'n Stukkie paradys

Waar die teerpad eindig, wag die begin van 'n heerlike wegbreek-naweek, met voëls se getjirp wat seker maak jy verslaap nie.

03 February 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel • Windhoek



As jy regs draai op die Dordabis-pad en die grondpad begin, daar tussen êrens en nêrens, sal jy op 'n stukkie paradys afkom.

Met 'n onlangse familie-troue bevind ons ons by Ankawini Safari Ranch. Ons word deur sebras, kameelperde en bokkies gegroet. Ons selfone wys daar is nie 'n greintjie opvangs nie en ons sien uit na 'n naweek sonder tegnologie.

Nes jy dink daar gaan oor die volgende bult dalk 'n huisie of twee staan, wag nog koppies in die verte en kan jy die mooi landskappe vir nog 'n wyle inneem. Wanneer jy eindelik by die bestemming uitkom, staan daar 'n kasteel – perfek vir troues en ander groot geleenthede.

Die ouer garde verkies kamers, terwyl ons in die bosse gaan kamp opslaan. Daar is ook 'n opsie van semi-permanente tente, indien jy nie oor kamptoerusting beskik nie. Die sweet tap ons behoorlik in die versengende hitte af, maar die groot swembad bied lafenis, en hier en daar sit gaste met hul voete in die water.

Die kamplekke is ook toegerus met 'n stort en spoeltoilet, hoewel daar geen elektrisiteit is nie.

Die oggend ná die groot makietie geniet ons almal 'n heerlike buffet-ontbyt. Varsgebakte brode, met 'n verskeidenheid konfyt en kaas, staan die tafel vol. Daar is ook 'n granola-gebak wat ek glo elke persoon laat vra het na die resep, asook heerlike quiche. Ons kon nie genoeg van alle die disse kry nie. Die blikbekers en -borde waaruit ons gedrink en geëet het, voeg verder by tot die lieflike ondervinding.

Die personeel is vriendelik en dit voel soos jou eie familie se plaas. Pure elegansie in die bos en 'n welverdiende wegbreek op die koop toe.

Hoewel dele op die perseel nog ontwikkel word, is die span oorgehaal om jou met enige navrae te help.

Wie weet, dalk gee jy ook binnekort die ja-woord in dié paradys.

Similar News

 

Eastwood takes centre stage

21 hours ago | Art and Entertainment

Based on a true story, this film is Clint Eastwood's second attempt at directing in 2018 as well as his first starring role since 2012.In...

Events

21 hours ago | Art and Entertainment

Currently running• New beginnings, a collection of artworks by the graduates of the College of the Arts, takes place at the National Art Gallery until...

French toast on a rainy day

21 hours ago | Art and Entertainment

Gerine Hoff • WindhoekIt was on one of Windhoek's (few) rainy mornings this season that we decided on a quick family breakfast.Having recently seen postings...

Events calendar

1 week ago - 10 February 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Of the greatness of life, an exhibition by Dr Helmut Lauschke can be viewed in the Upper Gallery of the NAGN until 16...

‘I hear you talk to fish’

1 week ago - 10 February 2019 | Art and Entertainment

Monique de ScandeArthur Curry was born from the union of a fisherman and a beautiful woman that came from the sea, who just so happens...

Bederf jouself in die tuindorp

1 week ago - 10 February 2019 | Art and Entertainment

Okahandja • Yolanda NelOf ons nou die langpad aandurf Etosha toe of 'n naweek wegbreek see toe, op Okahandja moet altyd gestop word vir 'n...

Work starts on local short film

1 week ago - 04 February 2019 | Art and Entertainment

Production on the local short film Baxu and the Giants has begun, carrying across the story of how rhino poaching triggers social change in a...

KP Illest to hype up Fight Night

2 weeks ago - 03 February 2019 | Art and Entertainment

Adolf Kaure • SwakopmundKenyan-born Namibian-based hip hop artist Kamaaizemi Hoveka (26), better known as KP Illest, performs at the Fight Night Exhibition taking place at...

Events calendar

2 weeks ago - 03 February 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Of the greatness of life, an exhibition by Dr Helmut Lauschke can be viewed in the Upper Gallery of the NAGN until 16...

Shyamalan hits the Glass ceiling

2 weeks ago - 03 February 2019 | Art and Entertainment

M. Night Shyamalan brings together the narratives of two of his standout originals—2000's Unbreakable and 2016's Split in one explosive, all-new comic-book thriller: Glass.From Unbreakable,...

Latest News

Rare diseases in the spotlight

21 hours ago | Health

Yolanda NelA rare disease medical seminar takes place in Windhoek on 28 February to raise awareness amongst those affected by it.According to Bianca Özcan of...

Vier fees ­vir droogtehulp

21 hours ago | Events

Yolanda Nel“Ons probeer om die mense wat elke dag kos op ons tafels sit, te help.”Juis daarom het 'n groep mense besluit om 'n insameling...

Pas op vir dié skelmstreke

21 hours ago | Crime

Yolanda Nel - Kleinsake-eienaars waarsku hul kliënte teen ’n foefie waarmee hulle gevra word om vir ’n diens of produk te betaal waarvan die entrepreneur...

Done and dusted

21 hours ago | People

Windhoek • Yolanda NelWhat began as maintaining his own guitar collection, has become both a passion and a hobby when he has a moment to...

Orchestras that play together, stay...

21 hours ago | Education

When more than 120 young musicians and their teachers rehearse for a week and let their musical skills run wild, the outcome is certainly something...

Maltas rock in the USA

21 hours ago | Education

The Maltas Club Namibia recently travelled to the USA to undertake an experiential learning trip. The purpose was threefold: to learn more about American culture,...

Big bucks for top students

21 hours ago | Education

Standard Bank Namibia handed over N$302 000 to the three best performing learners in each of the country's 14 regions who sat for last November's...

Body goals

21 hours ago | Columns

Adolf KaureThe Holy Bible says that our bodies are the temples of the Holy Spirit and that automatically gives everyone an obligation to take care...

Conservation snapshot

21 hours ago | Environment

On Tuesday (19 February), Peter Bridgeford launches the book Conservation Pioneers in Namibia and stories by Game Rangers at the Scientific Society.This book of personal...

Load More