Nie net sommer ‘airbrushing’ nie

14 November 2019 | People

Yolanda Nel

Ezville Husselman van Rehoboth kom uit ’n kunstige familie en nou het sy stokperdjie ’n volwaardige besigheid geword.
Ezville is op Rehoboth bekend vir sy verfspuitdienste ná hy in 2014 met hierdie kunstige stokperdjie begin het. “Ek het eendag ’n aanlynvideo gesien van motors wat kunstig versier is en het onmiddellik daarin begin belangstel,” vertel hy.
Hy wou weet hoe doen mens dit en het begin navorsing doen. “Daar en dan het ek besluit dís wat ek wil doen en die passie was gelukkig van die begin af daar.”
Maar met die presiesheid wat hierdie tipe kuns verg, het jy baie geduld, beplanning, harde werk en lang ure nodig. “Jy moet ook die kennis hê om te weet hoe sterk die wind moet wees, hoe dun die verf moet wees en natuurlik hoe om die spuitkan te hanteer,” erken hy. Volgens Ezville moet jy baie oefen en baie netjies wees om ’n ordentlike diens te lewer.
Reeds as tiener het hy besef hy kan baie mooi teken. In sy familie is daar ook baie kunstenaars, wat teken en ook sing. “Ek is só passievol oor kuns dat ek toe sommer met ’n kunstenaar getroud is! Charlene is vir my ’n groot inspirasie.”
Behalwe sy eggenote, word hy ook geïnspireer deur sy familie en die natuur. “Ek hoop my twee dogters kan eendag hierdie kuns waardeer,” sê hy.
Die feit dat hy iets uit niks skep is vir hom die mees bevredigende aspek van sy werk. Hy is veral trots op die kunswerk wat hy op ’n BMW aangebring het. “Ek het die karakter John Snow van Game of Thrones nageboots,” sê hy trots. Dit was vir hom heerlik om ’n kunswerk op die motor te skep.
Besoek gerus sy Facebook-blad by Ezville Spray Painting and Airbrushing om van sy werke te sien.

Similar News

 

Big smiles from Godfried

2 weeks ago - 19 November 2019 | People

Two years have passed since Godfried Siwombe arrived at the Hollard office with hope in his eyes. He was only 7 years old when he...

Bederf ’n boervrou

1 month - 16 October 2019 | People

Yolanda NelMiljoene dollar is reeds ingesamel om boere regoor die land by te staan gedurende die droogte wat honderde moedeloos laat. En nou is dit...

Die verhaal van Mamma Afrikaner

1 month - 14 October 2019 | People

Yolanda Nel Die eens kleurvolle gebou in Dolam, Katutura, kort dalk bietjie aandag maar binne skyn die harte van die mense helder. Moria Grace is...

Welkom terug, dr. Glen-Spyron!

2 months ago - 17 September 2019 | People

Windhoek • Gerine Hoff Vir die eerste keer in baie jare beskik Windhoek, en die land, oor ’n periodontis van ons eie met dr. Olivin...

Edgy young designer dreams big

3 months ago - 03 September 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelWith a passion for fashion, this young designer is the talk of the town thanks to his extravagant, colourful outfits.Simeone Johannes has...

Changing faces at CAN

3 months ago - 25 August 2019 | People

There’s been some moving and shaking at the Cancer Association of Namibia, with two new staff members that recently joined the organisation.Sister Aina Nghitongo is...

Namibia's own Stevie Wonder

3 months ago - 25 August 2019 | People

Tanja Bause “My biggest dream in life is to be a radio presenter. I want to tell people stories and entertain them,” says Harry Rheeder...

Chasing dreams

3 months ago - 25 August 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw Soulful vocalist Vernice Plaatje (26) recently returned to Walvis Bay after a three-year internship at Hillsong South Africa. She...

Yes, yes, Yessonia!

3 months ago - 25 August 2019 | People

Swakopmund • Adolf KaureSwakopmund-born Sonia Shalukeni (31) aka Yessonia, is really making waves in the local music industry following the release of her latest singles.Yessonia...

Vlinders vlieg hoog

3 months ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Latest News

New development in Kleine Kuppe

17 hours ago | Infrastructure

At the ground breaking ceremony of a new development in the Kleine Kuppe, Windhoek City Council member Paulus Immanuel called on developers and financiers to...

Bags full of joy

1 day - 05 December 2019 | Society

This festive season Nedbank Namibia staff members are giving back to the less fortunate by supporting the Swakopmund Junior Town Council, to spread joy amongst...

CCSO projects end on a...

1 day - 05 December 2019 | Education

Earlier today the European Union (EU) and Konrad Adenauer Foundation (KAS) held an end of project event in Windhoek to celebrate the successes and achievements...

Get your house Christmas ready

1 day - 05 December 2019 | Art and Entertainment

December is here, which means that if you have yet to put up your Christmas decorations, then you’re already behind!But, despite the Christmas stockings, Santa...

Chill with Windhoek Express

2 days ago - 04 December 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Atelier 7881 presents a monochrome exhibition with paintings, sketches and collages by Marcii Magson at 10 Oranje Street in Windhoek until 5 December....

What’s hot and happening at...

2 days ago - 04 December 2019 | Art and Entertainment

Bank Windhoek hosts the annual Summer Festival for visitors to the coast from Friday 6 December until Saturday 21 December, featuring loads of entertainment and...

New partnership broadens Gondwana horizons

2 days ago - 04 December 2019 | Business

The Gondwana Collection has entered into its first marketing partnership with the European hotelgroup, Romantik, which includes 200 hotels and 250 restaurants in nine European...

Dancing their way to N$30 000!

2 days ago - 04 December 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel The fourth Kongoma dance festival is almost at its end, with the final taking place on Saturday at theSam Nujoma stadium.According to organiser...

Ghetto dreams are gold

3 days ago - 03 December 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] hip-hop artist Paulus Kavindji (23), better known as Yung Kavin, has just released his second studio album, Ghetto Hero.Talking to this publication,...

Load More