Okahandja sit met hande in die hare

Inwoners van die tuindorp is moedeloos oor die stand van sake by die munisipaliteit, terwyl administratiewe personeel probeer vure doodslaan.

03 February 2019 | Government

Hoewel die ander raadslede almal in Okahandja was, het nie een opgedaag nie. Martha Mutilifa, Uitvoerende hoof: Munisipaliteit

Yolanda Nel • Okahandja

Die uitvoerende hoof van die Okahandja-munisipaliteit is gefrustreerd oor raadslede wat nie ingehuldig word nie.

“Die raad is verdeel,” het me. Martha Mutilifa vroeër die week gesê.

“Een helfte wil hê die huidige burgemeester moet weer staan, terwyl die ander meen hy het sy tyd uitgedien en die adjunkburgemeester moet sy plek inneem,” het sy gesê.

Sou die adjunk wel die posisie oorneem, sal die huidige burgemeester, mnr. Johannes Hindjou, as gewone raadslid dien, en dit blyk hy is nie daarmee tevrede nie.

Nuwe raadslede moes reeds op 28 November verlede jaar ingehuldig word, maar omdat konsensus nie oor raadslede bereik kon word nie, is dit tot 20 Desember uitgestel.

Van die vyf Swapo-raadslede wat op die raad dien, het vier nie die tweede vergadering bygewoon nie. “Net die adjunk was daar,” het Mutilifa gesê, en bygevoeg dit blyk raadslede steun nie die adjunk vir die nuwe pos nie.

Op die betrokke dag het die landdros die inhuldigingseremonie met ’n uur uitgestel in die hoop dat ander lede sou opdaag. Sonder ’n kworum kon die inhuldiging nie plaasvind nie en is die seremonie noodgedwonge uitgestel, “maar sonder ’n datum omdat die raadslede versuim het om op te daag vir die verrigtinge,” het Mutilifa verduidelik.

Dit was vir haar “opvallend” dat lede van die onderskeie gemeenskapsgroepe wel by die geleentheid was om hul steun vir die burgemeester te toon, hoewel hy self nie daar was nie.

“Dit is nie vir ons as administratiewe personeel maklik om ons werk uit te voer nie,” het sy erken.

Volgens haar het sy ook in November ’n raadsvergadering byeengeroep, met net Hindjou wat verskoning gemaak het dat hy nie teenwoordig sou wees nie.

“Hoewel die ander raadslede almal in Okahandja was, het nie een opgedaag nie.”

Die gevolg is dat notules nie goedgekeur en ingediende projekte nie bespreek word nie.

“Dit maak inwoners woedend. Ek weet nie meer wat om te doen nie,” het Mutilifa gesê.

Similar News

 

Reho soek inwoners aan stuur

1 month - 14 April 2019 | Government

Rehoboth • Yolanda NelDie soektog duur voort vir 'n geskikte kandidaat om die pos van uitvoerende hoof van die Rehoboth dorpsraad te vul. Intussen is...

Gobabis spog met junior dorpsraad

2 months ago - 17 March 2019 | Government

Gobabis • Yolanda Nel Die Gobabis dorspraad spog vir die eerste keer met ’n junior dorpsraad wat uit 12 leerlinge van drie plaaslike skole bestaan.Volgens...

CoW backtracks on water bills

2 months ago - 10 March 2019 | Government

After many residents queried their high water bills, the City of Windhoek has undertaken to rectify the backdated charges of single household consumers.“A water scarcity...

/Goagoses vs residents

2 months ago - 24 February 2019 | Government

Rehoboth • Jemima Beukes While it seems some Rehoboth residents are praising the Ministry of Urban and Rural Development's (MURD) representative in the Rehoboth Town...

City's capped budget safe for residents

3 months ago - 03 February 2019 | Government

Jana-Mari Smit • WindhoekRural and urban development minister Peya Mushelenga confirmed this week that the painstaking and nearly six-month approach he adopted before he approved...

Christmas lunch for Windhoek’s elderly

5 months ago - 17 December 2018 | Government

Windhoek’s mayor last week hosted a Christmas lunch for the city’s elderly residents at the Katutura multipurpose centre field.Speaking at the event, mayor Muesee Kazapua...

Town planners want ad requirements altered

5 months ago - 03 December 2018 | Government

Yolanda Nel - Your neighbour plans on erecting a three-storey dwelling next door that will block your view.The person across the street wants to rezone...

Windhoekers wasting water

5 months ago - 26 November 2018 | Government

Given the heat wave the country is currently experiencing, it can be expected that water consumption has increased. However, this has dire consequences for the...

Okh-dorpsraad se ­waardasies te hoog

5 months ago - 26 November 2018 | Government

Yolanda Nel - Talle huiseienaars op Okahandja is moedeloos ná die munisipaliteit glo erken het dat sekere munisipale waardasies nie reg is nie, maar weier...

Water and electricity still on ... for now

6 months ago - 12 November 2018 | Government

Yolanda Nel - The education ministry owes the City of Windhoek more than N$32 million in outstanding water and electricity debt.This is according to Harold...

Latest News

Toilet in hotel se plek

5 days ago - 19 May 2019 | Infrastructure

Okahandja • Yolanda NelTwee maande ná die Okahandja Hotel-gebou stil-stil in die dorp gesloop is, het inwoners nou 'n nuwe hoofpyn, met die rommel wat...

Met of sonder naam

5 days ago - 19 May 2019 | Local News

Windhoek • Yolanda Nel Wanneer jy Rehoboth se strate begin op of af ry, vra jy nie vir iemand 'n straatnaam nie, want boorlinge van...

Watertekort in hoofstad neem toe

5 days ago - 19 May 2019 | Disasters

Skaars twee weke ná die Windhoekse munisipaliteit aangekondig het daar is vooruitgang in terme van waterbesparings – hoewel gering – tree streng waterbeperkings op 1...

Klokkie van hoop

5 days ago - 19 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelDie agtjarige Marjuné Fleschig is verlede Oktober met leukemie gediagnoseer.Sewe maande later kan die gesin weer ’n bietjie asemhaal nadat sy verlede...

Donated kennels making a difference

5 days ago - 19 May 2019 | Social Issues

Swakopmund • Adolf Kaure The Township Doghouse Project recently handed over doghouses to dog owners in the DRC informal settlement. The privately funded charity strives...

Aardse vreugde

5 days ago - 19 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelOngeag jou eetstyl of dieetvoorkeure, almal is elke dan en wan lus vir 'n skeppie roomys of 'n pizza met kaas. En...

Chicken for beef

5 days ago - 19 May 2019 | Agriculture

Palmwag • Nina Cerezo Gabes /Goagoseb sits on his shady veranda. In the surrounding garden, cacti and other plants are blooming, a window of his...

Namibia still imports too much...

5 days ago - 19 May 2019 | Energy

Windhoek • Ellanie SmitNamibia is aiming to generate 80% of its electricity locally within the next four years, which will assist in sustaining the growing...

Beer Pong for Hope

5 days ago - 19 May 2019 | Social Issues

The Auas Valley Shopping Mall recently donated food and basic necessities valued at N$10 000 to the Hope Village in the capital, following the Clausthaler...

Load More