'n Swartsak vol gemors bring hoop

Een Windhoeker se misnoeë oor die vuilheid van die hoofstad het haar aangemoedig om self 'n plan te maak. Nou daag sy almal uit om dieselfde te doen.

07 April 2019 | Environment

Ons moet hierdie stad van ons weer skoon kry, soos dit eens was. Toe ons met trots kon sê ons is die skoonste stad in Afrika. Elsada Kruger

Windhoek • Yolanda Nel



'n Uitstappie in Windhoek se middestad het een vrou aangespoor om 'n verskil te maak en nou hoop sy ander volg in haar voetspore.

“Ek het my kleindogters verlede jaar na die teater geneem om 'n balletopvoering te gaan kyk,” vertel Elsada Kruger. Hulle het ver van die teater parkeer en só met die stap daarheen, het sy geïrriteerd opgemerk hoeveel gemors daar op hul roete is.

“Dis mos lekker om teater toe te gaan en ons trek mooi aan, maar dan is alles rondom ons so ongelooflik vuil,” het sy gesê. Juis daarom het sy besluit die verandering kan by haar begin.

“Ja, die probleme in hierdie land is baie,” sê sy. Maar in plaas daarvan om te kritiseer, kan mens 'n verandering in jou omgewing maak. “Ek kan nie iets aan die onderwys- of gesondheidstelsel doen nie, maar ek kan vuilgoed skoonmaak,” sê sy.

Elsada is ook in staat om ander te vergoed om haar te help skoonmaak.

“Dis ongelooflik hoe 'n area kan verander die oomblik as daar 'n swartsak se vullis minder op die grond lê. Dit maak my trots as dit heeltemal skoon is.”

Gemotiveerd, het Elsada en haar span besluit hul skoonmaakaksie hou nie by die teater en omgewing op nie.

Na die onlangse NLU-braaifees het dit haar en haar span drie dae geneem om by die Hage Geingob-stadion waar die geleentheid gehou is, skoon te maak. “Dis aaklig om te dink dat dit vir inwoners die norm geword het om nie hul eie gemors op te tel nie.”

Vir haar is die idee so eenvoudig: As almal net hul eie rommel weggooi en nie byvoorbeeld uit 'n kar se venster of langs 'n asdrom gooi nie, is helfte van die stryd gewonne.

Sy en haar span skoonmakers beplan ook om binnekort langs die lughawe-pad en die pad na Rehoboth skoon te maak.

Maar die stryd is nie alleen te baklei nie. “Die munisipaliteit moet ons help. Ons moet hierdie stad van ons weer skoon kry, soos dit eens was. Toe ons met trots kon sê ons is die skoonste stad in Afrika. En dan moet ons dit volhou. Dan het ons gewen.”

Die munisipaliteit se werk word nie misgekyk nie, maar met die toename van inwoners, het die hoeveelheid gemors ook gegroei. “Asdromme in die dorp help, maar daar is eenvoudig te veel rommel om dit net een keer per week skoon te maak. Daar moet gekyk word om dit meer effektief te maak,” sê sy.

Elsada stuur ook nou swartsakke saam met haar skoonmakers huis toe. Sy betaal hulle'n bedrag per sak wat vol vuilgoed is. “Dis ongelooflik om te sien hoe die mans verander. Hulle begin besef in watter haglike toestande hulle woon en dit is gewoonlik weens hulle eie en die mense rondom hulle, se toedoen,” sê sy.

Deesdae, in plaas van geld, vra hulle vir 'n pak suiker of meel waarmee hulle dan iets te ete aan hul families kan voorsien.

“Dit alles begin by jou en jy kan vier ander mense inspireer om dieselfde te doen. Ek hoop ek het.”

Similar News

 

Namibia’s CCF wins UK grant

1 week ago - 16 June 2019 | Environment

The Cheetah Conservation Fund (CCF) announced that the United Kingdom’s Department for Environment Food & Rural Affairs (DEFRA) will fund its project to fight cheetah...

