’n Eerlike bakkie

Isuzu D-Max 300 X-Rider Dubbelkajuit 4x2 Outomaties

24 August 2021 | Motors

Isuzu Suid-Afrika sal die lankverwagte nuwe Isuzu in 2022 plaaslik bekendstel, maar intussen verkoop die effe goedkoper X-Rider modelle fluks.
Ons het onlangs ’n pragtige bloedrooi X-Rider 300 dubbelkajuit 4x2 outomaties met swart sierwiele en rolstaaf, vir ’n week lank beproef. Ons het besluit om die X-Rider se kop noord te draai en die meer as 400 km na die plaas in die Noordkaap aangedurf met ’n groot beestreiler agteraan gehak.
Isuzu se bewese en betroubare 3.0 liter turbo-enjin is steeds ’n juweel, maar dit was duidelik dat die 4-silinder diesel afsteek teen die kragtiger enjins van die nuwer generasie bakkies. Terwyl maksimum kraglewering steeds 130kW teen ’n lae 3600rpm beskikbaar is en met gewone rytoestande heel skaflik op die pad voel, was dit duidelik met die 1,2 ton gewig van die sleepwa en later nog 2 ton plus se lewendehawe gelaai, dat die maksimum wringkrag van 380Nm tekort skiet aan oemf wanneer daar gesleep word.
Die 6-spoed outokas sonder vrag het gemaklik tussen 5de en 6de gedraf, maar met byna die maksimum sleepgewig van 3500kg agteraan, het die ratkas selde na 5de oorgeskakel. Dit het ’n beduidende impak op die brandstofverbruik gehad.

’n Aangename rit
Die rit was andersins aangenaam en ons vier insittendes het die ruim en goed toegeruste kajuit geniet, ten spyte van die bykans 900km rit heen en weer. Passasiergerief sluit onder andere klimaatbeheer, klank- en kommunikasiestelsels wat met Bluetooth-koppeling en via ’n 8”-raakskerm beheer word, USB koppelpunte en spoedbeheer in. Sleutelose toegang en aan-/afskakel asook ’n ultrasoniese alarmstelsel is ook handig.
Vir passasierveiligheid het ABS remme met elektronise remkrag en verspreiding, remhulp, elektroniese stabiliteitsbeheer met traksiebeheer, heuwelwegtrek en heuwel-af-beheer asook lugsakke voor vir beide bestuurder en passasier, die werktrippie veilig en vlot laat verloop.
Die 2021 Model X-Rider het gemaklik die stowwerige klipbesaaide plaaspaaie van die Namakwaland baasgeraak danksy goeie grondvryhoogte en ’n uitstekende veerstelsel. Ook in die veld was die X-Rider heel bekwaam met die ewenaarslot ingeskakel en die gelaaide sleepwa agteraan.
Die Isuzu bakkie se stewige bakkonstruksie het die moeilike terrein gemaklik hanteer en het enige uitdaging op ’n eerlike manier baasgeraak.
Die X-Rider modelle is tans Isuzu se topverkoper leefstylbakkies en kompeteer gunstig in sy marksegment teen soortgelyke bakkies van Ford en Toyota met die pragtige stilering wat na ons mening die X-Rider beter laat vertoon as die kompetisie.
Alle Isuzu D-MAX modelle word verkoop met Isuzu Complete Care wat standaard insluit ’n 5jaar/120 000 km buffer-tot-buffer waarborg, Isuzu padbystanddiens, ’n 5 jaar/onbeperkte kilometer anti-roes waarborg asook ’n 5 jaar/90 000km diensplan.

Similar News

 

Get your JAC here

1 week ago - 19 November 2021 | Motors

In October, JAC Motors South Africa appointed four new dealers, increasing its total number of dealer outlets to sixty. Since opening in September, the outlet...

Keeping Namibians on the move

2 weeks ago - 16 November 2021 | Motors

Bank Windhoek awarded salespersons and dealerships in the motor vehicle industry during its annual Selekt Sales Awards ceremony hosted in the capital recently.The awards recognised...

