Perde erg mishandel

Talle sake van dieremishandeling is onlangs en veral in die Omahekestreek aangemeld, terwyl oortreders bykans skotvry daarvan afkom.

17 March 2019 | Crime

Dis verskriklik hartseer om te sien hoe behandel mense diere. Annelise Langenhoven, Animal Rescue.

Gobabis • Yolanda Nel

’n Perd wat in Januarie weens dieremishandeling van ’n plaas op Drimiopsis verwyder is, is nou weer terug na waar hy vandaan gekom het, nadat ’n boete van N$500 betaal is.

Volgens Annelise Langenhoven van Animal Rescue op Gobabis is die perd in Januarie in haar sorg geplaas nadat ’n saak van dieremishandeling teen die dier se eienaar aanhangig gemaak is.

“Die ergste is, jy gaan nooit weet hoe lank hierdie perd die mishandeling moes verduur voor iemand dit raakgesien het nie,” sê sy. “En noudat die dier weer op die been is, moet ek afstand doen.”

Die perd was erg mishandel en toe hy by Langehoven aankom, het hy sere oor sy hele lyf gehad.

“Wat help ’n boete van N$500?” wou sy weet.

Dié bedrag is by verre minder as die uitgawes wat sy gehad het om vir bykans twee maande na die dier om te sien, te huisves en te voer.

Die man in wie se sorg die perd nou is, is nie die eienaar nie. “Die eienaar is in Gobabis iewers. Hier weet niemand aldag wat van die diere word nie.”

Vrae aan Gobabis se polisie oor die kwessie is nie beantwoord nie. Niemand met wie Windhoek Express in verbinding getree het, was bewus van die saak nie.

In ’n ander voorval is ’n perd langs die pad gekry met toue om haar pote gebind.. “Dit blyk die toue was vir sowat vyf dae om die perd se pote voordat iemand daarvan ingelig is,” vertel Langenhoven.

Iemand het wel gestop om vir die perd water te gee, maar weens haar toestand en beserings het die dier later gevrek.

“Dis verskriklik hartseer om te sien hoe mense diere behandel.”

Donkie doodgeslaan

In nog ’n voorval wat intussen by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) aangemeld is, het ’n man ’n donkie doodgeslaan. “Dit het baie erg gelyk. Hoe slaan jy ’n dier dood?”

Dieselfde man wou glo ook ’n perd en haar vul inspan, maar boere in die omgewing het hom gekeer omdat die perde brandmaer is. Geen verdere inligting oor dié saak was teen druktyd beskikbaar nie.

In Februarie vanjaar is die gemeenskap geskok toe ’n kleinhoewe-eienaar van Bodenhausen wat daarvan beskuldig word dat hy sy vee en perde erg verwaarloos, se diere aan hom terugbesorg is.

Republikein het berig die DBV en die eienaar het ooreengekom hy kan sy vee kan terugkry, mits hy eers bewyse kan lewer dat hy verskeie vereistes met betrekking tot hul welstand nakom.

“Dit volg nadat die hoërhof op 30 Januarie ’n tussentydse bevel aan die DBV toegestaan het vir die konfiskering van 61 erg verwaarloosde en mishandelde beeste asook vier perde,” lui die berig.

Daarna is berig die boer het sy dooie diere eenvoudig met nuwes vervang, waarna dié ook verwaarloos is.

Die DBV sê hulle ondersteun die standpunt dat dit beter is om die eienaar op te voed oor die vereistes vir behoorlike omsien na sy diere. Ook moet die eienaar “gerehabiliteer” word om sy vee met deernis en waardigheid te behandel.

Similar News

 

Thieves using ‘Nampol’ facemasks

2 weeks ago - 09 September 2020 | Crime

The police has warned members of the public to be wary of unscrupulous individuals impersonating police officers by wearing face masks imprinted with police logosAccording...

No StartUp ‘facilitation’ fees - MITSMED

2 weeks ago - 08 September 2020 | Crime

The ministry of industrialisation and trade (MITSMED) has warned that unscrupulous individuals are soliciting funds from the public in an illicit manner to facilitate the...

Con man sues government for N$5 million

2 weeks ago - 08 September 2020 | Crime

Windhoek • [email protected] Hardap prison inmate and South African citizen convicted on multiple charges of fraud has filed a N$5 million lawsuit against various authorities...

Immunity dismissed by Supreme Court

1 month - 20 August 2020 | Crime

Windhoek • [email protected] police officer who was granted immunity last year from further prosecution on corruption and blackmail charges dating back nine years, saw that...

Dozen pyramid schemes uncovered

1 month - 18 August 2020 | Crime

The Bank of Namibia (BoN) conducted investigations into 12 suspected illegal financial pyramid schemes uncovered in the country in 2019 and 2020.According to deputy director...

She was a warrior

1 month - 11 August 2020 | Crime

Windhoek • [email protected] years after unarmed protestor Frieda Ndatipo was killed during a clash between struggle kids and the police at the Swapo headquarters in...

Namibia remains tough on human trafficking

1 month - 03 August 2020 | Crime

Windhoek • [email protected] has joined the global community calling on countries to remain vigilant and pro-active as the world health crisis ravages economies and exposes...

Fraudsters still at it

1 month - 28 July 2020 | Crime

The reduction in physical shopping, together with social distancing and a heightened awareness of personal safety, have made online shopping our go-to place for retail...

Securing a poaching scene – the right way

2 months ago - 22 July 2020 | Crime

What should a farmer, lodge manager, landowner or a farm worker do when he stumbles across a poaching scene?Participants of the Animal Crime Scene and...

Bosses beware – scammers at it again

2 months ago - 13 July 2020 | Crime

Nampol has warned members of the public, personal assistants to chief executives and managing directors, as well as CEOs and MDs themselves, to be weary...

Latest News

Going green for CP

10 hours ago | Education

Paint the world green for Cerebral Palsy (CP) Awareness on 6 October!As part of this day, Dagbreek Special School will be selling green ribbons at...

DBN Innovation Award winner makes...

11 hours ago | Business

Winner of the Development Bank of Namibia (DBN) 2019 Innovation Award, Pulsar Electronics, is making strides with a DBN enterprise development and support package that...

Cultural heritage in the spotlight

11 hours ago | Art and Entertainment

Windhoek • Steffi BalzarThe annual Namibian Heritage Week currently taking place, is themed “Ombazu Ndjiritutumuna” or “Building Cultural Resilience – the new normal”.The theme deals...

Drive local, support local

11 hours ago | Business

If you are in the market for a new or used Volkswagen, or if your prized possession needs a specialised service, then look no further...

Just the best for baby

11 hours ago | Business

Belle's Baby Boutique opened a mere three months ago, but has grown in leaps and bounds since then.According to owner Isabelle van der Walt, her...

PES and Tekken7 finals this...

11 hours ago | Sports

The Namibian Electronic Sports Association (NESA) host the 2020 National Finals for eFootball PES2020 and Tekken7 on Saturday, with Namibia’s finest esports athletes in these...

Informal residents tackle waste

11 hours ago | Environment

Windhoek • [email protected] an estimated 61 tonnes of human faeces plus household trash dumped in Windhoek’s informal settlement open areas every day, the community on...

Take a breath at The...

15 hours ago | Health

“I read a quote recently that said it doesn’t matter how you start with yoga, it works either way,” says Lara-Lyn Ahrens of the Yoga...

For all your POS solutions

1 day - 23 September 2020 | Business

Ever given a second thought to where your till slip comes from? Or the receipt the ATM spits out after withdrawing your hard-earned cash? Or...

Load More