Pikkie Paradys word mondig

03 October 2019 | Education

Gerine Hoff

Met 21 jaar agter die rug, is Pikkie Paradys pre-primêre skool nou volwaardig mondig.
Wat in 1998 as ’n droom vir Florene Louw begin het, is nou – saam met Yvette Kruger – bewaarheid en sien hulle elke jaar saam na honderde kinders se opvoedundige welstand om.
Albei vroue is onderwyseresse wat ’n passie het vir hul beroep – iets wat duidelik weerspieël word in by skool wat in Kleine Kuppe geleë is.
Toe Florene, wat toe ’n laerskoolonderwyseres was, in 1998 die geleentheid kry om ’n pre-primêre skooltjie wat van ’n huis bedryf is met 30 kinders oor te neem, het sy dit met albei hande aangekryp. Yvette het nege jaar later en ná haar studies aan Stellenbosch, as onderwyseres by Florene aangesluit en nóg twee jaar later by die skooltjie ingekoop.
Intussen het Pikkie Paradys só uitgebrei dat nog ’n eiendom gehuur moes word. Dis toe wat daar saam-saam aan die droom van ’n eie skool begin slyp is.
“Ons het begin na erwe soek en só is hierdie erf [in Kleine Kuppe] deur die Here aan ons gegee,” sê Florene. “Dit was op daardie stadium die enigste erf wat nog vir skole beskikbaar was,” sê Yvette, “en die manier waarop dit na ons gekom het, was net ongelooflik,” voeg Florene by. “Ons het niks geweet van malls wat kom nie – dit was eenvoudig net ’n erf in Kleine Kuppe wat aan ons toegeken is! Dit was absoluut ons groot droom om ’n skooltjie hier van die grond af te kry en wat ’n werklikheid geword het.”
Vista Construction het in 2011 met konstruksie aan die nuwe skoolgebou begin “en ons gehelp om ons droom te bewaarheid,” sê Florene. Só kon hulle in Januarie 2012 met 200 kinders, van babas tot voorskoolse leerlinge, open.
Intussen het die skool aansienlik gegroei en ná aanbouings in 2016 wat ook ’n Engelse stroom – Little Einsteins – bygevoeg het, kan hulle nou meer as 400 kinders huisves.
Saam met die aanbou van klasse, is administratiewe kantore en ’n ten volle toegeruste gimnasium vir die kleintjies ook bygevoeg.
Die passie wat die twee vir kinderopvoeding het, is duidelik in die skool te sien wat op die hoek van Ombika- en Frankie Fredericksstraat geleë is. “Maar dis die kleintjies se behoeftes en ontwikkeling wat vir ons ’n prioriteit bly,” sê Florene. “Ons werk baie hard om hulle sosiaal, emosioneel en kognitiewe voor te berei vir formele skooltoetrede.”
Die skool se 82 personeellede wat van 07:00 tot 17:30 elke weeksdag na die kleintjies omsien, deel hulle droom. “Ons personeel is professioneel en passievol, want ons is die hele dag daardie kleintjie se mamma en pappa,” sê Yvette.
Pikkie Paradys spog met opgeleide personeel in die graad RRR, RR en R klassies. Boonop beskik die skool ook oor ’n siekeboeg met ’n paramedikus. “Alle klasse en die speelgrond is toegerus met kamaras om seker te maak ons kleintjies is ten alle tye veilig,” sê Yvette.
Behalwe vir die voldag sorg, kry die kleintjies ook twee etes per dag. Pikkie Paradys het ook ’n nasorgfasiliteit vir kinders van Gimnasium. “Hulle word by die skool gehaal, ons help met hulle huiswerk, gee vir hulle kos en ons ry hulle vir skolesport rond,” sê Yvette.
Die skool is 11 maande van die jaar oop. “Ons maak net Desember toe,” sê sy.
“Dit was ’n lang pad, maar ons glo dit is ’n nalatenskap waaraan ons voortdurend bou,” sluit Florene af.
Ouers wat hulle kinders by die skool wil inskryf, kan nou só maak. Kontak Pikkie Paradys by 061 400 511 of besoek www.pikkieparadyswindhoek.com of maak ’n draai by hulle Facebook-blad.

