Nuwe Toyota Corolla – die staatmaker nou nóg beter

01 June 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz
Die wêreld sonder ’n Toyota Corolla is omtrent soos ’n leefstyl sonder rugby en braaivleis – dit is nou in ’n Suid-Afrikaanse konteks. Meeste Corolla-eienaars kan hul nie indink aan ’n lewe sonder hul getroue Corolla nie.
Toyota het die Corolla in 1966 bekendgestel en die model het sedertdien wêreldwyd gegroei tot ’n huishoudelike naam.
Met die nuwe Toyota Corolla, nou reeds die 12de generasie van hierdie legende in gesinsmotors, het Toyota ’n nuwe ontwerprigting gekombineer met die suksesvehaal wat geskryf is oor meer as ’n halwe eeu waar verkope 45 miljoen Corollas oorskry het.

Ontwerp en voorkoms
Die nuweling het dieselfde voorkant-ontwerp as die luikrug wat verlede jaar bekendgestel is.
Die pylvormige LED-hoofligte met dagryliggies geïntegreer, wys na die sentraal gemonteerde Toyota-embleem in die sierrooster en trek onmiddellik aandag. Die nuweling, soos die luikrug, vertoon modern en portief danksy ’n kort daklyn en skuins C-pilaar. Die agterste buffer dra by tot die aggressiewe voorkoms met geïntegreerde vinne om die lugvloei van die wielboë te kanaliseer.
Drie modelle is beskikbaar met twee afwerkingsvlakke naamlik XS en XR, waar die XR as die vlagskipmodel dien. Die XR word eksklusief met die nuwe 2.0 liter enjin toegerus en bied ’n keuse van 'n 6-spoed handratkas of 10-gang CVT.
Die 1.8L XS model is die intreemodel en kom standaard met 16” allooiwiele en 205-55-R16 bande.
Daarteenoor ry die XR modelle op stylvolle 18” allooiwiele met ’n nuwe "turbiene"-ontwerp en 225-40-R18 bande.

Kajuit en toerusting
Die nuwe Corolla se kajuit bied ’n soortgelyke uitleg en ontwerp as die luikrug met ’n ergonomies praktiese uitleg en moderne stilering.
Afwerking is met materiale van gehalte, terwyl harde plastiekoppervlaktes nou grootliks met ’n sagte oppervlaktes vervang is, terwyl dowwe aluminium afwerkingstroke die moderne gevoel in die kajuit beklemtoon.
Die sedan bied ook blou kontrasterende stiksels wat goed kombineer met die blou agtergrond beligting rondom die skakelaars en in die instrumentepaneel.
’n Nuwe ontwerp vir die skottelvormige voorste sitplekke, beklee in ’n moderne sintetiese materiaal genaamd "RezatecTM", sorg vir ’n luukse gevoel. Die luukser XR model bied kopers ’n keuse van sportiewe blou of klassieke grys afwerking.
Met Apple CarPlay, Android Auto en ’n volkleur raakskerm (4,2" in die Xs en 7" in die XR modelle) is kommunikasie, rit- en voertuiginligting asook die klankstelsel, maklik toeganklik. Klimaatbeheer met 'n "Eco"-opsie, tru-kamera, elektriese vensters, sleutellose toegang asook elektriese verstelling vir die voorsitplekke, sorg dat daar heelwat geriefies vir insittendes is.
Die bestuurder sal ook die multifunksionele stuurwiel met skakelaars vir meeste geriefsfunksies gemaklik vind. Die stuurwiel kan op en af, sowel as teleskopies verstel word.
XR modelle bied boonop 'n truspieël wat outomaties verdof.

