Nog huise kom vir Otjomuise

Terwyl munisipale dienste vir jare steeds nie in ‘n uitbreiding gekoppel kon word is nie, is nog ‘n ontwikkeling reeds aan die gang.

24 March 2019 | Infrastructure

Windhoek • Yolanda Nel

Terwyl honderde huise in Otjomuise uitbreiding 10 nog steeds leeg staan ná dit gebou is in die hoop om die behuisingsnood te verminder, het nog ’n bouprojek in die area reeds begin.

Die regering het in 2013 die implementering van die massabehuisings-ontwikkelingsprogram (MHDP) goedgekeur waarna plaaslike owerhede genader is om grond beskikbaar te stel om dié huise op te rig in ’n projek wat uit twee dele bestaan het. Huise wat deur die MHDP gefinansier is, sou op grond opgerig word wat reeds oor munisipale dienste beskik, terwyl die ontwikkeling van infrastruktuur en die konstruksie van huise op die oorblywende grond alleenlik deur ’n privaat ontwikkelaar gefinansier sou word.

Volgens ’n verklaring van die minsterie van stedelike en landelike ontwikkeling (MURD), was die uitbreiding bestem vir enkel residensiële ontwikkeling. Tog het die voorstel vir meer huise en vir ’n wyer verskeidenheid behuisingsopsies voorsiening gemaak. Die gevolg was egter dat munisipale dienste nie aan alle eenhede verskaf sou kon word nie.

“Die woonbuurt moet eers herproklameer word, waarna die munisipale dienste vir digter behuising aangepas moet word en aan die wooneenhede gekoppel moet word,” lui die verklaring.

Huise onbewoon

Republikein het vroeër hierdie week berig dat onder normale omstandighede word munisipale dienste aangelê vóór huise gebou word. “Enkelbehuising is vir Otjomuise uitbreiding 10 beplan, maar die aanvaarde voorstel sluit enkel wooneenhede asook woonstelverdieping-eenhede in, en in totaal méér eenhede as wat aanvanklik gebou sou word. Die bestaande munisipale dienste was nie hiervoor ontwerp nie,” lui die berig.

Volgens ’n verklaring is die ontwikkeling in Junie 2015 gestaak nog voor ’n kontrakteur in 2016 onder ’n nuwe ooreenkoms met die regering aangestel is om voort te gaan om 362 halfgeboude wooneenhede te voltooi. Dit sou na verwagting teen Desember 2017 gereed wees, onderhewig aan die voltooiing van planne vir die woonbuurt en die aanpassing van munisipale dienste.

Ten spyte van probleme wat reeds in die area ervaar word, is nog ’n ontwikkeling tans in dieselfde gebied aan die gang. Die eerste fase van dié nuwe ontwikkeling van Calgro Kuumba Planning & Design, het reeds op 1 Maart begin en bestaan uit 142 huise.

Volgens ’n kennisgewing in die media die afgelope week, het die tweede fase reeds op 16 Maart begin en bestaan dit uit 120 huise.

Die maatskappy het ’n ooreenkoms met die MURD aangegaan om sowat 3 800 huise binne die volgende vyf jaar in Otjomouise uitbreiding 10 op te rig. “Die eerste voltooide huise sal na verwagting teen Desember 2019 aan die eienaars oorhandig word,” lui die kennisgewing.

Vrae aan die Windhoek stadsraad oor hoekom die tweede projek goedgekeur is terwyl probleme met die eerste projek steeds onopgelos is, is nie teen druktyd beantwoord nie.

Similar News

 

Open streets planned for October

3 days ago - 11 September 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel With the average vehicle growth rate in the capital at 3% per annum, the City of Windhoek (CoW) plans to launch an open...

Road works near completion

4 days ago - 10 September 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel The first phase of the N$790 million Windhoek – Hosea Kutako International airport road is 80% complete, with the new and revised completion...

