Nuwe asem vir Honda se WR-V

25 January 2021 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz

Honda het sy pragtige WR-V laat verlede jaar in Suider-Afrika bekendgestel met twee modelle, naamlik die intreevlak Comfort en ’n luukser Elegance weergawe. Slegs een enjin – die 1.2 liter petrol – is beskikbaar.
In weerwil van die handige 177mm grondvryhoogte, is dié kompakte nutsvoertuig in wese ’n stoftrapper en kompeteer plaaslik onder andere met die Mahindra XUV 300, Ford EcoSport, Renault Captur, Suzuki Vitara en Hyundai Venue.
Die nuweling, wat ’n platform deel met die Honda Jazz en BR-V, voltooi Honda se reeks aktiwiteitsvoertuie saam met die BR-V, HR-V en CR-V.
Uiterlik is dit duidelik dat die WR-V tipies Honda is, met herkenbare stileringeienskappe by die LED hoofligte en C-vormige agterligte wat ook by ander Honda modelle gebruik word.
Met ’n aggressiewe en prominente voorkant, interessante agterklap-ontwerp, 16”-sierwiele en dakrelings, vertoon die WR-V sportief en modern.
Die kajuit van die WR-V in die Elegance is goed afgewerk en baie goed toegerus in terme van standaard toerusting. Die materiale en bougehalte, soos met meeste van die duurder modelle in die Honda modelreeks, vertoon van hoë gehalte en voel baie goed vir motors in hierdie prysklas. Selfs die oppervlaktes wat met harder plastiek afgewerk is, lyk smaakvol.
Die kajuit bied gemaklik sitplek vir 4 to 5 volwassenes en selfs vir die 6-voet plussers soos ek, was die kop-, skouer- en beenruimte indrukwekkend vir motors in hierdie segment.
Die Elegance is goed toegerus en bied onder andere standaard toerusting soos ’n 7”-raakskerm vir die klank-, kommunikasie en inligtingstelsel. Die klankstelsel sluit ses luidsprekers in en kan jou gunsteling musiek via Bluetooth™ deur middel van Android Auto en Apple CarPlay speel. Die stelsel verbind ook telefoonskakeling en satelietnavigasie maklik met die raakskerm. Ook die tru-kamera beelde word in hoë definisie beelde vertoon.
Verder is elektries verstelbare kantspieëls, outomatiese lugversorging, verstelbare multifunksie stuurwiel, spoedbeheer asook sleutellose toegang en aansit ook ingesluit as standaard funksies.
Passiewe en aktiewe veiligheidstelsels is by beide die WR-V modelle verteenwoordig met 6 lugsakke, ABS met EBD en remhulp.

‘Magic seat’
Waar die nuweling egter die meeste imponeer is met die gebruik van dieselfde “Magic Seat”-stelsel wat soortgelyk is aan wat in die Honda Jazz te vinde is.
Hierdie innoverende, gebruikersvriendelike en uiters praktiese manier om die agterste ry sitplekke, wat met ’n 60/40 platvou opsie in verskeie posisies kan platvou om op die vloer weg te stoor, bly indrukwekkend. Volgens Honda bied die laairuimte 363 liter pakplek met die sitplekke regop, wat tot 881 liter vergroot met die sitplekke platgevou.
Honda bly eenvoudig die leiers in slim, praktiese verpakking van hulle motors se kajuitruimtes.
Die WR-V is ’n oulike motortjie, maar die 1.2-liter petrol enjin sou kon doen met turbo-aanjaging. Hier by ons teen kusvlak is dit nog aanvaarbaar en minder opmerklik, maar aan die Gautengse Hoëveld gaan die klein oondjie wat 66kW en 110Nm se piekkragte lewer, na my mening asmaties raak wanneer daar vier volwasse passasiers gelaai is.
Aandrywing na die pad is deur die voorwiele met behulp van ’n juweel van ’n 5-spoed handratkas met lieflike kort oorgooie en gladde skakelings.
Honda se amptelike brandstof verbruik word aangegee as 6.4l/100km in ’n gekombineerde siklus van stad- en ooppadry.
Tydens die bekendstellingsrit in die topmodel was ons beïndruk met die paddinamika en hantering van die buksie. Ook die relatiewe stil kajuit teen togsnelhede is noemenswaardig. Die pragtige Boland se kronkelpaaie het stuurgevoel en goeie balans deur draaie bevestig, terwyl die 3 silinderenjintjie heel gewillig was om effe aangestoot te word. Lang opdraendes mag dalk hoër bo seespieël ’n probleem wees, maar hier in die Weskaap sou ons selfs onder die Coravirus-pes kon uitjaag as dit daardie tyd ’n bedreiging was.
Die Honda WR-V is goed geprys in sy segment en word verkoop met ’n 5-jaar/200 000km waarborg, 4-jaar/60 000km diensplan en 3-jaar AA-padbystanddiens by die prys ingesluit.

