Namibiër trap vir mediese studente

Die groep mediese studente beplan om N$100 000 in te samel om basiese noodsaaklikhede vir hul mede-studente in te samel.

03 December 2018 | Social Issues

'n Groep mediese studente van die Universiteit Stellenbosch onderneem tot 8 Desember 'n ambisieuse 902 km fietstoer vanaf Vioolsdrift aan die Namibiese grens tot by Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika.

Die projek is 'n inisiatief van Breda Reed, 'n Namibiër en derde jaar mediese student op die Tygerberg-kampus en vier van sy mede­studente.

“Ons wil ons vriende help om dokters te word. Ons dink nie dit is regverdig dat sommige studente uitval omdat hulle nie toegang tot basiese noodsaaklikhede het nie.”

Die groep bestaan uit mediese studente Breda Reed (Windhoek), Mias Marais (Ceres), Luke Titus (Worcester) en Christoff Greyling (Durbanville), en Wonderboy Nkosi (Nelspruit), 'n student in dieetkunde.

Die studente se doel is om N$100 000 in te samel en hulle doen 'n beroep op veral diegene in die mediese beroepe om by te dra tot 'n fonds om te verseker dat hul mede-mediese studente nie finansieel uitgesluit word nie.

Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier wat self 'n mediese agtergrond het, ondersteun die inisiatief ten volle en sal saam met die groep van Stellenbosch na Fransch-hoek ry.

De Villiers het vroeër vanjaar die Kaapstadse Fietstoer ­voltooi om fondse vir beurse in te samel.

“Dit is werklik bemoedigend om die passie en entoesiasme van ons ­personeel, studente en alumni te sien om studentesukses by die US te help verseker. Die passie ­waarmee hierdie jong mans iets wil doen om die uiters relevante kwessie van ­studente finansiële nood die hoof te bied, is inspirerend,” sê De Villiers.

Die groep het Vrydag vanaf die Tygerbergkampus tot op Vioolsdrift gereis van waar hulle gister tot op Springbok fiets gery het.

Vandag ry hulle tot op Garries, Maandag tot op Vanrynsdorp, Dinsdag tot op Citrusdal, Woensdag tot op Malmesbury en Donderdag vat hulle die pad tot by die Tygerbergkampus.

Op Vrydag 7 Desember ry hulle vanaf die ­Tygerbergkampus tot op Caledon (via Stellenbosch en Fransch-hoek) en op Saterdag 8 Desember ry hulle die laaste 110 km tot op Kaap Agulhas.

Die studente se vordering kan op die Hippocampus Facebook-blad gevolg word.

Similar News

 

Winter Knights come a-knocking

6 days ago - 15 April 2019 | Social Issues

The annual Round Table Namibia Area Winter Knights project takes place on 7 June at various intersection in Windhoek, Swakopmund and Walvis Bay. During these...

Klein dade, groot harte

6 days ago - 15 April 2019 | Social Issues

Toyota Indongo het verlede week in die vroeë oggendure gaan blikskud , alles ten bate van kanker. Die gesigte getuig dat 'n klein daad almal...

New kit for SRT rangers

2 weeks ago - 07 April 2019 | Social Issues

Cymot recently sponsored new workwear valued at around N$30 000 to Save the Rhino Trust Namibia rangers.The Save the Rhino Trust (SRT) operates in the...

A better future for the vulnerable

4 weeks ago - 24 March 2019 | Social Issues

Windhoek • Yolanda NelStatistics on how many Namibian children are at risk, is dire. As a result, a group of people decided that something needs...

Kersete vir die armes

4 months ago - 03 December 2018 | Social Issues

Yolanda Nel - Om goed te doen aan ander is nie net 'n opdrag nie, maar 'n voorreg. En dit is dié voorreg wat een...

Urgent action still needed to safeguard children in Namibia

4 months ago - 26 November 2018 | Social Issues

Ellanie Smit - Urgent action is necessary to address the challenges Namibia still faces to realise the rights and wellbeing of its children. In a...

Millions for cancer apples

5 months ago - 12 November 2018 | Social Issues

The excitement levels were contagious on Friday when it was announced that N$3 million was raised for the second consecutive year in the 2018 Bank...

Vision 2030 a pipedream?

5 months ago - 12 November 2018 | Social Issues

Yolanda Nel - With 12 years before Vision 2030 was set to change the lives of many Namibians currently living in extreme poverty, these goals...

Double payment for pensioners

5 months ago - 05 November 2018 | Social Issues

Recipients of old age and disability grants will receive their pay-outs for November and December in a once-off grant of N$2 500. The Ministry of...

Beds for the disabled

5 months ago - 05 November 2018 | Social Issues

The Ohorongo Otavi Community Trust (OOCT) and the ministry of health and social services (MOHSS) recently donated beds and mattresses worth N$90 000 to the...

Latest News

Klein dade, groot harte

6 days ago - 15 April 2019 | Social Issues

Toyota Indongo het verlede week in die vroeë oggendure gaan blikskud , alles ten bate van kanker. Die gesigte getuig dat 'n klein daad almal...

Staalperde in die wilde weste

6 days ago - 15 April 2019 | Events

Windhoek • Yolanda Nel Van 3 tot 5 Mei behoort die baan aan motorfietsentoesiaste, met die twee-jaarlikse Olifant-wedren op Gobabis wat 'n groot makietie beloof.“Die...

Only unoccupied structures to go

6 days ago - 15 April 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel The bid to remove illegal structures on municipal land only refers to unauthorised incomplete and unoccupied structures. In an effort to clear the...

Asbestos removal project under way

6 days ago - 15 April 2019 | Environment

Arandis • Leandrea Louw The Walvis Bay municipal council accepted a proposal by Adcon CC to rehabilitate the hazardous waste site and create more space...

The gentleman netball coach

6 days ago - 15 April 2019 | People

Walvis Bay • Adolf Kaure Bobsey Kanku Musambani whose coaching has transformed netball at the coast since his introduction to the sport, was born in...

Social entrepreneurs making their mark

6 days ago - 15 April 2019 | Education

The Red Bull Amaphiko Connect 2019 event took place at the end of March at a warehouse in Windhoek's northern industrial with more than 30...

Say it!

6 days ago - 15 April 2019 | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say. Riverside avenue in Swakop which describes exactly where it is,...

Events calendar

6 days ago - 15 April 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Follow the hidden magic, an exhibition by Anja Nowack, can be viewed at El Barrio in Windhoek until 17 April.• On the Brink,...

Go forth and save!

6 days ago - 15 April 2019 | Banking

Many graduates can benefit by adopting good money management principles early in their careers to ensure a stable and stress free financial future. “Whether you...

Load More