’n Prins tussen ploerte

Porsche se nuwe generasie sportnutse het grootliks bygedra om 2018 sy beste verkoopsjaar ooit te maak.

09 June 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz



Met die Cayenne nou in sy derde generasie aan die voorpunt van Porsche se sportnutse, het die kleiner Macan sedert sy bekendstelling in 2014 ook fluks help bydra.

Dit is egter die nuwe middelslaggrootte Macan wat sedertdien al hoe gewilder word, met meer as 400 000 eenhede wat nuwe eienaars gevind het. Net verlede jaar het die Macan rekordverkope van meer as 97 000 eenhede gehad. Om dit in perspektief te stel, moet ons noem dat van die Porsche Cayenne in sy eerste jaar 25 000 eenhede verkoop is, wat toe as ongehoord beskou is.

Die 2019 Macan is bekend gestel met net twee modelle wat aanvanklik in Suid-Afrika beskikbaar, naamlik die Macan (om en by N$850 000) en Macan S (om en by N$1,15 miljoen). Die Turbo- en GTS-modelle sal later plaaslik bygevoeg word.

Voorkoms en ontwerp

Soos die gewoonte is met Porsche wanneer modelle middel in hul leeftyd verfraai word, is die ontwerp basies onveranderd gelaat met net klein sigbare verbeteringe en opknappings om die voorkoms meer modern te maak. Nuwe LED-hoogligte (nou standaard in die reeks), nuut ontwerpte allooivellings en ’n rooi LED-strook agter wat die twee remligte aanmekaar verbind, sorg vir ’n treffende voorkoms. Die somtotaal is ’n varser voorkoms sonder om die aggressief-sportiewe trekke by die nuwe model in te boet.

Binnekant is die nuweling heelwat moderner beklee en die voorkoms, uitleg en ontwerp toon groot ooreenkomste met die jongste Panamera-, Cayenne- en 911-stalmaats waar die instrumentepaneel ook nou ’n groot raakskerm bied waar al die nutsfunksies soos satnav, klank, klimaatbeheer asook kommunikasiefunksies gesetel is. Agter die stuur is die spoedmeter en toereteller steeds analoog.

Die sportstuurwiel huisves afstandbeheerskakelaars vir die klank, telefoon en spoedbeheer. Ook die skakelaar vir die ry-modusse is op die stuurwiel. Die sentrale konsole strek om die rathefboom tot tussen die voorste sitplekke en bied weerskante van die rathefboom twee rye knoppies waar onder meer vering en klimaatbeheer verstel kan word.

Die nuweling is ook standaard toegerus met outomatiese hoofligte met sensors wat die ligte vanself laat domp as dit ’n voertuig van voor se ligte in die aand “raaksien”. Daar is ook ’n stelsel wat die Macan terugdruk as die voertuig uit sy baan “dryf”.

Opsionele aanpasbare lugvering en ’n innoverende stelsel wat die wringkrag versprei, is ook beskikbaar. Die sitplekke is sportief, gemaklik en weelderig met die kajuit wat vyf insittendes met gerief kan akkommodeer.

Enjin en verrigting

Hier is seker die grootste verandering met die basismodel-Macan wat nou aangedryf word deur die Volkswagen-groep se 2.0 liter-, viersilinder-turbo-aangejaagde petrolenjin wat 180 kW piekverrigting en 370 Nm wringkrag lewer.

Porsche se witjasse het egter die 2.0 liter-enjin getoor om kragkurwes aan te pas en verrigting te lewer wat nie die Porsche-reputasie skade sal aandoen nie.

In die Macan S maak die uitgaande model se 3.0 liter-, dubbel-turbo-V6 plek vir die nuwe generasie 3.0 liter-, turbo-V6 soortgelyk as wat die nuwe Panamera-model aandryf. Hierdie enjin lewer effe meer kilowatt met ‘n platter wringkragkurwe en is ook meer ekonomies op brandstof.

Op die pad

Ons het die basismodel-Macan op die pragtige paaie en uitdagende bergpasse in die Boland behoorlik onder hande geneem. Dit was duidelik dat die 2.0 liter-enjin, soortgelyk aan die enjin wat die Golf GTI aandryf, geensins tekort skiet aan woema nie. Die Macan het gemaklik deur die toerestrek gejaag met die 7-spoed-, dubbelkoppelaartipe outomatiese ratkas wat blitsvinnig en seepglad deur die ratte geskakel het, selfs wanneer ons die spane agter die stuur gebruik het. Ons was verbaas oor hoe gemaklik en moeiteloos die enjin die nuwe Macan aandryf en het nooit die gevoel gekry dat die enjin aan krag en/of vermoë gebrek gaan nie.

Verbysteek en versnelling, selfs teen snelwegspoed, was moeiteloos wanneer die petrolpedaal hard ingetrap word.

