’n Sagte ryding soos min

04 September 2019 | Motors

Windhoek • Yolanda Nel

Nog voor ek die Haval H1 vir ’n toetsrit neem, is my eerste vraag of dié motortjie Etosha se grondpaaie kan aandurf. Sou die antwoord nee wees, het ek seker nooit eens in die motor geklim nie. Maar die verkoopsman antwoord instemmend. So ek spring in.
Ek meen die H1 is ’n oorgangsmotor tussen ’n sedan en ’n volwaardige SUV. Volgens die verkoopsman is hierdie motor veral geskik vir boer-vroue wat op die grondpad moet kan ry sonder sukkel.
Terwyl ek in die dorp rondrits, is ek baie bewus daarvan dat ek hoër as gewoonlik sit. Sy sit maklik tussen die ratte oor en in trurat waarsku die sensors my van enigiets wat in die pad kan wees.
Die Haval H1 1.5VVT Crossover is nie baie dors nie en het ek effens meer as 14 km op ’n liter gekry – hoofsaaklik met die lugverkoeling aan. Hoewel daar mense is wat voel sy het nie krag nie (69KW @ 6 000 rpm) het sy geensins op die ooppad gesukkel om voertuie verby te steek nie. Hoewel sy beslis nie vir die Tony Rust-renbaan gemaak is nie, loop sy doeksag op die nasionale pad.
Met ’n nuwe baba, bied die Haval H1 ons genoeg spasie vir ’n motorstoeljie. Daar is ook genoeg sitplek vir ’n volwassene langs die stoeltjie agter, hoewel ek nie glo drie volwassenes sal inpas nie. Die 310-liter kattebak huisves ook die spaarwiel, wat pakspasie aansienlik verminder. Tog, vir ons doeleindes, is daar genoeg plek.
Die motor spog met spoedbeheer en die bestuurder kan radiostasies en volume op die stuurwiel beheer. Selfone kan ook met Bluetooth gekoppel word om te verseker motoriste gebruik nie hul selfone terwyl hulle agter die stange is nie. Die enigste nadeel binne die motor is die feit dat die horlosie net wys as die radio afgeskakel word.
Die beskikbare kleure vir die Haval H1 is wit, silwer, rooi en oranje.
Haval mag dalk vir meeste volksvreemd klink, maar die Chinese handelsmerk is al twee jaar in Namibië beskikbaar. Ander Haval-modelle is die H2, H6, H6 C en H9.
Ek het die Haval H1 ’n maand gelede gekoop en is elke dag opgewonde oor wat die motor my bied. Benewens ’n drie-jaar diensplan, is daar ook 5-jaar padbystandsdiens.
Al wat ek nou nog kort is ’n naam vir my ander nuwe baba! - [email protected]

Similar News

 

New look for TrenTyre

1 week ago - 12 November 2019 | Motors

TrenTyre officially re-opened doors to its revamped Windhoek branch last weekend and amongst the changes that customers can look forward to, are a modernized look...

For hauling really heavy stuff!

1 week ago - 11 November 2019 | Motors

Autohaus MAN Truck & Bus delivered the first ever MAN TGX 41.680 8x4/4 Heavy Abnormal Truck Tractor in Africa, dubbed the “Black Lion” last week.The...

Epic Battle of the Brands for Cancer

2 weeks ago - 04 November 2019 | Motors

Some great off-road action took place at the Tony Rust Race Track outside Windhoek recently, where the Battle of the Brands for Cancer burst out...

Buying a car? Here’s a practical guide

3 weeks ago - 31 October 2019 | Motors

WesBank has introduced a handy eBook titled Adulting 101 - a practical car buying guide for young professionals, to help graduates and first-time car buyers...

Space for the family

1 month - 17 October 2019 | Motors

Barry de KlerkPeople movers are the new sports cars.Well, probably not, but you can still get all the perks in your 7-seater – especially if...

Toyota se RAV4 GX-R meer SUV as MPV

1 month - 14 October 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzToyota het baanbrekerswerk gedoen toe die eerste RAV in 1994 in Japan en Europa bekendgestel is ná die eerste konsepvoertuig in 1989...

Celebrating wheels

1 month - 03 October 2019 | Motors

Barry de KlerkIt’s back and promises to be better than ever!For this year’s Pupkewitz Motorfest open day, dealerships across the country are getting ready for...

Dié Sweed laat die koppe draai

2 months ago - 16 September 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie nuwe Volvo XC60 is onder andere bekroon as 2018 se Wêreld Motor van die Jaar en dit op sigself spreek boekdele.Ons...

Warm Swift Sport spog nou met turbo

2 months ago - 25 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzNoem net Suzuki Swift Sport en die meeste motorentoesiaste sal met respek reageer.Die klein, warm buksie het oor die jare beïndruk met...

Middeljare se mooimaakkuur

2 months ago - 25 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie 2020-opgradering van die XC90 is 'n sprekende voorbeeld van hoe ­minimalisme ook hier toegepas word, met die konkawe sierrooster en nuwe...

Latest News

DSN honours athletes, guides and...

1 hour ago | Sports

Disability Sport Namibia (DSN) hosts its ninth annual awards ceremony in the capital on Saturday.The event will see the athletes affiliated to the Namibia Paralympic...

Community soccer this weekend

1 hour ago | Sports

The first edition of the All Stars Top Eight football competition starts at the Khomasdal Stadium in Windhoek on Friday.The tournament, held under the auspices...

Wanneer God praat

6 hours ago | Life Style

Yolanda Nel “Ek was besig om ’n lyn te verf en elke keer as iemand my onderbreek en ek opkyk, het ek my plek verloor....

With a haircut and a...

7 hours ago | Art and Entertainment

It was after a haircut seven years ago, that one entrepreneur gathered a group of women to learn all about natural hair and to exchange...

Say no to GBV

7 hours ago | Crime

The ministry of gender equality and child welfare launches this year’s 16 Days of Activism Against Gender-Based Violence (GBV) on Friday.The main event takes place...

Chill with Windhoek Express

8 hours ago | Art and Entertainment

Currently running• The exhibition Ephemera can be viewed at Goethe Institute until 22 November.• Celebrate the diversity of life, an art exhibition by Gerdis Stadtherr...

Namibia’s HESS instrumental in detecting...

8 hours ago | Science

After a decade-long search, for the first time scientists have detected a gamma-ray burst (GRB) in very-high-energy gamma light.This discovery was made in July last...

Waar Kalahari en Jazz ontmoet

1 day - 20 November 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Weggesteek in ’n eenrigtingstraat in die middestad, is ’n koffiewinkel met goeie koffie en heerlikehappies.Dit neem twee oproepe vir ons om by die...

Second freeway phase launched

1 day - 20 November 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel Phase 2A of the Windhoek – Hosea Kutaku dual carriageway was officially launched on Monday.Roads and transport minister John Mutorwa said at the...

Load More