Paying for plastic

2 weeks ago - 09 June 2019 | Environment

Swakopmund • Erwin LeuschnerWhen it comes to consuming and taking control of disposable plastic bags in Namibia, the three towns along the central coast are...

International recognition for Sun Cyles

1 month - 26 May 2019 | Environment

Windhoek • Yolanda Nel The co-founder of Namibia's own Sun Cycles was awarded the National Energy Globe Award during SACREEE's first industrial energy efficiency conference...

Asbestos removal project under way

2 months ago - 15 April 2019 | Environment

Arandis • Leandrea Louw The Walvis Bay municipal council accepted a proposal by Adcon CC to rehabilitate the hazardous waste site and create more space...

A world ­without waste

2 months ago - 07 April 2019 | Environment

Windhoek • Yolanda Nel The invention of plastic changed the world in so many ways – for better and for worse – and it's...

Seeing the unseen

3 months ago - 24 March 2019 | Environment

Bank Windhoek, in conjunction with the University of Namibia (Unam) and Netherland’s Radboud University (RU) Nijmegen, host a scientific event titled ‘Building the Namibian Africa...

From cooking oil to biofuel

3 months ago - 10 March 2019 | Environment

Windhoek • Yolanda NelA bottle of cooking oil is heated up in the deep fryer to make the perfect, golden chicken nuggets. Once the oil...

How the Moringa can purify water

3 months ago - 10 March 2019 | Environment

Next Thursday (14 March), the National Commission on Research, Science & Technology (NCRST) hosts a public lecture presented by Prof Habauka Kwaambwa on the evaluation...

Where to with the animals?

3 months ago - 10 March 2019 | Environment

Windhoek • Nina Cerezo Following the recent culling of hyenas to save the Wild Horses of the Garub, environment minister Pohamba Shifeta repeatedly referred to...

Climate change slows aquaculture

3 months ago - 03 March 2019 | Environment

Lüderitz • Ewin LeuschnerA workshop titled Enhancing Climate Change Resilience in the Benguela Current Fisheries System was ­held in Lüderitz recently, where experts discussed the...

Latest News

Building bridges

3 days ago - 23 June 2019 | Infrastructure

Construction work continues on the Windhoek - Hosea Kutako International Airport road, with works set to start again on the bridge over Frank Fredericks drive...

Skills training for ­vulnerable moms

3 days ago - 23 June 2019 | Local News

Ester Kamati Twenty-five young mothers from the Lidar Community Foundation are receiving skills training for the next six weeks, thanks to the support of the...

Art and pets = Animals...

3 days ago - 23 June 2019 | Events

The SPCA Windhoek held its annual fundraiser – Animals by Night – last week, with a spectacular event at the FNCC.According to general manager of...

We are running out of...

3 days ago - 23 June 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh The date for dams supplying Windhoek to run dry has now advanced with between two and three weeks. The reason for...

Hope for Justin

3 days ago - 23 June 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw Justin Koch, a ten-year-old boy from Walvis Bay, has been ­battling with cerebral palsy spastic diplegia all his life.Born...

Help hier, asseblief!

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Windhoek • Rodney SwartbooiEk was onlangs by ’n konferensie op Otjiwarongo en dit was op pad terug wat ek afgekom het op ’n gesin, ’n...

Familie sonder hoop

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Nkurenkuru • Kenya Kambowe 'n Familie van vyf in die Kayeure-nedersetting in die Musese-kiesafdeling van Kavango-Oos bly in 'n 2x2 m-struktuur bestaande uit stukkies muskietnet,...

The heartbeat of the city

3 days ago - 23 June 2019 | Business

Windhoek • Lisa Plank A taxi driver cruises down the street, loud music blaring from the loudspeakers inside the car. With one hand he casually...

Pageant winner supports schools

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Winter is always a time for reflection and appreciating what you have, and this year is no different!During 2018, the first runner up of Miss...

Load More