Rit en paddinamika
Die nuwe Corolla beskik oor 'n bewese voorste veerstelsel wat van MacPherson strutte voorsien is, terwyl 'n veelskakelstelsel agter ingespan word. Nuut ontwerpte en spesifiek gespesifiseerde skokbrekers voor en agter word gebruik. Hierdie skokbrekers beskik oor nuwe kleptegnologie en word, tesame met doelgeboude kronkelvere, ingespan wat spesifiek ontwerp is sodat die reaksies maksimaal reageer, ten einde die beste terugvoer van die stuurstelsel te kry wanneer die Corolla teen middelmatige tot hoëspoed deur draaie gelooi word.
Die resultaat is vinniger reaksies van die skokbrekers sodat die oordrag van skokke vanaf slegte padoppervlaktes, gouer te minimaliseer vir 'n sagter rit. Uiteraard is die algehele resultaat beter hantering en stabiliteit asook 'n geriefliker rit.
Die Corolla se GA-C platform is spesifiek ontwerp om ratkasvibrasies te onderdruk. Tesame met die mildelike gebruik van hitte- en geraas-isolerende materiale in die enjinkompartement, word die instrumentepaneel van die nuwe Corolla ook uit drie lae isolerende materiaal vervaardig om enjin- en ratkasklanke asook vibrasies te minimaliseer. Alles sodat die kajuit so stil moontlik kan wees tydens 'n rit.

Enjin en kraglewering
Toyota SA het die nuwe Corolla aanvanklik net met twee enjinopsies beskikbaar gestel. ’n Normaal geaspireerde 1.8-liter petrolenjin is net so oorgedra van die vorige model. Die enjin lewer 103kW en 171Nm en is gekoppel aan 'n 7-gang "Shiftmatic" CVT ratkas wat met sewe vooraf-geprogrammeerde "ratte" krag na die voorwiele oordra.
Die tweede kragbron is 'n nuwe toevoeging, naamlik 'n 2.0-liter "Dynamic Force" TNGA enjin soos wat in die RAV4 beskikbaar is en in die nuwe Corolla groot klem plaas op brandstofbesparing. Ook sonder turbokrag lewer hierdie petrolenjin 125kW en 200Nm wat krag na die voorwiele dryf deur 'n opsie van 'n 6-gang handratkas of 'n 10-spoed "Shiftmatic" CVT.
Amptelik word brandstofverbruik vir die nuwe Corolla aangegee as 6.2 l/100 km vir die 1.8-liter model, terwyl die 2.0-liter handrat 6.5l/100km en die 2.0-liter CVT 6.0 l/100 km gebruik.

Veiligheid
Al die nuwe Corolla modelle kom standaard met sewe lugsakke, ISOFIX koppelpunte, aktiewe elektroniese veiligheidstelsels soos ABS, EBD, BAS, VSC, HAC asook 'n impak-absorberende bakstruktuur.
Die topmodel XR word bykomend toegerus met Toyota se TSS stelsel (Toyota Safety Sense) wat 'n omvattende stel bestuurderhulpmiddels insluit. TSS sluit onder meer in 'n "Pre-collision system", blindekol monitor, spoedbeheer en "Lane Trace Assist". Die XR model kom ook standaard met Bi-LED hoofligte.
Vir die bakstruktuur word aluminium, hoë sterkte staal asook ander materiale ruimskoots aangewend, terwyl dunner panele vir die dak en deure gebruik word ten einde heelwat gewig in die nuweling te bespaar wat uiteindelik bydra tot beter brandstofverbruik.
Met die groter gebruik van sterker kleefmiddels en minder sweislaste, het die nuwe Corolla 'n 60% verbetering in bakrigiditeit bo die uitgaande model. Dit sorg dat hoëspoed stabiliteit, hantering en paddinamika, asook stuurgevoel en terugvoer grootliks verbeter.
Die enjin en die sitplekke is by die nuweling laer gemonteer en dra dit ook by dat die nuwe Corolla se sentrale gravitasiepunt 10mm laer is as die vorige model. Dit sorg vir verbeterde stabiliteit en bestuursdinamika op die pad.
Alle Corolla modelle word verkoop met 'n 90 000km/6 dienste diensplan met 'n diensinterval van 15 000 km/12maande. ’n 3 jaar/100 000 km waarborg is ook ingesluit.

Similar News

 

The Beast hits Namibian soil

2 weeks ago - 29 June 2020 | Motors

In spite of the havoc that the coronavirus has created, Auas Motors now debuts the first Isuzu D-Max Arctic AT35 in Namibia.The limited edition 3-litre...

