government

An attempt by the leader of official opposition to extend the current National Assembly (NA) sitting beyond its envisaged recess date on 8 July fell...

Young Namibian authors awarded

3 days ago - 02 July 2020 | Local News

Winners in a fiction for children writing competition have been awarded, with three winning entries from Namibia.The competition took place under the auspices of the...

Load More