'n Brian Habana vir die veldpad

Die X5 het sedert sy bekendstelling 20 jaar gelede reeds meer as 2,1 miljoen eenhede wêrelwyd verkoop.

07 July 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz



BMW het dit reggekry om met elke nuwe model voort te bou op die uitgaande generasie deur net dit wat suksesvol was in die vorige model, oor te dra na die nuwe een. Die gevolg was opeenvolgende rekordverkope.

Wêreldwyd het die eerste generasie wat in 1999 bekendgestel is aan die einde van sy leeftyd in 2006, meer as 617 000 eenhede verkoop. Die tweede model (2006 - 2013) het 728 640 voertuie van die hand gesit, terwyl die 3de generasie (2013 - 2018) net-net minder as 760 000 eenhede verkoop het.



Fokus op veldry

Met die jongste generasie X5 het die witjasse in München byvoorbeeld met 'n heelwat groter niertjie-rooster prominensie verleen aan die nuweling se voorkoms. Nuwe ontwerpe vir die hoofligte asook agterligte met LEDs, dra by tot 'n varser voorkoms. Terwyl die voorkoms verfraai is, het die witjasse egter meer gefokus op die nuweling se veldryvermoë waaraan die vorige modelle effe mank gegaan het.

Die gevolg is dat die model se X Drive-viertrekstelsel behou is, maar dat 'n elektronies-beheerde ewenaarslot op die agteras nou die M-sport en veldrypakket-modelle help om bekwaam op die grondpad en in die veld te ry.

Opsionele lugvering verhoog byvoorbeeld die standaard 210 mm grondryhoogte met 40 mm na 250 mm. Verder lig dit die agterkant van die voertuig wanneer 'n swaar sleepwa of wa gesleep word. Ook die laaideur verdeel nou in twee met 'n onderste klein deurtjie wat praktiese toegang tot die groot laairuimte bied. Met die opsionele lugvering, kan die X5 nou met 'n skakelaar in die onderste deurtjie “gesak” word om inlaai te vergemaklik.

Ons het beide die warm X5 M50d model en die X5 30d in agtereenvolgende weke beproef.

Die 30d was toegerus met die opsionele veldrypakket teen 'n stywe prys wat noord van N$62 000 draai en dit sluit nie BTW in nie. Vir jou geld kry jy darem 'n ekstra stel spesiale 20” allooiwiele met General Grabber AT3-veldrybande waarmee die X5 in 'n gerekende veldryer en klipklimmer kan ontaard.

Die wiele en teerpadry is egter nie die ideale situasie nie en die beste sou wees as jou pêl by die naaste bandewinkel jou veldry vellies by hom sal stoor vir wanneer jy wil gaan Kingsley Holgate speel, terwyl jy op jou normale wiele en bande ry vir alledaagse pendel en gebruik.



'n Bielie van 'n BMW

Beide die X5'e kom toegerus met 'n 3.0 liter reguit sessilinder turbo-aangejaagde diesel enjin van 2993 cc. Die 30d se “twin scroll” aanjaging sorg vir 195 kW en 620 Nm piekkragte wat krag na al vier die wiele stuur met die hulp van 'n seepgladde 8-spoed outokas. Brandstof verbruik word amptelik aangegee as 6,8 l/100 km in 'n gemengde siklus.

Kies jy egter die M50d, kry jy Brian Habana in die span: Met vier turboaanjaers waarvan twee by lae-druk en twee by hoë-druk saam meer as 250 000 kPa se lug in die silinders injaag, bied die M50d verrigting wat menigte sportmotor beskaamd sal laat staan.

Maksimum enjinkrag is 294 kW met piekwringkrag by 760 Nm om verstommende (vir so 'n groot voertuig wat boonop met 'n dieseloond aangedryf word!) verrigting te lewer. Die 0-100 kpu lopie neem slegs 5,2 sekondes terwyl topspoed elektronies by 250 kpu beperk word. Amptelike brandstofverbruik word aangegee as 7.2 l/100 km, maar dan sal jy moet doekvoet ry as jy dit wil behaal.

