Nalatenskap van liefde

Ouers se grootste nagmerrie word waar die dag as hul kind sterf, maar amper twee jaar later staan 'n plaaslike familie sterk.

03 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel

Skielik, sonder waarskuwing of tyd om voor te berei op die lang dae en nagte wat sal volg, is jou kind net nie meer daar nie, en ’n stukkie van jou gaan saam met hulle.

Ronel en Sybrand de Beer se lewe is in Julie 2017 omvergewerp toe hul oudste dogter, Lumé, skielik op 11-jarige ouderdom oorlede is. Nou, amper twee jaar later, het die paartjie en hul twee dogters besluit om hul dogter en sussie se lewe te vier en te onthou.

“Jy word gekonfronteer met ’n diep seer en vrae oor die lewe,” vertel Ronel openhartig in ’n onderhoud. “Daar is geen antwoorde nie, en al hierdie emosies en gevoelens is onwerklik,” sê sy. Dit was ook in hierdie tyd dat die familie baie meer oor hul dogter by skoolvriende uitgevind het.

Ronel het besluit om hierdie emosies vas te vang en só het die “Lecagy of Love”-blog begin.

“Dit het aanvanklik begin as ’n platform waar ek my ervaring as ouer kan deel, maar mettertyd het dit nie net gegroei in stories van geloof, hoop en liefde vir ons nie, maar ook vir ander ouers wat deur dieselfde trauma gaan,” sê sy.

Deur die eerste paar maande ná haar dogter se dood, het sy so baie by ander se soortgelyke verhale van verlies gebaat. “Ons kan by mekaar leer, ook in die donkerste van tye. Ek hoop ek kan dit vir ander ook doen,” sê Ronel.

Liefde vir die lewe

“Lumé was liefde en ons wil haar naam deur ons verhaal eerbiedig. Sy het ’n ongelooflike liefde vir die lewe gehad,” sê Ronel. Juis daarom speel 1 Korintiërs 13 so ’n belangrike rol op die platform. “Geloof, hoop en liefde, maar die sterkste hiervan is die liefde. Dit is waarop ons famlie nou daagliks fokus. Dit is ons mantra.”

Deur die blog het Ronel geleer dit help om te skryf oor jou eie verlies, pyn, hartseer en rou. “Om dit neer te pen, is terapeuties. ’n Mens vergeet die detail, die gedagtes, die emosies, die klein dingetjies wat gebeur. Daarom is dit belangrik om dit te dokumenteer sodat jyself later kan teruggaan daarna en herleef,” vertel sy.

Tot die kommentaar wat mense op ’n blog-inskrywing lewer, dien as ondersteuning. “Dit help so om ander mense te hoor, en sodoende weer met ander ouers in aanraking te kom wat dieselfde pad stap.”

Die gesin het ook geleer daar is nie ’n regte of verkeerde manier om te treur nie. Elkeen doen dit op sy eie manier.

Maar Legacy of Love is reeds soveel meer as net ’n blog. Volgens Ronel wou haar swaer verlede jaar aan die Desert Dash deelneem, “en hy wou graag tot Lumé se nagedagtenis ry. Toe skryf hulle ’n tweemanspan in.”

Sybrand het vanjaar besluit dat ander mense nie alleen vir hulle doel moet fietsry nie – hulle moet ook. “Ons het toe begin oefen vir die Nedbank Cycle Challenge en die idee vir die res van die jaar is om spanne te maak spesifiek vir Legacy of Love en aan kompetisies deel te neem,” sê Ronel.

Die ouerpaar beoog ook om die einde van die jaar die Desert Dash te trap.

“Ons ry nie net vir Lumé nie. Ons ry vir al die ander kinders wat ook gesterf het, en ons ry vir ouers wat met hierdie seer moet agterbly, wie se vrae nooit beantwoord word nie.”

En dit stop nie by fietsry nie. “Lumé was baie lief vir sport en ons moes dit iewers eerbiedig. Indien ondersteuners ’n Legacy of Love-span by sportkompetisies wil inskryf, is hulle welkom om ons vooraf te kontak en die nodige reëlings te tref. Dit hoef nie net fietsry te wees nie.”

Staan op

Hoewel die paartjie se eie seer hulle aangespoor het om hul dogter se gedagtenis te laat voortleef, is die pad vorentoe nie maklik nie. “Die dag wat jou kind sterf, voel vir jou ook soos die laaste dag van jou eie lewe, want hoe gaan jy verder sonder jou kind?” Sy het egter raad vir ouers wat dieselfde pad stap. “Weet net dat môre sal aanbreek en daar is nie ’n alternatief as om op te staan en verder te lewe nie.”

Volgens Ronel is die eerste besef dat jy vir ’n leeftyd gaan rou en dat niks hierdie pyn geheel en al gaan wegvat nie, maar dat jy soveel genade deur jou gebrokenheid ontvang. “Weet dat daar ander ouers op hierdie pad is. Die feit dat hulle dit kon doen, wys dat jy dit ook sal kan doen,” sê sy.