Similar News

 

Helping kids write their own success stories

21 hours ago | Education

On Friday (22 November 2019) the Banker Association of Namibia (BAN) enhances their stationery drive with a Shake-a-tin drive taking place at various intersections in...

Goodbye, for now

6 days ago - 12 November 2019 | Education

The Deutsche Höhere Privatschule Windhoek (DHPS) bid farewell to 44 Abitur graduates who are entering a new phase of their lives.The event not only marked...

Education Ministry receives books

6 days ago - 12 November 2019 | Education

Yolanda Nel The First Rand Foundation donated books to the Ministry of Education, Arts and Culture to the value of N$50 000 on Tuesday. According...

New classrooms for CLaSH

1 week ago - 06 November 2019 | Education

Celebrating its 30th anniversary, The Association for Children with Language, Speech and Hearing Impairments of Namibia (CLaSH) completed a new building on the premises of...

UNIC supports ‘One Child, One Book’ campaign

1 month - 16 October 2019 | Education

The United Nations Information Centre (UNIC) Windhoek handed over books valued at N$12 000 to the Ministry of Education, Arts and Culture (MoEAC), through the...

Creating leaders of the future

1 month - 01 October 2019 | Education

A group of 20 newly appointed Learner Representative Council (LRC) members from ten government schools in the Khomas region, got the chance to build to...

Ready to read

1 month - 30 September 2019 | Education

Schools in Gobabis ended the National Readathon Week with reading and spelling activities in the town on Friday. The event is a weeklong campaign run...

Four more Namibians to study in Japan

1 month - 24 September 2019 | Education

Four Namibian scholars who received scholarships from the Japanese government to complete their postgraduate studies there, visited the Japanese ambassador to Namibia, H.E. Hideaki Harada...

A century for Waldorf schools

1 month - 20 September 2019 | Education

This year Waldorf schools around the globe celebrate the opening of the first Waldorf school in Stuttgart, Germany, a century ago and schools in Namibia...

ADB’s Felipe visits NUST

1 month - 20 September 2019 | Education

Earlier this week the Namibia University of Science and Technology (NUST) in collaboration with the Bank of Namibia (BoN), hosted a public lecture titled If...

Latest News

Herrie oor straatnaamverandering

4 hours ago | Local News

Yolanda Nel Die verandering van 13 straatname in Windhoek om hulde aan Namibiese helde te bring, hetinwoners die harnas in.Behalwe vir die kostes van sulke...

Air Nam’s Frankfurt flight back...

17 hours ago | Business

Air Namibia announced that it’s Windhoek – Frankfurt flight is operating as per schedule again following an incident that involved one of the airline’s Airbus...

US launches circumcision drive

17 hours ago | Health

US Ambassador Lisa Johnson launched the new PEPFAR-funded voluntary medical male circumcision (VMMC) program “SAFE VMMC” in Namibia.The up to five-year, US$33.5 million program is...

Helping kids write their own...

21 hours ago | Education

On Friday (22 November 2019) the Banker Association of Namibia (BAN) enhances their stationery drive with a Shake-a-tin drive taking place at various intersections in...

DBN awards innovators

23 hours ago | Business

Winner of the Development Bank of Namibia (DBN) 2019 Innovation Award, Pulsar Electronic Solutions, propose a smart metering platform to enable household and enterprise electricity...

Top shot tennis

1 day - 18 November 2019 | Sports

The FNB School League national tennis competition took place last weekend and due to the high number of participants from the two best schools per...

SBN makes its NSX debut

1 day - 18 November 2019 | Banking

Standard Bank Namibia (SBN) Holdings Limited became the latest member of the Namibia Stock Exchange (NSX) on Friday, with its shares starting to trade at...

Chill with Windhoek Express

4 days ago - 14 November 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Celebrate the diversity of life, an art exhibition by Gerdis Stadtherr featuring a variety of different styles, can be viewed at 19 Metje...

Suzy launches her own site

4 days ago - 14 November 2019 | Art and Entertainment

Well-known Namibian saxophonist Suzy Eises launched her own website at a swanky event in the capital last night (13 November). Through the website, her fans...

Load More