Met 'n tikkie sout

08 December 2018 | Columns

Almal weet gewoonlik baie meer as jy. Hoe weet ek dit? Want hulle vertel my elke kans wat hulle kan, dat dit waarmee ek besig is, die verkeerde manier is.

Ek en die knaap het so ruk terug uitgevind ons gaan ouers word. En hoewel ons geweldig opgewonde is oor die nuus, sal ek erken ek het al 'n paar keer gehoop dat dit 'n hondjie is.

Ons het asem opgehou vir diegene wat van beter weet. Die beste raad, natuurlik, is van mans.

“Het jy sooibrand?” vra iemand. “Iets ongelooflik,” antwoord ek. “Dan is dit 'n seuntjie,” of, “die kind gaan 'n bos hare hê”, en “dan gaan jou kind rooi hare hê”.

Dit was nog altyd my grootste wens, rooikop kinders. My neef het my voorgespring met twee rooikop latte, so dat ek skoon jaloers was. En sy vrou? Die het nie een enkele dag sooibrand gehad nie.

“Kyk waar lê die baba op die sonarfoto's,” sê iemand. Links is vir seuntjies en regs vir dogtertjies. “Die bene op die foto is toe, dan is dit 'n dogtertjie, hulle is mos maar skaam,” vertel 'n kollega.

“Jy is seker nie baie naar nie?” Ek wens ek kon saamstem. Maar meeste van my pregnancy glow is eintlik net sweet wat teen my voorkop vorm, want as ek 'n badkamer gewaar kan ek maar begin hardloop.

Net nou die dag toe is die huis te ver van die kantoor en ek moes noodgedwonge van die pad aftrek en die naaste plek was 'n tannie se tuin.

“Jy mag nie jou bene kruis nie en jy mag nie jou hande te hoog bo jou kop hou nie.” Hierdie is my gunsteling.

Daarom het ek drie keer 'n week verskeie familielede en vriendinne wat my wasgoed vir my kom doen, want die draad is te hoog en die mandjie te swaar.

“Oe nee,” sê iemand, “swanger vroue mag nie suurlemoen eet nie, ook nie koue vleis nie, geen spek nie, sekere vrugte moet vermy word en koffie moet jy ten alle koste uitskakel.”

Dus het ek ook nou 'n persoonlike sjef wat etes vir ons voorberei. Al wat ek moet doen is om dit in die mikrogolf te sit (wat ek gehoor het is ook nie goed vir my nie).

Ek het natuurlik die goue reël eerste verbreek en my hare gekleur. Oranje, pienk, blou, groen en so ietwat van 'n pers skynsel.

“Wat van as jou kind met sulke hare gebore word?” vra iemand, effe vererg.

“Wel dan gaan ek binnekort in die nuus wees en dit nie net skryf nie,” antwoord ek.

“Weet jy wat jy kry?” wil iemand nou die dag weet. “Ja, natuurlik,” antwoord ek en die vrou kyk met soveel opwagting na my ek dink haar kop gaan bars. “'n Baba,” was (weer eens) nie die regte antwoord nie.

En terwyl die soveelste persoon vir die hoeveelste keer dieselfde “raad” gee, stem almal oor een ding saam, “jy mag maar so elke dan en wan 'n klein glasie wyn geniet”.

En dis dan wat jy besef, jy vat alles maar met 'n knippie sout. Jy ken mos jou eie lyf.

Similar News

 

Body goals

19 hours ago | Columns

Adolf KaureThe Holy Bible says that our bodies are the temples of the Holy Spirit and that automatically gives everyone an obligation to take care...

Kom ons gesels oor aborsie

1 week ago - 10 February 2019 | Columns

Yolanda Nel • Windhoek Op 25 Januarie maak die joernalis Elsabé Brits haar stem dik. “Aborsie is nie die grootste misdaad van ons tyd...

A healthy body and mind

1 week ago - 04 February 2019 | Columns

Leandrea LouwJanuWorry is finally done and I believe many of us have listed ‘eat healthier’, ‘lose weight’ or ‘start exercising’ as one of our New...

Weer 'n student

3 weeks ago - 27 January 2019 | Columns

Yolanda Nel - Dis al 'n jaar sedert ek my meesters ingehandig het en vir 'n wyle het ek op ander heerlike dinge van die...

Our daily commute

4 weeks ago - 20 January 2019 | Columns

Julienne van RooyenOne of the first things I realised once the holidays were over, is that our daily commute has started again. This is such...

As die meerminne verdwyn

2 months ago - 17 December 2018 | Columns

Yolanda Nel - “Hardloop die see in met jou jeans aan, kyk uit vir 'n meermin en deel in gesprekke oor al die mooi plekke...

Alles met 'n knippie sout

2 months ago - 10 December 2018 | Columns

Yolanda Nel - Almal weet gewoonlik baie meer as jy. Hoe weet ek dit? Want hulle vertel my elke kans wat hulle kan, dat dit...

The miracle of Wilbur

2 months ago - 19 November 2018 | Columns

Yanna Smith There was no way I knew how much 10 January 2017 would change my life. That was the day I rescued a calf,...

Ek groet jou Lindie

3 months ago - 12 November 2018 | Columns

Yolanda Nel - Wanneer jy iemand groet, dink jy mos nie dis die laaste keer wat jy daardie persoon gaan sien nie. Ek groet jou...

The world of weird news

3 months ago - 05 November 2018 | Columns

In the newsroom we're confronted by a variety of stories every day. Some heart-wrenching, some uplifting, and some downright weird.Earlier this year I wrote a...

Latest News

Rare diseases in the spotlight

19 hours ago | Health

Yolanda NelA rare disease medical seminar takes place in Windhoek on 28 February to raise awareness amongst those affected by it.According to Bianca Özcan of...

Vier fees ­vir droogtehulp

19 hours ago | Events

Yolanda Nel“Ons probeer om die mense wat elke dag kos op ons tafels sit, te help.”Juis daarom het 'n groep mense besluit om 'n insameling...

Pas op vir dié skelmstreke

19 hours ago | Crime

Yolanda Nel - Kleinsake-eienaars waarsku hul kliënte teen ’n foefie waarmee hulle gevra word om vir ’n diens of produk te betaal waarvan die entrepreneur...

Done and dusted

19 hours ago | People

Windhoek • Yolanda NelWhat began as maintaining his own guitar collection, has become both a passion and a hobby when he has a moment to...

Orchestras that play together, stay...

19 hours ago | Education

When more than 120 young musicians and their teachers rehearse for a week and let their musical skills run wild, the outcome is certainly something...

Maltas rock in the USA

19 hours ago | Education

The Maltas Club Namibia recently travelled to the USA to undertake an experiential learning trip. The purpose was threefold: to learn more about American culture,...

Big bucks for top students

19 hours ago | Education

Standard Bank Namibia handed over N$302 000 to the three best performing learners in each of the country's 14 regions who sat for last November's...

Body goals

19 hours ago | Columns

Adolf KaureThe Holy Bible says that our bodies are the temples of the Holy Spirit and that automatically gives everyone an obligation to take care...

Conservation snapshot

19 hours ago | Environment

On Tuesday (19 February), Peter Bridgeford launches the book Conservation Pioneers in Namibia and stories by Game Rangers at the Scientific Society.This book of personal...

Load More