Sy voeg by dat ondersteuningsboeke hulle baie gehelp het.

“Dit is nie maklik nie, maar die lewe gaan aan. God sal saam met jou die pad stap. Hy sal jou vashou en nooit laat los nie. Hy is lief vir jou. Ons verstaan nie hoe die legkaartstukke inpas in Sy volmaakte plan nie, maar dit sal inpas in een van die mooiste prentjies wat ons brein nie verstaan nie,” troos sy.

Vir die familie is dit ook belangrik om nie die proses af te jaag nie. “Vat jou tyd, huil, treur, praat en doen wat jy moet vir jouself,” sê sy, en voeg by dat jy moet bly oefen. “Dit is iets wat ek drie maande ná Lumé se dood ophou doen het en ek het my gesondheid baie skade aangerig. Oefen is belangrik vir jou getraumatiseerde lyf en spiere, en dit help om stres te verminder.”

Vir meer inligting

Gaan lees gerus Legacy of Love en raak betrokke. Dalk leer jy self ’n les of twee of uit iemand anders se verhaal. En die familie is dit eens: Lumé sal nooit vergeet word nie.

Similar News

 

Vlinders vlieg hoog

6 days ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Beauty queens aim to uplift others

1 week ago - 11 August 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw The reigning Miss Teen Walvis Bay, Dominique Bouwer, and the first ever Miss Pre-Teen Walvis Bay, Malinda Bam, discussed...

Alles wat mooi is

2 weeks ago - 04 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel As die ekonomie begin knyp, dan doen jy wat jy kan om 'n ekstra geldjie te verdien. Só het dit gebeur...

Oom Basil plant dat die biesies bewe

3 weeks ago - 28 July 2019 | People

Gerine Hoff Oom Basil Paris is ’n pensioenaris van Rehoboth wat glo hy is die eerste Namibiër wat ’n pynappel geplant het wat nou ’n...

The heart of a champion

3 weeks ago - 28 July 2019 | People

Walvis Bay • Adolf Kaure At the tender age of 15, Delano Müller has conquered the world of martial arts.Müller, who is currently a grade...

Deur God geseën

1 month - 21 July 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Nadat 'n ma self ervaar het hoe vinnig babas uit hul klere groei, kon sy nie help om te wonder hoe...

'n Huis vol aapstreke

1 month - 14 July 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelMet 'n behoefte aan mooi en unieke uitrustings vir kinders, teen 'n bekostigbare prys, het een mamma 'n entrepreneur geword toe sy...

Get yourself a sleepin', walkin', livin' doll

1 month - 07 July 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw In what can very much be described in the words of Cliff Richard and The Young Ones 1959-hit, “Living...

Silently moving through the city

1 month - 07 July 2019 | People

Windhoek • Lisa Plank Axel Conrad slips the key into the ignition of his SUV and turns it on.You can't hear a thing.“The engine is...

Through his lens

1 month - 30 June 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel With no experience or any knowledge of photography, an entrepreneur began looking­ at life differently ­after developing his first set of...

Latest News

Thomas, Armas victorious

5 days ago - 18 August 2019 | Sports

Windhoek • Limba MupetamiThe electrifying 19th edition of the Old Mutual Victory was won by Reinhold Thomas and Alina Armas in the respective men and...

City of angels

6 days ago - 18 August 2019 | Society

Tanja Bause “More and more kids in Namibia are being orphaned daily and fewer people are taking care of them,” says Bettie Hoakhaos (52) of...

Ongos on the go

6 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

The groundbreaking ceremony for the N$ 4.3 billion housing project of the Ongos Valley took place in the capital this earlier this week. A total...

Residents and |Gôagoses at loggerheads

6 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

Residents of Duneside informal settlement in Rehoboth’s Block E said they want their Town Council and the Rehoboth Urban East Constituency office to bring basic...

Good possibility for rain

6 days ago - 18 August 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerFor many Namibians, especially farmers, there may be a small glimmer of hope. The strong El Niño phenomenon, which is one of...

Giving hope to the destitute

6 days ago - 18 August 2019 | Social Issues

Walvis Bay • Leandrea Louw The Promiseland Trust, established in Walvis Bay in 2009, feeds more than 2 500 children across the town every day.Founded...

Vlinders vlieg hoog

6 days ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Agriculture in harmony with nature

6 days ago - 18 August 2019 | Environment

“Sustainability so often has negative connotations,” says Fabian von Hase. He finds the term “ecological health” more fitting.“Sustainable means that we do less harm to...

Prickly intruders

6 days ago - 18 August 2019 | Environment

Windhoek • Theresa Lang Gunhild Voigts carries gardening tools with her wherever she goes. Peek in her car and you will find rakes, saws and...

Load More