'n Huis vol aapstreke

Tussen 'n voltydse werk, 'n huishouding bestuur, 'n man en twee kinders, vind hierdie vrou steeds die krag om in die aande agter die naaimasjien in te skuif en die mooiste kinderklere te maak.

14 July 2019 | People

“Ek wil beslis my eie winkel met my eie reeks oopmaak.” Zandri Scheepers. Eienaar

Windhoek • Yolanda Nel



Met 'n behoefte aan mooi en unieke uitrustings vir kinders, teen 'n bekostigbare prys, het een mamma 'n entrepreneur geword toe sy besluit om die leemte in die mark self te vul.

Zandri Scheepers het Aapstertjies in September 2017 begin. “Dit was 'n vinnige besluit. Ek het nog nie eers alles deurgedink nie, toe staan ek reeds by my eerste mark,” lag sy.

Hierdie ma van twee het nog altyd 'n liefde vir mooi en unieke klere gehad en wat nie op 'n grootskaal vervaardig word nie. Nie net vir haarself nie, maar ook vir haar kinders. “Dit is só 'n gesukkel om hierdie soort klere teen 'n bekostigbare prys in die hande te kry,” sê sy.

Dus het Zandri besluit om self die gaping in die mark vir unieke, gehalte handgemaakte items vir baba en kleuter te vul. “En die lekkerste is, met handgemaakte items kan ek mates neem en presies volgens dit werk sodat die items perfek vir daardie lyfie pas.”

By Aapstertjies word enige klere gemaak – van hempies, rokkies, pantoffels, sweetpakke en broeke tot borslappe en borsvoedbedekkings. “Ek probeer gereeld nuwe items maak om die reeks uit te brei en dinge interessant te hou,” vertel sy. Dit is vir haar ook belangrik om items so gemaklik as moontlik vir beweging te hou.



Vyfjaarplan

Hoewel Zandri eerder fokus op haar eie klerereeks vir babas en kleuters, het sy al gereageer op persoonlike versoeke vir dooppakkies en eerste verjaarsdagpakkies. “Ek wil beslis my eie winkel met my eie reeks oopmaak,” sê sy opgewonde.

Dit is deel van haar vyfjaarplan, terwyl die volgende stap is om 'n naaldwerkster aan te stel wat haar permanent kan help.

Zandri se liefde vir naaldwerk kom van haar ma. “Sy het my lewe lank naaldwerk gedoen (en doen dit steeds) en ons toegelaat om by haar te sit en speel op die masjiene en self goed te maak,” onthou sy.

As kind het Zandri altyd klere in die winkels aangepas en wanneer sy by die huis kom, het sy vir haar ma prentjies geteken van hoe dit lyk. Dan het sy deur haar ma se kaste gekrap op soek na materiaal waarvan sy hou en dan het haar ma dit vir haar gemaak.

“Al ons aandrokke is deur my ma gemaak. Ek sal graag eendag dit vir my dogtertjie ook wil doen.”

Vir haar is die lekkerste deel om iets mooi te maak van 'n stuk materiaal wat aanvanklik na niks lyk nie.

“Dit is ook heerlik wanneer my 4-jarige seuntjie vir my vertel hoe mooi die klere is wat ek maak. Hy raak verskriklik opgewonde elke keer as daar vir hom iets gemaak word,” sê sy.

Maar as jong entrepreneur is dit nie altyd maklik nie.

“Aapstertjies is op die oomblik nog 'n stokperdjie en met 'n vaste werk is dit met tye moeilik as die bestellings op een slag inkom,” vertel sy.

Nog 'n uitdaging is om mooi materiaal van goeie gehalte te kry wat aanklank by kliënte vind en steeds bekostigbaar is. “Materiaal is baie beperk in Namibië wat dit vreeslik moeilik maak.”



Uitdagings

Zandri lag terwyl sy verduidelik dat dit met tye rof gaan om kinders, 'n huishouding, werk en besigheid aan die gang te hou. “Ek is baie bevoorreg om van die huis af te kan werk vir 'n besigheid in Windhoek. Dit maak dinge baie makliker omdat ek slegs een keer per week op kantoor is,” vertel sy.

Wanneer die kinders eers in die bed is, skuif Zandri agter die naaimasjien in. “Terwyl ek besig is, dra my man koffie aan en gesels ons heerlik oor die dag se dinge.”

Sy kry meeste van haar idees op die internet. “Dit help om te sien wat werk in die winter en wat gewild is. Verder speel ek met patrone en idees tot ek iets kry wat werk en waarvan ek hou.”

Haar ma is haar grootste inspirasie. “Sy is my rolmodel en inspireer my elke dag. Sy staan op vir dit waarin sy glo en niks kry haar onder nie. Haar naaldwerk is van die beste gehalte en ek kan net droom om eendag so goed soos sy te wees. Sy is altyd daar vir my en help waar sy kan, al sit sy meer as 1 700 km van my,” vertel sy.

