Omaheke-inwoners sat vir korrupsie

26 September 2019 | Crime

Sowat 50 inwoners van die Omahekestreek het Woensdag ’n vreedsame optog gehou om hul misnoë uit te spreek oor bewerings van korrupsie by die streeksraad, selfverryking van beamptes en ’n gebrek aan ontwikkeling in die streek.
Die betogers het vanaf die Epako gemeenskapsaal tot by die Omaheke-streeksraadkantore gestap, waar hulle ’n petisie oorhandig het aan die raadslid van die Okorukambe-kiesafdeling, Raphael Mokaleng, voordat hulle verder gestap het tot by die kantoor van die goewerneur van die Omahekestreek waar dieselfde petisie oorhandig is.
In hul petisie wat deur hul verteenwoordiger Kejamuina Mungendje voorgelees is, het die groep gelas dat die streeksraad antwoorde moet gee oor die N$61 miljoen wat na bewering uit die streek se geldkoffers verdwyn het. Dit volg na ’n 2017-oudit deur die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke.
Die groep sê hulle het reeds op 29 Mei vanjaar ’n petisie aan die raad oorhandig, maar dat daar tot op hede geen reaksie ontvang is nie.
“Die verlore miljoene was bestem vir noodsaaklike dienste en vir die ontwikkeling van gemeenskappe in die streek,” aldus die petisie.
Die inwoners het voorts hul misnoë uitgespreek oor beplande gemeenskapsprojekte soos ’n hoenderboerdery en ’n naaldwerkprojek ten goede van die gemeenskap wat na bewering nooit gebeur het nie.
Hulle meen hulle verdien antwoorde aangesien hulle die regmatige en direkte begunstigdes is van staatsfondse wat vir ontwikkeling in die streek bestem was.
Die groep het voorts op die onmiddellike skorsing van die hoofstreekbeampte, Maria Vaendwanawa, aangedring weens beweerde korrupsie sodat ’n onafhanklike ondersoek gelas kan word.
“Ons versoek dat die uitkomste van die ondersoeke aan inwoners van Omaheke deurgegee word en dat die geïmpliseerde individue voor die reg gedaag word,” het hulle gesê.
Met die ontvangs van die petisie, het Mokaleng gesê hy sou dit aan die relevante owerhede stuur.
Die Omaheke-goewerneur Festus Ueitele se sekretaresse Joyce Rukira, het die petisie in ontvangs geneem en gesê sy sou dit aan die goewerneur oorhandig sodra hy weer op kantoor is. – Nampa

Similar News

 

‘Neighbourhood Watch’ for campuses

3 days ago - 13 February 2020 | Crime

The Namibia National Students Organisation (NANSO) launched its Campus Patrol campaign on Thursday, aimed at fighting crime at all institutions of higher education in the...

Wildlife trafficking, cybercrime training for NamPol

1 week ago - 06 February 2020 | Crime

The U.S. Fish & Wildlife Service (USFWS) in partnership with the U.S. Department of State, conducted a Wildlife Trafficking Cybercrime Training Program (WTCP) in Windhoek...

Prepping tips for holidaying homeowners

2 months ago - 28 November 2019 | Crime

The summer holidays are looming. But before you pack your bags and print your boarding pass, there are a few things you need to get...

Say no to GBV

2 months ago - 21 November 2019 | Crime

The ministry of gender equality and child welfare launches this year’s 16 Days of Activism Against Gender-Based Violence (GBV) on Friday.The main event takes place...

Residents owe millions in traffic fines

3 months ago - 04 November 2019 | Crime

Windhoek City Police Public Relations Officer Fabian Amukwelele called upon Windhoek residents with outstanding traffic fines and warrants of arrest to pay them at the...

Keeping the President accountable

4 months ago - 30 September 2019 | Crime

Yolanda NelWith the elections around the corner, one Namibian is encouraging his fellow countrymen and women to sign a petition in an effort to intensify...

Nog besighede loop onder foefie deur

10 months ago - 07 April 2019 | Crime

Windhoek • Yolanda Nel Weke ná ’n paar kleinsake-eienaars ander teen ’n foefie gewaarsku het, het nog twee besighede deurgeloop.In dié skelmstreek word kliënte gevra...

Last hours of anguish

10 months ago - 31 March 2019 | Crime

Windhoek • Ronelle Rademeyer Cellphone records and CCTV footage are being studied for answers on the last hours of anguish preceding the death of the...

Perde erg mishandel

11 months ago - 17 March 2019 | Crime

Gobabis • Yolanda Nel ’n Perd wat in Januarie weens dieremishandeling van ’n plaas op Drimiopsis verwyder is, is nou weer terug na waar hy...

Four-footed friends stolen

11 months ago - 10 March 2019 | Crime

Swakopmund • Yolanda NelThree cases of dog theft were recently reported to the police in Swakopmund. Fortunately, two of the dogs were found.The search continues...

Latest News

Bronze for our Roodly

17th of February 12:25 | Sports

Namibia’s wheelchair racer Roodly Gowaseb came third at the Outeniqua wheelchair challenge in George, South Africa on Saturday.The race which is exclusively for disabled athletes...

Stay put for now GRN...

17th of February 12:21 | Health

The Namibian government is in constant communication with international organisations like the World Health Organisation (WHO) to benchmark and coordinate its response with international best...

KBF juniors strut their stuff

17th of February 12:15 | Sports

The Khomas Boxing Federation (KBF) held a tournament with seven clubs participating and 32 boxers trading leather at Windhoek’s After School Centre on Saturday to...

Japie hardloop vir bejaardes

17th of February 11:55 | People

Yolanda Nel - Fiksheidsinstrukteur Japie Greyvenstein is besig om geld vir die bejaardes van Senior Park in te samel en maak só deur aan die...

Fibre fight continues

3 hours ago | Infrastructure

Yolanda Nel Although the City of Windhoek (CoW) indicated two years ago that they won’t continue allowing IT service provider Paratus to install fibre optic...

CCFN launched in capital

2 days ago - 14 February 2020 | Environment

The community conservation fund of Namibia (CCFN) was launched in Windhoek on Friday and takes Namibia’s flagship conservation programme to the next level.The creation of...

KASU tournament finals on Saturday...

2 days ago - 14 February 2020 | Sports

The eighth edition of the Katutura Sports Union’s (KASU) Valentine’s competition will come to an end on Saturday at the Katutura Sports Complex.The Valentine’s competition,...

Paratus and CoW clash

3 days ago - 14 February 2020 | Infrastructure

Yolanda NelParatus employees who were digging trenches for fiber-optic connections in the capital yesterday, were stopped when equipment and the contractor's truck were seized by...

Soccer trials start in Omaheke

3 days ago - 13 February 2020 | Sports

The Omaheke region will conduct trials between Saturday and 29 February at the Desert Rollers training ground in Gobabis for all eligible players as it...

Load More