Paddinamika, balans, stuurgevoel en hantering is tipies dit wat jy van ’n Porsche sou verwag. Met die vering aan die ferm kant kon jy maar die Macan deur die draaie in ’n bergpas hard looi. Uitstekende greep, minimale bakrol en sportiewe dinamika verseker ’n opwindende ry-ervaring met die nuwe Macan.

Slotsom

As middelgrootte-sportnuts ding die nuwe Macan onder meer mee met die Mercedes GLC, BMW X3, Audi Q5, Volkswagen Tiguan en Ford Kuga en behoort gemaklik die wenner te wees, sou daar ’n uitkloptoets vir dinamika en sportiwiteit gehou word.

Teen om en by N$850 000 is die Macan egter duurder as die meeste van sy teenstanders, maar dan weer dra die Macan ’n Porsche-kenteken en daarmee saam kom die reputasie van ’n begeerlike en uitnemende statussimbool.

Similar News

 

’n Sagte ryding soos min

1 week ago - 04 September 2019 | Motors

Windhoek • Yolanda NelNog voor ek die Haval H1 vir ’n toetsrit neem, is my eerste vraag of dié motortjie Etosha se grondpaaie kan aandurf....

Warm Swift Sport spog nou met turbo

3 weeks ago - 25 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzNoem net Suzuki Swift Sport en die meeste motorentoesiaste sal met respek reageer.Die klein, warm buksie het oor die jare beïndruk met...

Middeljare se mooimaakkuur

3 weeks ago - 25 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie 2020-opgradering van die XC90 is 'n sprekende voorbeeld van hoe ­minimalisme ook hier toegepas word, met die konkawe sierrooster en nuwe...

Driver training: Why it's better to outsource

4 weeks ago - 18 August 2019 | Motors

Many companies choose to outsource certain functions because of the cost-savings associated with this. There is, however, strategic benefits as well. This includes access to...

Looks faster, goes faster

4 weeks ago - 18 August 2019 | Motors

The sleeker, faster and more technologically advanced new Ford Mustang delivers more athletic styling, sophisticated engine and suspension enhancements, as well as advanced driver assistance...

Al hoe sportiewer

1 month - 11 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Hyundai het verlede week sy tweede generasie van Tucson se Sport-model bekend gestel, 'n produk eie aan Hyundai Suid-Afrika.Die vorige model...

Motorrevolusie-meestersklas

1 month - 04 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Die ikoniese 911 is in 1964 vir die eerste keer aan die wêreld bekend gestel. Vyf-en-vyftig jaar en agt ­generasies later...

Pragtig en gesofistikeerd

1 month - 28 July 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Met 'n geskiedenis wat so ver terugstrek as 1963, met die Mazda Familia-motor wat later tot die gewilde klein 323-modelreeks gelei...

New heights for Duster TechRoad

1 month - 21 July 2019 | Motors

With more than two million cars sold globally, the Renault Duster has been completely revamped six years after its original release.The all-new Renault Duster models...

Six tips to make your weekend SUV getaway extraordinary

2 months ago - 14 July 2019 | Motors

There's no feeling quite like hitting the road and getting out of town for the weekend. Whether you are heading to the beach with the...

Latest News

Lewcor buys Elizabeth Bay Mine

3 days ago - 12 September 2019 | Business

Namdeb today announced that it sold its Elizabeth Bay Mine and associated marine assets as a going concern to a member of the Lewcor Group,...

New owner for Bytes Technology

3 days ago - 12 September 2019 | Business

Altron Rest of Africa (Altron ROA), a division of JSE-listed technology company Altron, announced the sale of a minority stake in its subsidiary, Bytes Technology...

Hey millennials, listen up!

3 days ago - 12 September 2019 | Economics

About 30 years ago, purchasing property was a no-brainer. However, millennials have been taught to question everything, including whether real estate is the best investment...

This boy is on fire

3 days ago - 12 September 2019 | Sports

Yolanda Nel With two older brothers that are well-known in the spinning community, it is no wonder their younger brother is following in their footsteps....

Going for gold

3 days ago - 12 September 2019 | Banking

Last night, Bank Windhoek launched their Selekt Gold offering with the aim of providing the market with a relevant, holistic financial solution.The Selekt Gold offering...

Barok uit die boonste rakke

3 days ago - 12 September 2019 | Art and Entertainment

’n Orrelkonsert met die musiek van Bach, Handel en Corelli is Vrydag, 27 September in die Christuskirche te hoor, wanneer die Suid-Afrikaanse konsertorrelis en vakkundige...

The world is your (shopping)...

4 days ago - 11 September 2019 | Business

After introducing the DHL Africa eShop app in April this year, it is now also available in Namibia.Since its launch, the app has seen its...

Think pink!

4 days ago - 11 September 2019 | Health

Breast and cervical cancers remain a serious concern in Namibia, with 2 474 cases of breast cancer that have been reported to the National Cancer...

Commemorate together

4 days ago - 11 September 2019 | Health

World Lymphoma Awareness Day is commemorated on 15 September every year and is dedicated to raising awareness of lymphoma, an increasingly common form of cancer....

Load More