Ook die M50d dryf sy krag deur 'n 8-spoed outokas na al vier die wiele. Beide modelle maak gebruik van wringkragdempers om ratskakelings uiters glad en soomloos te maak wat gevolglik heerlike rygerief op grond en teer bied. Ten spyte van die M50d se lae profiel rubber op 22” wiele, was ritgehalte subliem en gelykstaande aan BMW se überluukse 7-reeks.



'n Gewigtige saak

Die nuwe X5 is 'n groot SUV met 'n massa van meer as 2 ton en steeds is die hantering en padgedrag sportief, dinamies en uiters bevredigend as daar deur die draaie gelooi word met die M50d se paddinamika en verrigtinge veel meer sportmotor as sportnuts.

Beide modelle is toegerus met dubbele mikaste voor en vyf-skakel vering agter.

Verder word elektroniese beheerde skokdempers gebruik wat die vering aanpas na gelang van die ritmodus wat die bestuur kies. Kies jy “comfort” of “Eco”, loop die waens doeksag op sagter vering met die stuurwiel ligter en die dempers wat sorg dat die bakwieg-beheer ook minder is.

In die “Eco”-modus gebruik die X5 ook etlike tegnologiese en elektroniese hulpmiddels om te help dat die enjins minder brandstof suig asook energie deur die remstelsel genereer om terug in die battery te stoor.

Kies jy “Veldry” of “Sport”-modus pas die veerstelsel ook die dempers, versneller-reaksie en stuurgewig aan met “Sport” wat die vering harder ­instel en die bakwiegdempers stywer inperk wat dan bakkrol deur die draaie tot die minimum beperk. 'n Agterwiel-stuur opsie is opsioneel beskikbaar.

Die kajuit is tipies van 'n luukse BMW-sedan en die X5 se afwerkings is gelykstaande aan die oordadig luukse 7-reeks modelle met uiters hoë vlakke van weelde en indrukwekkende voor-inni-koor elektroniese magêfters en tegnologiese katoeters wat beide die X5 modelle se kommunikasie-, klank-, inligting- en hulpstelsels aan die voorpunt plaas van wat motortegnologie tans bied.

Die volle digitale instrumentepaneel en groot info-skerm, asook ander gebruike vir glas soos met die ratkierie, sorg vir 'n moderne maar tog ook weelderige skouspel. Voorste sitplekke wat verhit of verkoel asook masseerfunksies bied, bekerhouers wat verhit of verkoel en 'n koordlose laaioppervlak vir jou slimfoon, is maar van die lang lys standaardtoebehore wat só omvattend is, dat ek dit onmoontlik alles in hierdie berig kan inpas.



Bystand

By dit alles is daar verskeie opsionele ekstras wat kopers met diep sakke kan spesifiseer om hulle X5 spesiaal te maak. Dit sluit onder meer in beperkte selfstuur, LED-hoofligte met lasertegnologie wat die donker meer as 500 meter ver kan priem.

Ons M50d het ook 'n “sterretjie-beligte” glasdak (BMW noem dit Sky Lounge) gehad met 15 000 lig-diodes wat 'n pragtige ambiaans van sagte opulensie in die donker skep.

Verder sal jou X5 selfs BMW se bystanddiens en beheersentrum in kennis stel sou jy in 'n ongeluk betrokke wees, of as jou X5 enige enjin of elektroniese probleme ondervind wat sou vereis dat die voertuig so vinnig moontlik by 'n handelaar moet rapporteer.

Ongeag watter model X5 jy koop, absolute bestuursgenot is jou beskore – dit is nou as jy die meer as N$1,2 miljoen vir die intree X530d of die meer as N$1,5 miljoen vir 'n basismodel M50d kan opdok.

Natuurlik as jy 'n minister in die parlement is, sal jy sommer twee kan bestel.

Similar News

 

New look for TrenTyre

1 week ago - 12 November 2019 | Motors

TrenTyre officially re-opened doors to its revamped Windhoek branch last weekend and amongst the changes that customers can look forward to, are a modernized look...

For hauling really heavy stuff!