Isuzu brei D-Max 250 reeks met outokaste uit

4 months ago - 13 March 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Toe General Motors – wat Isuzu bakkies plaaslik versprei het – in 2017 uit SA onttrek, was Isuzu-eienaars bekommerd dat die...

Making its mark in Namibia

4 months ago - 02 March 2020 | Motors

Nors is a Portuguese group whose vision is to be a world leader in transport solutions, and construction and agricultural equipment. In Africa, the Nors...

Renault verras met bekostigbare Triber

4 months ago - 28 February 2020 | Motors

Durban • Dirk GallowitzDit bly effe van ’n goëlbal – dis nou daai aflewering wat jou só tref dat jy wonder waar het jy dit...

Cars need speed control devices – NUDO

4 months ago - 28 February 2020 | Motors

Acting secretary general of the National Unity Democratic Organisation (NUDO) Youth League, Veparura Kandirikirira wants speed limiting and emergency braking technologies fitted in all cars...

Warm Hyundai i30N laat harte vinniger klop

4 months ago - 20 February 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDrie jaar ná die i30N in 2017 by die Frankfurt Motorskou sy buiging gemaak het, is dit begin Februarie ten einde laaste...

Volkswagen T-Cross – Prettige buks wat harte verower

5 months ago - 31 January 2020 | Motors

Dirk GallowitzTerwyl motorkopers wêreldwyd na bekostigbare kompakte sportsnutse neig wat suinig op die beursie loop, sal vervaardigers wat daarin slaag om die regte kombinasies in...

Mahindra se Pik (me) Up S11

5 months ago - 23 January 2020 | Motors

Dirk GallowitzMahindra het sopas hul Pik Up S11 met outomatiese ratkas in Suider-Afrika bekendgestel – die eerste land in die wêreld om dit te doen.Mahindra...

Hyundai se nuwe Venue

7 months ago - 11 December 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Kompakte es-joe-wees is tans die gewildste onder motorkopers. Ekonomies, bekostigbaar en moderne vervoer waarmee weeksdae die tekkie op die teerpad tjank...

New look for TrenTyre

8 months ago - 12 November 2019 | Motors

TrenTyre officially re-opened doors to its revamped Windhoek branch last weekend and amongst the changes that customers can look forward to, are a modernized look...

Latest News

Housing remains vastly inadequate

22 hours ago | Local News

Windhoek • [email protected] it was projected that Namibia would be 66% urbanised by 2020, the powers that be failed to respond through appropriate strategies to...

Bosses beware – scammers at...

23 hours ago | Crime

Nampol has warned members of the public, personal assistants to chief executives and managing directors, as well as CEOs and MDs themselves, to be weary...

Airport expansion: Cabinet satisfied with...

23 hours ago | Infrastructure

The cabinet committee overseeing the expansion of Hosea Kutako International Airport is satisfied with the progress made so far, the Namibia Airports Company (NAC) announced...

Miller and Vorster race to...

23 hours ago | Sports

Alex Miller and Michelle Vorster were crowned Nedbank National Mountain Bike (MTB) champions after impressive individual performances on Sunday.Miller, who a week ago lost the...

NHRA reschedules events

1 day - 13 July 2020 | Sports

The new horse racing calendar was set at the Namibia Horse Racing Association’s (NHRA) extraordinary meeting held in Okahandja on Saturday.Every year, various horse racing...

Cement donation aids affordable housing

3 days ago - 10 July 2020 | Social Issues

The Kalahari Constituency Office donated 500 bags of cement and a 10 000 litre water tank to the Nossobville Housing and Development Committee yesterday. The...

Huis Maerua kort jou hulp

3 days ago - 10 July 2020 | Local News

Windhoek [email protected] 22 kinders in hulle sorg wat wissel van 2 jaar tot 20, het Huis Maerua jou hulp nodig om te verseker hierdie kinders...

The future of work

4 days ago - 10 July 2020 | Opinion

Windhoek • Sergio de SousaAs the world of work changes, we look at what you can do to survive and thrive. Here are my predictions...

Finances handicap 2018 CoW housing...

4 days ago - 10 July 2020 | Local News

Windhoek • [email protected] City of Windhoek (CoW) housing initiative of two years ago is yet to materialise, with themunicipality laying the blame on financial constraints.This...

Load More