Okahandja se wit olifant groet stil-stil

Jare na 'n hotel op die Tuindorp afgebrand het, is daar nou die hoop op vooruitgang.

07 April 2019 | Infrastructure

Etlike jare ná inwoners van Okahandja ’n beroep op die ministerie van werke en vervoer gedoen het om ontslae te raak van die vervalle hotel in die hoofstraat weens allerlei euwels wat daar broei, is die omstrede gebou stil-stil in Maart gesloop.
’n Handjievol inwoners het op sosiale media gejuig oor die spreekwoordelike oogseer wat uiteindelik platgeslaan is. Een van die inwoners het geskryf hy is bly om te sien iemand sloop die hotel; hy hoop net die werksaamhede het nie met korrupsie te doen nie.
Daar word bespiegel dat ’n be-roepsopleidingssentrum opgerig gaan word op dié perseel wat aan die ministerie behoort.
Ander is hoopvol dat wat ook al in die hotel se plek opgerig word, ’n mooi karakter aan dié deel van die dorp sal bring. “En werk vir werkloses,” het nog iemand gesê.
Sylvia Smidt van die dorp het aan Windhoek Express gesê die inwoners is regtig baie bly die oogseer is verwyder. "Dit skep al klaar 'n beter gesig." Op die stadium is niemand seker wat daar opgerig gaan word nie, “maar ons hoop dit is winkels," het sy gesê.

Allerlei klagtes
Die hotel het in 2006 afgebrand.
Teen 2015 was sake-eienaars in die middedorp keelvol vir al die skade wat die vervalle gebou aan hul ondernemings berokken het.
Volgens inwoners was hierdie deel van die hoofstraat ’n broeiplek vir sosiale probleme. “Vandalisme is ’n groot probleem. Boonop is die vervalle gebou ’n heenkome en skuiling vir booswigte wat motors met klippe bestook,” lui hul brief van vier jaar gelede.
Die hotel was aanvanklik in privaat besit en nadat dit bankkrot geraak het, het die destydse Herero-administrasie dit gekoop.
Die regering het dit in 1985 oorgeneem en 20 jaar later het dit afgebrand. Sedertdien is dit niks meer as ’n bouval nie.
Volgens die sake-eienaars was die hotel reeds jare lank nie vir sy oorspronklike doel gebruik nie.
Wat nog erger is, is dat ’n vrou volgens mediaberigte gesterf het nadat ’n deel van die gebou se dak op haar geval het.
Hierdie deel van die dorp het volgens inwoners begin vervalle raak, terwyl ontwikkelings aan die weste-kant van die dorp voortgegaan het. Baie besighede het na die nuwe winkelsentrum getrek, wat meegebring het dat geboue in die middedorp nie meer in stand gehou is nie. Besigheidseienaars in dié area het gesê dit alles plaas ’n demper op groeimoontlikhede omdat potensiële beleggers nie bereid is om enige nuwe ontwikkeling of verbetering van eiendom te onderneem solank die hotel in daardie toestand gebly het nie.
In Augustus 2017 is nog ’n brief aan die minister gerig om ’n vergadering te belê ten einde oplossings vir hier-die en ander probleme te probeer vind.
Vrae aan die ministerie van werke en vervoer het teen druktyd onbeantwoord gebly en kon daar nie bevestig word watter projek vir die eiendom beplan word nie.

Similar News

 

Open streets planned for October

4 days ago - 11 September 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel With the average vehicle growth rate in the capital at 3% per annum, the City of Windhoek (CoW) plans to launch an open...

Road works near completion

5 days ago - 10 September 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel The first phase of the N$790 million Windhoek – Hosea Kutako International airport road is 80% complete, with the new and revised completion...

OKH-pad 'loop oor 300 huise'

3 weeks ago - 25 August 2019 | Infrastructure

Okahandja • Yanna Smith Inwoners van Vergenoeg, 'n onwettige nedersetting aan die westelike buitewyke van Okahandja, het verlede Saterdag 'n gemeenskapsvergadering gehou om te gesels...

Ongos on the go

4 weeks ago - 18 August 2019 | Infrastructure

The groundbreaking ceremony for the N$ 4.3 billion housing project of the Ongos Valley took place in the capital this earlier this week. A total...

Residents and |Gôagoses at loggerheads

4 weeks ago - 18 August 2019 | Infrastructure

Residents of Duneside informal settlement in Rehoboth’s Block E said they want their Town Council and the Rehoboth Urban East Constituency office to bring basic...

N$870m government park planned for Swakop

1 month - 04 August 2019 | Infrastructure

Swakopmund • Otis FinckThe construction of a four-storey office park to accommodate the Erongo regional council (ERC), nine line ministries and an estimated 410 employees...

Reho-begraafplaas spog met nuwe baadjie

1 month - 28 July 2019 | Infrastructure

Die Rehoboth Begraafplaas Ontwikkelingsforum het vroeër hierdie week die opgeknapte begraafplaas aan die dorpsraad (RTC) oorhandig, twee jaar ná opknappings begin is met skenkings­ deur...

Oil refinery in the pipeline

2 months ago - 07 July 2019 | Infrastructure

Walvis Bay • Otis Finck Clasox Petroleum has applied to acquire 10 ha of land behind Dune 7 at Farm 58 for...

Air Nam back in the skies

2 months ago - 30 June 2019 | Infrastructure

Air Namibia announced that the frequency of some flights that were suspended earlier this month, have been restored. This development came about thanks to one...

Small plant, big impact

2 months ago - 30 June 2019 | Infrastructure

Windhoek • Clemens von Alten Without adequate energy, sustainable development is impossible – a huge challenge in a large, sparsely populated country like Namibia. Nevertheless,...

Latest News

Lewcor buys Elizabeth Bay Mine

3 days ago - 12 September 2019 | Business

Namdeb today announced that it sold its Elizabeth Bay Mine and associated marine assets as a going concern to a member of the Lewcor Group,...

New owner for Bytes Technology

3 days ago - 12 September 2019 | Business

Altron Rest of Africa (Altron ROA), a division of JSE-listed technology company Altron, announced the sale of a minority stake in its subsidiary, Bytes Technology...

Hey millennials, listen up!

3 days ago - 12 September 2019 | Economics

About 30 years ago, purchasing property was a no-brainer. However, millennials have been taught to question everything, including whether real estate is the best investment...

This boy is on fire

3 days ago - 12 September 2019 | Sports

Yolanda Nel With two older brothers that are well-known in the spinning community, it is no wonder their younger brother is following in their footsteps....

Going for gold

3 days ago - 12 September 2019 | Banking

Last night, Bank Windhoek launched their Selekt Gold offering with the aim of providing the market with a relevant, holistic financial solution.The Selekt Gold offering...

Barok uit die boonste rakke

3 days ago - 12 September 2019 | Art and Entertainment

’n Orrelkonsert met die musiek van Bach, Handel en Corelli is Vrydag, 27 September in die Christuskirche te hoor, wanneer die Suid-Afrikaanse konsertorrelis en vakkundige...

The world is your (shopping)...

4 days ago - 11 September 2019 | Business

After introducing the DHL Africa eShop app in April this year, it is now also available in Namibia.Since its launch, the app has seen its...

Think pink!

4 days ago - 11 September 2019 | Health

Breast and cervical cancers remain a serious concern in Namibia, with 2 474 cases of breast cancer that have been reported to the National Cancer...

Commemorate together

4 days ago - 11 September 2019 | Health

World Lymphoma Awareness Day is commemorated on 15 September every year and is dedicated to raising awareness of lymphoma, an increasingly common form of cancer....

Load More