Mrs J maak ’n Windhoekse draai

Kerk samel geld in om met hulle uitreikaksie voort te gaan.

16 June 2019 | Events

Gospel Care Ministry hou in Augustus ’n galadinee met die bekende Theresa Sedras (Mrs J van Suidooster-faam) as gasspreker.

Volgens senior pastoor en stigter van Gospel Care Ministry, Danny Saal, word dié geleentheid gehou om geld in te samel ten einde voort te gaan met hulle uitreikaksies.

Hy sê Gospel Care Ministry is in 2012 gestig met ’n duidelike opdrag van God gebaseer op Markus 6:37 “Gee julle vir hulle iets om te eet.” Vir die afgelope sewe jaar leef hulle hierdie visie uit na plekke regoor Namibië om die woord te verkondig en emmers met droë kos uit te deel aan behoeftiges. “Met bystand van Bo en enkele donateurs kon ons voorsien aan die behoeftes van ongeveer 4 200 individue deur emmers kos uit te deel,” sê hy.

Maar, ten einde met hierdie inisiatief voort te gaan, het hulle geld nodig. Dus die galadinee.

“Hierdie aand beloof om ’n glansryke geleentheid te wees met Theresa wat haar passie vir behoeftiges met ons kom deel onder die tema ‘Loving thy neighbour’,” sê Saal.

Gasspreker

Theresa speel die nimlike karakter Mrs J in Suidooster. “Dit het my meer as drie dekades geneem om my droom uit te leef om ’n akteur te wees en nou, op die ouderdom van 65, begin die lewe eers opwindend raak,” sê sy. Sy voeg by dat sy nog altyd ’n rol op die kleinkassie wou speel wat haar uitdaag, opgewonde maak en as mens laat groei.

Voor die karakter van Mrs J oor haar pad gekom het, het Sedras vrede daarmee gemaak dat sy dalk nooit in ’n groot sepie sou speel nie, maar dat dit juis op hierdie stadium van haar lewe gebeur het, is vir haar spesiaal. “Dit het my laat besef dat daar wel ’n behoefte is aan akteurs van my ouderdom en dat ek nog ’n lang en interessante loopbaan kan hê,” sê sy.

Dit het haar ook gewys dat jy nooit moet ophou glo in jou drome nie.

Terwyl sy nie seker is wat die toekoms inhou nie, is sy bly sy kan elke dag haar passie uitleef en mense daardeur raak. “Ek is vreeslik opgewonde oor my voorgenome besoek aan Namibië omdat dit so in lyn is met my passie vir my medemens,” sê sy.

Kaartjies vir die galadinee kos N$300 per person en is by El-Gibbor Unisex haarsalon (Maerua Mall) en by Beukes Spar in Khomasdal beskikbaar. Dit vind op 31 Augustus by die WHS-saal plaas.

Similar News

 

Grow your own greens

3 months ago - 25 August 2019 | Events

If you've been considering growing your own produce, then join Eden Greenfields on Saturday 31 August when they host training on how to grow organic...

Get your hats ready, ladies!

3 months ago - 25 August 2019 | Events

One of the many highlights on the Cancer Association of Namibia’s social calendar, is the annual Hats and Roses Ladies Events in support of the...

Join Jaimee-Lee at the Goethe

3 months ago - 25 August 2019 | Events

Early next month, the Goethe Institute plays host to the exhibition Disruption in Time.Described as a collection of visual art produced by more than one...

Hop Heads Fest around the corner

3 months ago - 25 August 2019 | Events

Following the very successful inaugural Hop Heads Craft Beer Festival last year with nearly 1 300 people attending, the second edition is on its way....

Have your say at #Fashiontribes

3 months ago - 18 August 2019 | Events

“People want to be in their own fashion tribes, so they want to wear the same clothes to be connected to everyone else in that...

You gotta lead to succeed

3 months ago - 18 August 2019 | Events

Well, everyone knows that people­ management is downright difficult. So, Future Females Namibia created an event specifically for you!“Lead and manage your business to success”...

Big expo for Groot Aub

4 months ago - 11 August 2019 | Events

Groot Aub plays host to a business expo later this month. The event takes place at the Eiland soccer field from 23 to 26 August...

Hoopskepper Elsabe kom kuier

4 months ago - 11 August 2019 | Events

Die Kankervereniging van Namibië bied volgende maand verskeie vertonings van Elsabe Aldrich aan, wat bekend is as pretprater en hoopskepper van formaat.Elsabe is 'n motiveringspreker...

Gathering Mighty Men

4 months ago - 04 August 2019 | Events

The Mighty Men Namibia Conference – an annual gathering of Christian men and boys – takes place on Farm Vredelus next weekend.Themed Encounter with God,...

Small beginnings end big

4 months ago - 04 August 2019 | Events

Local pageant goes nationalRehoboth is the place to be on 24 August, because that is when the crowning of Mr and Miss Face of Namibia...

Latest News

The gift of change

2 days ago - 13 December 2019 | Health

December would probably be the worst time for most people to think about changing anything. Everyone seems tired and ready for relaxation. According to local...

The Empty Armchair debuts

2 days ago - 12 December 2019 | Art and Entertainment

Dr Libertina Amathila’s latest book, The Empty Armchair, was launched in the capital last week.When Deputy Prime Minister Dr Libertina Amathila retired in 2010, after...

Musicwoche to hit the high...

2 days ago - 12 December 2019 | Art and Entertainment

Namibian musicians from diverse backgrounds have been busy this week preparing for the 54th Swakopmunder Musikwoche’s main concert scheduled to take place on Saturday (14...

Don’t be fooled!

2 days ago - 12 December 2019 | Banking

“While everyone starts to relax and ease up for the upcoming holidays, this is exactly when criminals, fraudsters and scam artists become more active. Our...

Free help for foot and...

3 days ago - 12 December 2019 | Health

Claudia ReiterFor the second time, Namibia is hosting foot and ankle surgeons from Europe and America as part of the Steps2Walk conference currently taking place...

Cooking up a plan to...

3 days ago - 12 December 2019 | Local News

Ester Kamati The Turkish International Cooperation and Coordination Agency (TIKA) showed support to the LidarFoundation’s initiatives by donating kitchen equipment towards their skills training programme.The...

NHE housing project starts in...

3 days ago - 12 December 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel A total of N$2.8 million from a N$10 million budget will be used by the National Housing Enterprise (NHE) to build eight houses...

Saam word mooi gemaak

3 days ago - 12 December 2019 | Local News

Yolanda Nel Een mooi gebaar het ’n kettingreaksie op Rehoboth meegebring: Om meisies mooi te maak vir hulle matriekafskeid.Monika van Wyk en haar ma, Memory,...

A coat of excellence

4 days ago - 11 December 2019 | Life Style

An elated Hugo Nell was announced as the winner of the N$50 000 cash prize in NEO Paint’s Paint Namibia a Different Colour competition. The...

Load More