Okh-dorpsraad se ­waardasies te hoog

'n Inwoner van Okahandja baklei met die munisipaliteit na hy langer as 3 jaar te veel erfbelasting gehef is.

26 November 2018 | Government

Ek het vir die munisipaliteit gesê die geld kan as 'n krediet op my rekening lê en enige agterstallige waterskuld kan vandaar vereffen word. Carlo Lucas, huiseienaar.

Yolanda Nel - Talle huiseienaars op Okahandja is moedeloos ná die munisipaliteit glo erken het dat sekere munisipale waardasies nie reg is nie, maar weier om huiseienaars te vergoed wat reeds jare lank te veel vir tariewe en belasting betaal.

“In November verlede jaar het ek vermoed ek betaal te veel, maar na 'n berekening deur die munisipaliteit, het dit tog reg gelyk,” sê Carlo Lucas, 'n inwoner van die dorp. Dit is eers toe hy self 'n waardasie laat doen het wat hy besef die munisipale bedrag onsettend hoog is.

“Ek betaal N$735 'n maand terwyl 'n buurman met dieselfde grootte erf maar N$146 betaal,” vertel hy. Volgens Lucas is die waardasies in 2014 aangepas, maar tussen 20 en 30 huise is oorgeslaan en nooit aangepas nie.



Negatiewe oudit

Media-berigte van April vanjaar dui daarop dat die Okahandja ­munisipaliteit 'n negatiewe oudit opinie vir die jaar einde 30 Junie 2016 ontvang het.

Een van die talle probleme wat die munisipaliteit in die gesig gestaar het, was die verouderde waardasierol van 2008. “Tariewe vir dienste gelewer is steeds teen 2013/14 tariewe gehef,” aldus die berig.

Talle vergaderings is vanjaar met huiseienaars gehou wat deur die tariefverhogings geraak word. “Met ons waterrekeninge wat ook nou verhoog het, kon ons net eenvoudig nie bybly nie en skuld ons nou op ons waterrekening,” sê Lucas. Hy voeg by dat hul water 'n week gelede afgesny is.

Tydens 'n vergadering wat in Oktober plaasgevind het, sou die geaffekteerde gesinne die geld terug ontvang vir die drie jaar wat hulle te veel betaal het. Van dié geld is daar egter nog nie 'n sent gesien nie en het die munisipaliteit skynbaar intussen gesê die geld sou nie terugbetaal word nie.

“Ek het vir die munisipaliteit gesê die geld kan as 'n krediet op my rekening lê en enige agterstallige waterskuld kan vandaar vereffen word, maar hulle hou voet by stuk dat hulle my nie geld skuld nie,” sê hy. “Hoewel ek die munisipaliteit direk betaal, sê hulle vir my hulle weet nie eers waarheen die geld gegaan het nie.

“Dit is 'n frustrerende situasie en ek glo hulle soek nou daardie geld om bonusse te betaal.”

Volgens Lucas is daar minstens nog een huisgesin se water afgesny. “In daardie huis bly klein kinders en 'n ouma wat onlangs 'n beroerte gehad het. Dit is moeilik om na haar om te sien.”

Van die agterstallige waterrekeninge beloop tussen N$3 000 en N$8 000.

Oproepe aan die munisipaliteit was onbeantwoord.

Similar News

 

Leaders discuss way forward

12 hours ago | Government

The Canadian Prime Minister Justin Tradeau and President Hage Geingob discussed the latest developments in the Covid-19 pandemic in a teleconference. In a statement from...

Children forced to live on streets

1 week ago - 26 May 2020 | Government

Gobabis • [email protected] are currently 41 children known to be living on the streets in the Omaheke region, of which 31 are from Gobabis and...

Women’s issues not considered

2 weeks ago - 15 May 2020 | Government

An online poll that was conducted on Wednesday showed that 47% of participants do not think that African governments are taking women’s issues into consideration...

Infighting continues at CoW

2 weeks ago - 14 May 2020 | Government

The City of Windhoek’s chief executive Robert Kahimise has written to President Hage Geingob, asking him to intervene in City Police chief Abraham Kanime’s contract...

Stronger together

3 weeks ago - 08 May 2020 | Government

Celebrating Europe day on Saturday, the 2030 Agenda for Sustainable Development and the Paris Agreement will be implemented to bring development for all and to...

Okahandja progress report

3 weeks ago - 07 May 2020 | Government

Most local authorities in Namibia would be run prudently and effectively if politicians stuck to the oversight role instead of meddling in municipalities’ day-to-day operations,...

Protecting the health of women and girls across the...

4 weeks ago - 06 May 2020 | Government

Namibia, together with Canada and 35 countries, issued a joint statement on behalf of the peopleand governments of 58 countries, regarding the impact on health...

Kahimise questions illegal council meeting in court

4 weeks ago - 05 May 2020 | Government

Windhoek • [email protected] urgent application brought by Windhoek municipality CEO Robert Kahimise accusing councillors and management committee members of holding illegal meetings last week and...

Chaos erupts at Windhoek council meeting

1 month - 30 April 2020 | Government

Windhoek • [email protected] explosive City of Windhoek council meeting held yesterday afternoon stagnated for hours over a heated dispute between councillors over the legality of...

PDM, RDP approach police over council meeting

1 month - 29 April 2020 | Government

Windhoek • [email protected] Windhoek city councillors this morning opened a criminal case against Windhoek mayor Fransina Kahungu and acting city CEO Pahukeni Titus for violating...

Latest News

Triennial rescheduled to these dates

12 hours ago | Art and Entertainment

In light of the impact of the coronavirus pandemic, Bank Windhoek and the National Art Gallery of Namibia (NAGN), decided to reschedule the Triennial dates....

Leaders discuss way forward

12 hours ago | Government

The Canadian Prime Minister Justin Tradeau and President Hage Geingob discussed the latest developments in the Covid-19 pandemic in a teleconference. In a statement from...

Vir ’n aandjie af

16 hours ago | Art and Entertainment

Windhoek • [email protected] kry nou die dag ’n boodskap dat ek vir ’n kompetisie moet inskryf, want ek is gelukkig as dit bysulke dinge kom.Daar...

Sean K part of African...

18 hours ago | Art and Entertainment

Namibian artist Sean K is one of 11 African artists who just released a new song, thanking health workers for their commitment and dedication during...

N$58 million to clean schools...

1 day - 02 June 2020 | Education

Windhoek • [email protected] Of more than 340 senior secondary schools across the country, the majority are ready to receive their learners.According to education executive director,...

N$1.4 million for shorn prison...

1 day - 02 June 2020 | Crime

Windhoek • [email protected] A convicted inmate serving 35-years behind bars for the killing of his girlfriend eight years ago, is suing prison authorities for N$1.4...

Mining expo cancelled

1 day - 02 June 2020 | Events

The Chamber of Mines today announced the cancellation of this year's edition of the Mining Expo and Conference.This comes after the Chamber initially announced that...

Another boost for disaster relief

1 day - 02 June 2020 | Disasters

FNB, through the FirstRand Namibia Foundation Trust, donated N$1.5 million to government in response to Covid-19 efforts and aims at supporting the unemployed, small and...

A new home for orphaned...

1 day - 02 June 2020 | Environment

Two lion cubs – the sole survivors of human wildlife conflict in the Sesfontein area – were relocated and released onto a 25 000ha fenced...

Load More