Pas op vir dié skelmstreke

’n Skelm gebruik ’n selfoon en doen haarself as ’n besigheidseienaar voor om geld uit nikversmoedende kliënte te kry.

17 February 2019 | Crime

Yolanda Nel - Kleinsake-eienaars waarsku hul kliënte teen ’n foefie waarmee hulle gevra word om vir ’n diens of produk te betaal waarvan die entrepreneur niks weet nie.

Die eienaar van Mooi Nooi-haarsalon, Malie van der Merwe, het kliënte op haar Facebook-blad gewaarsku dat sy nooit vir geld via eWallet sal vra nie. Dit kom nadat een van haar kliënte vir haar skermgrepe gewys het van ’n gesprek waarin dit blyk Malie vra dringend vir geld.

“Hierdie persoon is ’n skelm wat my naam en my besigheid se naam gebruik, en sonder my medewete afsprake namens my maak,” lui haar inskrywing op sosiale media.

Malie vertel dit is nie die eerste keer dat sy van dié skelmstreek hoor nie, maar wel die eerste keer dat haar besigheid geteiken word.

“Dit maak ’n mens kwaad. Mens dink nooit dit sal met jou besigheid gebeur nie. Boonop laat dit ’n slegte smaak in jou mond oor die mensdom,” het sy in ’n onderhoud met hierdie koerant gesê. “Dis oor sulke dinge wat mense mekaar nie meer wil help nie, en dit oor skelms. Dit moet ’n sindikaat wees as jy die aantal mense en hoeveelheid besighede sien wat al hierdeur geraak is.”

In Malie se geval is haar kliënte gekontak onder die voorwendsel dat haar onderneming se produkte verkoop word. Die kliënt stem toe in dat sy dit wil koop en het toe ook vir die volgende dag ’n afspraak gemaak. Toe die kliënt vra of sy die produkte kan betaal ná haar afspraak, het die skelm gesê sy is ietwat in ’n penarie. Sy wou toe weet of die kliënt nie onmiddellik via eWallet kon betaal nie, wat sy toe ook gedoen het.

Toe die kliënt die volgende dag by die salon opdaag, het Malie van niks geweet nie.

“Sulke insidente rig skade aan ’n besigheid aan, veral as dit nuwe kliënte is. Met alle eerlikheid kan ek sê die meeste mense ken my en my bedryf, en weet ook watter soort mens ek is, en dat ek nooit so iets sou doen nie. Ek is jammer vir my kliënt wat deurgeloop het. Sy’s nuut by my en het regtig gedink ek is in die nood en wou my net help. Ongelukkig was dit nie ek nie,” het Malie gesê.

Dit blyk die skelm rig nie net sy of haar visier op een persoon of besigheid nie omdat ’n ander besigheid amper in dieselfde strik getrap het. “Die persoon wat so geld vra, het sover ek weet in twee afsonderlike gevalle dieselfde selfoonnommer gebruik,” het Malie gesê.

Tweede voorval

’n Skenker van die Namibië Boere Droogtehulp-groep is ook geteiken, maar gelukkig het sy kop gehou en nie enige geld oorbetaal nie.

Henriëtte le Grange van die groep het via die blad ondersteuners gewaarsku dat Namibië Boere Droogtehulp nie deur enige bank se elektroniese beursies soos eWallet werk nie en dat alle oorbetalings elektronies na ’n rekening gedoen word.

Hoewel Marilie Vermeulen, ’n grimeerkunstenaar en skoonheidskonsultant, nie deur die skelmstreek geraak is nie, het sy ook ’n waarskuwing aan haar kliënte gestuur. “Ek het maar eerder my kliënte gewaarsku om hulle bewus te maak,” sê sy.

“Dit is vir kleinbesigheidseienaars veral belangrik om kliëntediens te lewer en goeie verhoudings op te bou, en dan kom ’n skurk en doen skade aan jou besigheid waaraan jy so hard werk. Dit kan soveel bande tussen besighede en kliënte breek, maar dit is veral skadelik omdat almal deur moeilike finansiële tye gaan. Die skurk steel die botter en brood van ons tafel af en dit plaas ons besigheid in ’n slegte lig,” het sy gesê.

Vir Marilie is die ergste dat banke en selfoondiensverskaffers nie veel kan doen nie, “want die skurk kan net ’n nuwe kaart met ’n nuwe nommer gaan koop”.

’n Saak is by die polisie oor hierdie voorvalle aanhangig gemaak.