1 week ago - 11 November 2019 | Motors

Autohaus MAN Truck & Bus delivered the first ever MAN TGX 41.680 8x4/4 Heavy Abnormal Truck Tractor in Africa, dubbed the “Black Lion” last week.The...

Epic Battle of the Brands for Cancer

2 weeks ago - 04 November 2019 | Motors

Some great off-road action took place at the Tony Rust Race Track outside Windhoek recently, where the Battle of the Brands for Cancer burst out...

Buying a car? Here’s a practical guide

3 weeks ago - 31 October 2019 | Motors

WesBank has introduced a handy eBook titled Adulting 101 - a practical car buying guide for young professionals, to help graduates and first-time car buyers...

Space for the family

1 month - 17 October 2019 | Motors

Barry de KlerkPeople movers are the new sports cars.Well, probably not, but you can still get all the perks in your 7-seater – especially if...

Toyota se RAV4 GX-R meer SUV as MPV

1 month - 14 October 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzToyota het baanbrekerswerk gedoen toe die eerste RAV in 1994 in Japan en Europa bekendgestel is ná die eerste konsepvoertuig in 1989...

Celebrating wheels

1 month - 03 October 2019 | Motors

Barry de KlerkIt’s back and promises to be better than ever!For this year’s Pupkewitz Motorfest open day, dealerships across the country are getting ready for...

Dié Sweed laat die koppe draai

2 months ago - 16 September 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie nuwe Volvo XC60 is onder andere bekroon as 2018 se Wêreld Motor van die Jaar en dit op sigself spreek boekdele.Ons...

’n Sagte ryding soos min

2 months ago - 04 September 2019 | Motors

Windhoek • Yolanda NelNog voor ek die Haval H1 vir ’n toetsrit neem, is my eerste vraag of dié motortjie Etosha se grondpaaie kan aandurf....

Warm Swift Sport spog nou met turbo

2 months ago - 25 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzNoem net Suzuki Swift Sport en die meeste motorentoesiaste sal met respek reageer.Die klein, warm buksie het oor die jare beïndruk met...

Latest News

Ministry warns schools again

19 hours ago | Education

With the introduction of the Universal Primary Education Grant (UPEG) and the Universal Secondary Education Grant (USEG) in 2013 and 2016, the ministry of education...

DSN honours athletes, guides and...

19 hours ago | Sports

Disability Sport Namibia (DSN) hosts its ninth annual awards ceremony in the capital on Saturday.The event will see the athletes affiliated to the Namibia Paralympic...

Community soccer this weekend

19 hours ago | Sports

The first edition of the All Stars Top Eight football competition starts at the Khomasdal Stadium in Windhoek on Friday.The tournament, held under the auspices...

Wanneer God praat

1 day - 21 November 2019 | Life Style

Yolanda Nel “Ek was besig om ’n lyn te verf en elke keer as iemand my onderbreek en ek opkyk, het ek my plek verloor....

With a haircut and a...

1 day - 21 November 2019 | Art and Entertainment

It was after a haircut seven years ago, that one entrepreneur gathered a group of women to learn all about natural hair and to exchange...

Say no to GBV

1 day - 21 November 2019 | Crime

The ministry of gender equality and child welfare launches this year’s 16 Days of Activism Against Gender-Based Violence (GBV) on Friday.The main event takes place...

Chill with Windhoek Express

1 day - 21 November 2019 | Art and Entertainment

Currently running• The exhibition Ephemera can be viewed at Goethe Institute until 22 November.• Celebrate the diversity of life, an art exhibition by Gerdis Stadtherr...

Namibia’s HESS instrumental in detecting...

1 day - 21 November 2019 | Science

After a decade-long search, for the first time scientists have detected a gamma-ray burst (GRB) in very-high-energy gamma light.This discovery was made in July last...

Waar Kalahari en Jazz ontmoet

1 day - 20 November 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Weggesteek in ’n eenrigtingstraat in die middestad, is ’n koffiewinkel met goeie koffie en heerlikehappies.Dit neem twee oproepe vir ons om by die...

Load More