As jy 'n pienkvoet op pad het of jy jou kleuters met 'n uitrusting wil bederf vir 'n spesiale geleentheid, gaan besoek gerus Aapstertjies se Facebook-blad. Hoewel Zandri op Okahandja woon, kan enige produkte landwyd gekoerier word.

Similar News

 

Father, daughter moments on paper

2 months ago - 01 April 2020 | People

Windhoek • [email protected] simple these words seem, yet how deep they are! How easy it is to type something on a piece of paper for...

A lifetime for Delta

3 months ago - 21 February 2020 | People

Windhoek’s Delta Primary School (DSW) is 50 years old today. To see what happens behind the scenes at, Evelyn Rosar of the Allgemeine Zeitung accompanied...

Japie hardloop vir bejaardes

3 months ago - 17 February 2020 | People

Yolanda Nel - Fiksheidsinstrukteur Japie Greyvenstein is besig om geld vir die bejaardes van Senior Park in te samel en maak só deur aan die...

‘Nou begin die lewe eers!’

3 months ago - 11 February 2020 | People

Evelyn Rosar - Dis 08:30 en koffie en tee word by die Oude Rust-oord in Windhoek bedien. Oupa Harry gaan sit saam met die ander...

Big smiles from Godfried

6 months ago - 19 November 2019 | People

Two years have passed since Godfried Siwombe arrived at the Hollard office with hope in his eyes. He was only 7 years old when he...

Nie net sommer ‘airbrushing’ nie

6 months ago - 14 November 2019 | People

Yolanda NelEzville Husselman van Rehoboth kom uit ’n kunstige familie en nou het sy stokperdjie ’n volwaardige besigheid geword.Ezville is op Rehoboth bekend vir sy...

Bederf ’n boervrou

7 months ago - 16 October 2019 | People

Yolanda NelMiljoene dollar is reeds ingesamel om boere regoor die land by te staan gedurende die droogte wat honderde moedeloos laat. En nou is dit...

Die verhaal van Mamma Afrikaner

7 months ago - 14 October 2019 | People

Yolanda Nel Die eens kleurvolle gebou in Dolam, Katutura, kort dalk bietjie aandag maar binne skyn die harte van die mense helder. Moria Grace is...

Welkom terug, dr. Glen-Spyron!

8 months ago - 17 September 2019 | People

Windhoek • Gerine Hoff Vir die eerste keer in baie jare beskik Windhoek, en die land, oor ’n periodontis van ons eie met dr. Olivin...

Edgy young designer dreams big

9 months ago - 03 September 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelWith a passion for fashion, this young designer is the talk of the town thanks to his extravagant, colourful outfits.Simeone Johannes has...

Latest News

Triennial rescheduled to these dates

16 hours ago | Art and Entertainment

In light of the impact of the coronavirus pandemic, Bank Windhoek and the National Art Gallery of Namibia (NAGN), decided to reschedule the Triennial dates....

Leaders discuss way forward

17 hours ago | Government

The Canadian Prime Minister Justin Tradeau and President Hage Geingob discussed the latest developments in the Covid-19 pandemic in a teleconference. In a statement from...

Vir ’n aandjie af

21 hours ago | Art and Entertainment

Windhoek • [email protected] kry nou die dag ’n boodskap dat ek vir ’n kompetisie moet inskryf, want ek is gelukkig as dit bysulke dinge kom.Daar...

Sean K part of African...

23 hours ago | Art and Entertainment

Namibian artist Sean K is one of 11 African artists who just released a new song, thanking health workers for their commitment and dedication during...

N$58 million to clean schools...

1 day - 02 June 2020 | Education

Windhoek • [email protected] Of more than 340 senior secondary schools across the country, the majority are ready to receive their learners.According to education executive director,...

N$1.4 million for shorn prison...

1 day - 02 June 2020 | Crime

Windhoek • [email protected] A convicted inmate serving 35-years behind bars for the killing of his girlfriend eight years ago, is suing prison authorities for N$1.4...

Mining expo cancelled

1 day - 02 June 2020 | Events

The Chamber of Mines today announced the cancellation of this year's edition of the Mining Expo and Conference.This comes after the Chamber initially announced that...

Another boost for disaster relief

1 day - 02 June 2020 | Disasters

FNB, through the FirstRand Namibia Foundation Trust, donated N$1.5 million to government in response to Covid-19 efforts and aims at supporting the unemployed, small and...

A new home for orphaned...

1 day - 02 June 2020 | Environment

Two lion cubs – the sole survivors of human wildlife conflict in the Sesfontein area – were relocated and released onto a 25 000ha fenced...

Load More