Similar News

 

Nog besighede loop onder foefie deur

1 month - 07 April 2019 | Crime

Windhoek • Yolanda Nel Weke ná ’n paar kleinsake-eienaars ander teen ’n foefie gewaarsku het, het nog twee besighede deurgeloop.In dié skelmstreek word kliënte gevra...

Last hours of anguish

1 month - 31 March 2019 | Crime

Windhoek • Ronelle Rademeyer Cellphone records and CCTV footage are being studied for answers on the last hours of anguish preceding the death of the...

Perde erg mishandel

2 months ago - 17 March 2019 | Crime

Gobabis • Yolanda Nel ’n Perd wat in Januarie weens dieremishandeling van ’n plaas op Drimiopsis verwyder is, is nou weer terug na waar hy...

Four-footed friends stolen

2 months ago - 10 March 2019 | Crime

Swakopmund • Yolanda NelThree cases of dog theft were recently reported to the police in Swakopmund. Fortunately, two of the dogs were found.The search continues...

Pirate taxis cause consternation

2 months ago - 03 March 2019 | Crime

Windhoek • Clemens von AltenIt is not uncommon for illegal taxis to be pulled out of traffic at check points in the capital. “Particularly striking...

Jail sentence for intoxicated driver

3 months ago - 10 February 2019 | Crime

Walvis Bay • Otis Finck Elizabeth Cronje (47) was found guilty and sentenced to 15 months imprisonment for driving under the influence of alcohol here...

Vrou glo in die nuwejaar ontvoer

4 months ago - 20 January 2019 | Crime

'n Vrou wat tot vroegoggend op Nuwejaarsdag nog by 'n dans op Rehoboth was, is blykbaar ontvoer sonder dat haar vriendinne daarvan bewus was.'n Inwoner...

Be safer this festive season

5 months ago - 17 December 2018 | Crime

Just in time for the festive season, the MakeANoise initiative launched a personal safety alarm in Windhoek on Friday.MakeANoise is a community safety and crime...

Basadi busts crime

5 months ago - 10 December 2018 | Crime

The police made a total of 249 arrests over five days during the second phase of Operation Basadi that took place in the capital last...

Gru-ontdekking op Epako

5 months ago - 26 November 2018 | Crime

Yolanda Nel‘n Skokkende fonds is onlangs in die plakkerskamp van Epako gemaak, toe ‘n verbyganger op honde oorskot afgekom het wat geslag was.Nog ‘n inwoner...

Latest News

Toilet in hotel se plek

5 days ago - 19 May 2019 | Infrastructure

Okahandja • Yolanda NelTwee maande ná die Okahandja Hotel-gebou stil-stil in die dorp gesloop is, het inwoners nou 'n nuwe hoofpyn, met die rommel wat...

Met of sonder naam

5 days ago - 19 May 2019 | Local News

Windhoek • Yolanda Nel Wanneer jy Rehoboth se strate begin op of af ry, vra jy nie vir iemand 'n straatnaam nie, want boorlinge van...

Watertekort in hoofstad neem toe

5 days ago - 19 May 2019 | Disasters

Skaars twee weke ná die Windhoekse munisipaliteit aangekondig het daar is vooruitgang in terme van waterbesparings – hoewel gering – tree streng waterbeperkings op 1...

Klokkie van hoop

5 days ago - 19 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelDie agtjarige Marjuné Fleschig is verlede Oktober met leukemie gediagnoseer.Sewe maande later kan die gesin weer ’n bietjie asemhaal nadat sy verlede...

Donated kennels making a difference

5 days ago - 19 May 2019 | Social Issues

Swakopmund • Adolf Kaure The Township Doghouse Project recently handed over doghouses to dog owners in the DRC informal settlement. The privately funded charity strives...

Aardse vreugde

5 days ago - 19 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelOngeag jou eetstyl of dieetvoorkeure, almal is elke dan en wan lus vir 'n skeppie roomys of 'n pizza met kaas. En...

Chicken for beef

5 days ago - 19 May 2019 | Agriculture

Palmwag • Nina Cerezo Gabes /Goagoseb sits on his shady veranda. In the surrounding garden, cacti and other plants are blooming, a window of his...

Namibia still imports too much...

5 days ago - 19 May 2019 | Energy

Windhoek • Ellanie SmitNamibia is aiming to generate 80% of its electricity locally within the next four years, which will assist in sustaining the growing...

Beer Pong for Hope

5 days ago - 19 May 2019 | Social Issues

The Auas Valley Shopping Mall recently donated food and basic necessities valued at N$10 000 to the Hope Village in the capital, following the Clausthaler...

Load More