OKH-pad 'loop oor 300 huise'

3 weeks ago - 25 August 2019 | Infrastructure

Okahandja • Yanna Smith Inwoners van Vergenoeg, 'n onwettige nedersetting aan die westelike buitewyke van Okahandja, het verlede Saterdag 'n gemeenskapsvergadering gehou om te gesels...

Ongos on the go

4 weeks ago - 18 August 2019 | Infrastructure

The groundbreaking ceremony for the N$ 4.3 billion housing project of the Ongos Valley took place in the capital this earlier this week. A total...

Residents and |Gôagoses at loggerheads

4 weeks ago - 18 August 2019 | Infrastructure

Residents of Duneside informal settlement in Rehoboth’s Block E said they want their Town Council and the Rehoboth Urban East Constituency office to bring basic...

N$870m government park planned for Swakop

1 month - 04 August 2019 | Infrastructure

Swakopmund • Otis FinckThe construction of a four-storey office park to accommodate the Erongo regional council (ERC), nine line ministries and an estimated 410 employees...

Reho-begraafplaas spog met nuwe baadjie

1 month - 28 July 2019 | Infrastructure

Die Rehoboth Begraafplaas Ontwikkelingsforum het vroeër hierdie week die opgeknapte begraafplaas aan die dorpsraad (RTC) oorhandig, twee jaar ná opknappings begin is met skenkings­ deur...

Oil refinery in the pipeline

2 months ago - 07 July 2019 | Infrastructure

Walvis Bay • Otis Finck Clasox Petroleum has applied to acquire 10 ha of land behind Dune 7 at Farm 58 for...

Air Nam back in the skies

2 months ago - 30 June 2019 | Infrastructure

Air Namibia announced that the frequency of some flights that were suspended earlier this month, have been restored. This development came about thanks to one...

Small plant, big impact

2 months ago - 30 June 2019 | Infrastructure

Windhoek • Clemens von Alten Without adequate energy, sustainable development is impossible – a huge challenge in a large, sparsely populated country like Namibia. Nevertheless,...

Latest News

Lewcor buys Elizabeth Bay Mine

2 days ago - 12 September 2019 | Business

Namdeb today announced that it sold its Elizabeth Bay Mine and associated marine assets as a going concern to a member of the Lewcor Group,...

New owner for Bytes Technology

2 days ago - 12 September 2019 | Business

Altron Rest of Africa (Altron ROA), a division of JSE-listed technology company Altron, announced the sale of a minority stake in its subsidiary, Bytes Technology...

Hey millennials, listen up!

2 days ago - 12 September 2019 | Economics

About 30 years ago, purchasing property was a no-brainer. However, millennials have been taught to question everything, including whether real estate is the best investment...

This boy is on fire

2 days ago - 12 September 2019 | Sports

Yolanda Nel With two older brothers that are well-known in the spinning community, it is no wonder their younger brother is following in their footsteps....

Going for gold

2 days ago - 12 September 2019 | Banking

Last night, Bank Windhoek launched their Selekt Gold offering with the aim of providing the market with a relevant, holistic financial solution.The Selekt Gold offering...

Barok uit die boonste rakke

2 days ago - 12 September 2019 | Art and Entertainment

’n Orrelkonsert met die musiek van Bach, Handel en Corelli is Vrydag, 27 September in die Christuskirche te hoor, wanneer die Suid-Afrikaanse konsertorrelis en vakkundige...

The world is your (shopping)...

3 days ago - 11 September 2019 | Business

After introducing the DHL Africa eShop app in April this year, it is now also available in Namibia.Since its launch, the app has seen its...

Think pink!

3 days ago - 11 September 2019 | Health

Breast and cervical cancers remain a serious concern in Namibia, with 2 474 cases of breast cancer that have been reported to the National Cancer...

Commemorate together

3 days ago - 11 September 2019 | Health

World Lymphoma Awareness Day is commemorated on 15 September every year and is dedicated to raising awareness of lymphoma, an increasingly common form of cancer....

Load More