Similar News

 

2020 Hilux Legend: Die beste nou selfs beter!

3 months ago - 18 November 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie Toyota Hilux is na meer as 50 jaar in Suider-Afrika die mees suksesvolle voertuigverkoper nóg.Ten spyte van die Covid-19-pandemie en gepaardgaande...

Statig, stylvol en subliem – Audi se A7 Sportback

4 months ago - 02 November 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzUit die Duitse drie is Audi meestal die skaam slimkind. Histories altyd in die skadu van Mercedes se status as weelde ikoon,...

Ford Everest 2.0 Bi-turbo 4x4 XLT

5 months ago - 21 September 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzIn Namibië, soos grootliks in die res van die wêreld, is sportnutsvoertuie die eerste keuse van meeste motorkopers. Terwyl die wêreldekonomie krimp,...

Longer term to pay off your wheels

5 months ago - 14 September 2020 | Motors

The ministry of industrialisation and trade (MIT) has amended the Credit Agreement Regulations to extend the period of payment for motor vehicles from 54 months...

The Beast hits Namibian soil

8 months ago - 29 June 2020 | Motors

In spite of the havoc that the coronavirus has created, Auas Motors now debuts the first Isuzu D-Max Arctic AT35 in Namibia.The limited edition 3-litre...

Nuwe Toyota Corolla – die staatmaker nou nóg beter

9 months ago - 01 June 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie wêreld sonder ’n Toyota Corolla is omtrent soos ’n leefstyl sonder rugby en braaivleis – dit is nou in ’n Suid-Afrikaanse...

Isuzu brei D-Max 250 reeks met outokaste uit

11 months ago - 13 March 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Toe General Motors – wat Isuzu bakkies plaaslik versprei het – in 2017 uit SA onttrek, was Isuzu-eienaars bekommerd dat die...

Making its mark in Namibia

1 year - 02 March 2020 | Motors

Nors is a Portuguese group whose vision is to be a world leader in transport solutions, and construction and agricultural equipment. In Africa, the Nors...

Renault verras met bekostigbare Triber

1 year - 28 February 2020 | Motors

Durban • Dirk GallowitzDit bly effe van ’n goëlbal – dis nou daai aflewering wat jou só tref dat jy wonder waar het jy dit...

Cars need speed control devices – NUDO

1 year - 28 February 2020 | Motors

Acting secretary general of the National Unity Democratic Organisation (NUDO) Youth League, Veparura Kandirikirira wants speed limiting and emergency braking technologies fitted in all cars...

Latest News

Driving innovation

5th of March 08:36 | Education

Applications are open for Falling Walls Lab Namibia, for which talented students, early career professionals, entrepreneurs and academics from all disciplines are invited to apply...

Security company sued for shooting...

5th of March 08:24 | Justice

Windhoek • [email protected] High Court judge this week gave the greenlight for a lawsuit to continue in which two shooting victims are suing Shilimela Security...

Chill with Windhoek Express

11 hours ago | Art and Entertainment

Recurring events• 07:00 Bio-Markt / Green Market at the Stephanus Church (Dr Kenneth Kaunda Street) in Windhoek until 12:00.• 08:30 The weekly Inspire Market features...

Shoozi wins first round in...

16 hours ago | Sports

The first tournament in Nedbank for Autism Series 2021 took place at the Omeya Golf Club recently, with excited spectators who got to witness golf...

Marketing your home in the...

16 hours ago | Life Style

The ongoing threat of Covid-19 means that our lives have become increasingly digital. Now more than ever, sellers will need to ensure that their listing...

Win with Agribank’s selfie competition!

16 hours ago | Society

Hileni Namwandi (26) of Omuntele in the Oshikoto region won a N$10 000 voucher in Agribank’s first round of their women and youth loan scheme...

Expand our school, Dordabis parents...

18 hours ago | Education

Parents at Dordabis are calling for the expansion of the local school to beyond grade 7 level to make education more accessible for children at...

Sioka in hot water over...

18 hours ago | Youth

Windhoek • [email protected] clock is ticking for child welfare minister Doreen Sioka who has less than a month left to present a detailed action plan...

Youth discuss youthful matters

19 hours ago | Events

After conducting a pre-week engagement to gauge challenges facing the youth of the Mix Informal Settlement, the #BeFree Movement hosted its Battle of the Sexes...

Load More