Usain Bolt in ’n Shrek-kostuum

1 month - 13 October 2021 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie “M”-kenteken het oor die jare gesorg vir ikoniese verrigtingmotors wat wêreldwyd met uitsonderlike sukses die renbane aan die brand gejaag het.Die...

All new Navara makes Namibian debut

3 months ago - 17 August 2021 | Motors

Nissan announced the launch of the all-new Nissan Navara in Namibia today.The new pickup delivers an enhanced level of safety, comfort and driving pleasure, while...

Werkesel het ’n netjiese aandpak

5 months ago - 24 June 2021 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzMet bakkie pryse, veral die luukser dubbelkajuitmodelle, wat die hoogte inskiet, begin meeste vervaardigers die lig sien om goedkoper alternatiewe in die...

2021 Santa Fe nou meer begeerlik

5 months ago - 03 June 2021 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie 2021 Hyundai Santa Fe is die vierde generasie van die Koreanse motorvervaardiger se vlagskip SUV wat in 2018 plaaslik bekendgestelel is...

Die SUV-stryd woed voort

6 months ago - 27 May 2021 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzKIA Motors het onlangs sy reeks van klein familievoertuie uitgebrei met die bekendstelling van die oulike Sonet.Die kompakte SUV segment is uiters...

My (amper) ideale klein sportsnuts

6 months ago - 19 May 2021 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzPersoonlike smaak is presies dít: persoonlik. Waarvan jy hou gaan heel waarskynlik verskil van my gunstelinge, en dankie tog, want dis hoekom...

Heading out this Easter?

8 months ago - 01 April 2021 | Motors

Going away for the Easter weekend can be both daunting and exciting, especially if you have a big family. If you have little ones, you...

’n Sjiek en sjarmante Fransman wat harte gaan laat...

8 months ago - 29 March 2021 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzPeugeot se indrukwekkende nuwe 2008 is onlangs in Suider-Afrika bekendgestel. Ons het die plaaslike bekendstelling in ’n papsopwinterwaternat Limpopo bygewoon en sommer...

Latest News

Municipality plays musical chairs

17 hours ago | Local News

The Popular Democratic Movement (PDM) and Affirmative Repositioning’s (AR) 11th-hour announcement yesterday that they will abstain from council election means a majority group of eight...

Ride the Ridges launched

19 hours ago | Sports

PSG and Capricorn Group announced the launch of the 2022 PSG Ride the Ridges, a new uniquethree-day stage race that is scheduled for 25 to...

Chelsi a Child of the...

19 hours ago | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] Miss Namibia national costume for the Miss Universe competition wasrevealed on Wednesday on the local pageant’s social media platforms.Chelsi Shikongo who...

Muteka joins OM as Human...

19 hours ago | Business

Old Mutual announced the appointment of Toini Muteka as the new Human Capital Executive,effective 1 December 2021.In her new role Toini will direct and manage...

Savvy retirement

23 hours ago | Opinion

An unknown author once said, “retirement is wonderful if you have two essentials; much to live on and much to live for”.“With the Government Institutions...

Chill with Windhoek Express

23 hours ago | Art and Entertainment

Recurring events• 07:00 Bio-Markt / Green Market at the Stephanus Church (Dr Kenneth Kaunda Street) in Windhoek until 12:00 every Saturday.• 16:00 Coffee and Cake...

Security company owner, supervisor settle...

1 day - 01 December 2021 | Justice

Windhoek • [email protected] Otjiwarongo security company owner and supervisor charged with the murder of a Zimbabwean woodcarver in 2020, agreed settle with the man’s widow...

Green for go

1 day - 01 December 2021 | Infrastructure

Windhoek mayor Job Amupanda yesterday switched on new traffic lights installed at three intersections along the Otjomuise road.The traffic lights were erected at the intersections...

Drikus versus Konny … or...

1 day - 01 December 2021 | Sports

Windhoek • [email protected] to 1 100 cyclists are expected to participate in the Nedbank Desert Dash ultra-mountain bike marathon over 393km from Windhoek to Swakopmund...

Load More