Ons eerste stop langs die kus

Of die son skyn en of 'n mislaag oor die duine hang, by hierdie pizza-plek moet daar ten minste een keer kos gekoop word.

05 May 2019 | Art and Entertainment

Hentiesbaai • Yolanda Nel



Daar is twee soorte mense: Hentiesbaaiers en Swakopmunders.

Ons is beslis Hentiesbaaiers. Of ons vir 'n naweek of vir 'n maand daar gaan uitspan, bly een tradisie altyd staande: Met die inryslag by dié kusdorpie, stop ons altyd eerste by Pirates Cove vir heerlik pizza.

Met ons laaste besoek was dit geensins anders nie. Ons maak onsself gemaklik by die kroeg en kyk vinnig oor die spyskaart. Ons bestel drankies en die ander teug heerlik aan hul bier terwyl ons kos voorberei word.

'n Trekpleister by Pirates Cove is die groot wiel wat kliënte vir N$20 kan draai. Waar ook al die balletjie in land, is dit die kortetjie wat jy dan moet geniet. Maar daar is een haakplek: Die bottel Niks. Dié bottel bestaan uit al die klein bietjies wat altyd van ander bottels oorbly. Die knaap se geluk was nie daardie aand aan sy kant nie en dis presies toe waarop hy land. Sy ervaring? Dit proe soos brandewyn en whisky en teen die tyd wat jy sluk, is daar 'n chilli-geur wat deurskop!

Ná 20 minute is ons pizza gereed en ons besluit om ons kos weg te neem om sommer by die huis te eet. Die reuke is genoeg om my al in die motor aan 'n skyf te laat kou, maar ek hou my in. By die huis ruil ons onder mekaar skywe uit, sodat ons van al drie pizzas kan proe.

Hoewel al drie heerlik was en beslis die hongerkol op my maag getem het, was die hoender op my pizza bietjie droog en die sous aan die min kant. Daar was wel genoeg knoffel om enige ondier weg te hou. Die ander twee s'n was uit die boeke en ek weet beslis dat ek volgende keer net 'n ander pizza moet bestel.

Die heel lekkerste natuurlik was om die volgende oggend oorskiet te kon warm maak.

Pirates Cove is in my oë altyd 'n wenner en ek is binnekort terug vir nog!

Similar News

 

Events calendar

1 day - 26 May 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Something old, something new, something borrowed, something blue at the Woermannhaus Gallery in Swakopmund until 31 May.• Mythakes and other attempts, a collection...

Out for revenge - again

1 day - 26 May 2019 | Art and Entertainment

If you've been waiting in anticipation for the third instalment of John Wick, just know it continues its custom of balletic and delusional grandeur, albeit...

Tyd vir koek en tee

1 day - 26 May 2019 | Art and Entertainment

Windhoek • Yolanda NelDit is tyd vir 'n bederf ná die koerant drukkers toe is en daar is geen beter manier as met 'n sny...

Conartists match their wits in The Hustle

1 week ago - 19 May 2019 | Art and Entertainment

Comedy is in a weird place these days. Stand-up performers and late-night television hosts lean into the politics of the moment, while most movies with...

Events calendar

1 week ago - 19 May 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Something old, something new, something borrowed, something blue at the Woermannhaus Gallery in Swakopmund until 31 May.• Mythakes and other attempts, a collection...

Vars uit die water

1 week ago - 19 May 2019 | Art and Entertainment

Hentiesbaai • Yolanda NelDis ons eerste besoek aan Go Fishy op Hentiesbaai en nog voordat ek die spyskaart kan bestudeer, weet ek dat ek vanaand...

Sirkus kom eers volgende jaar

2 weeks ago - 12 May 2019 | Art and Entertainment

Windhoek • Yolanda Nel Weens die uitbreking van bek-en-klouseer en ’n logistieke kwessie om te verseker dat die diere ten alle tye veilig is, het...

For the love of dogs

2 weeks ago - 12 May 2019 | Art and Entertainment

This animation will attract and delight both young and old and is the perfect excuse to get out of the house.The Queen's Corgi is a...

Izzy’s industry insight

2 weeks ago - 12 May 2019 | Art and Entertainment

Walvis Bay • Adolf KaureLocal musician Ishaaq Martin – better known as Izzy – has hope in how the Namibian music industry is progressing. Speaking...

Events calendar

2 weeks ago - 12 May 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Steps, a Pamwe Group exhibition, can be viewed at Die Muschel in Swakopmund until 19 May.• Something old, something new, something borrowed, something...

Latest News

Raak nou deel van Klub...

1 day - 26 May 2019 | Society

Enige ouer sal kan getuig dat om 'n kind groot te maak, aan jou beursie knaag. Juis daarom vra Huis Maerua kinderhuis vir bystand.Individue en...

Een man se roeping om...

1 day - 26 May 2019 | Social Issues

Yolanda Nel Ongeag die uitdagings wat een man self in die gesig staar, het hy besluit dat wanneer God praat, dan bly jy steeds gehoorsaam...

Red die borste

1 day - 26 May 2019 | Health

Windhoek • Yolanda Nel Hierdie entrepreneur wil graag in sy gemeenskap terugploeg en dus het hy besluit om geld in te samel om bystand te...

Ontbyt saam vir boere

1 day - 26 May 2019 | Disasters

Windhoek • Yolanda Nel Wanneer ons eet, dink ons selde aan hoe die eier, melk of spek op ons bord beland het. Die meeste...

Erongo shudders under weight of...

1 day - 26 May 2019 | Disasters

Swakopmund • Leandrea LouwAlmost 13 000 bags of maize meal were distributed to households in the Karibib and Daures constituencies between November 2018 to March...

Graduate shares her story

1 day - 26 May 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea LouwChloé Paulse (25), a graduate of the University of Namibia (Unam) medical school, grew up in the salty and dusty streets...

International recognition for Sun Cyles

1 day - 26 May 2019 | Environment

Windhoek • Yolanda Nel The co-founder of Namibia's own Sun Cycles was awarded the National Energy Globe Award during SACREEE's first industrial energy efficiency conference...

Plans to place water along...

1 day - 26 May 2019 | Disasters

//Ai-/Ais • Erwin Leuschner The popular Fish River hiking trail in southern Namibia is threatened with closure at the end of the month due to...

The world can be your...

1 day - 26 May 2019 | Education

The international vlogging competition Faces2Hearts is a competition organised by the European Union that aims to finding 20 young vloggers to take part in a...

Load More