Opinion: Glad nie 'n vrot idee nie

Mariana Balt
Anoniem skryf:

O ek gaan seker gekruisig word, maar ek dink ook die donkieslagpale is nie so 'n vrot idee nie.

As boere karakoellammers kan teel om te slag kan 'n mens mos maar donkies ook teel om te slag. Werk is skaars. As die projek paar mense kan werk gee en klomp vreemde valuta kan verdien waarom nie?

Moet net nie duisende Chinese inbring om die projek te bedryf nie. Gee visums vir drie maande dan moet hulle uit wees. Hoe moeilik kan dit nou wees om 'n donkie te slag en die vel vir uitvoer voor te berei?