Plaaslik, op jou vingerpunte
23 November 2020 | Business
By The Local is alles presies net dit – plaaslik. En as jy ’n ondersteuner is van plaaslike produkte en
goedere, gaan hierdie aanlynwinkel vinnig jou nuwe gunsteling webblad wees.
Entrepreneur Nerine Uys het besluit om ’n eenstopwinkel te skep wat eg Namibiese produkte lewer.
“Jy hoef nie nou elke besigheid self te kontak en jou bestelling te gaan optel by drie verskillende
plekke nie,” verduidelik sy.
Hier kry jy alles onder een dak. En die beste van alles? Jy betaal nie méér vir die produkte nie.
“Dit is belangrik dat mense kan sien watter ongelooflike produkte ons Namibiërs mee vorendag kom.
En ek is opgewonde om daardie platform te kan skep,” sê sy.
Na die jaar wat mense regoor die land beleef het, is dit nou veral die tyd om plaaslik te ondersteun.
“Covid-19 het almal geraak, veral finansieël. Hierdie besighede is afhanklik van ons om seker te maak
hulle kan kos op die tafel sit,” sê Nerine.
Daar is reeds ’n verskeidenheid produkte op haar webblad beskikbaar wat vissel van kos en juwele
tot kinderboeke en lekker lyf produkte. Daar is tot produkte vir die mans en ietsie vir die huis, tuin
en kombuis. “En as jy nie weet wat om te kry nie, is daar vooraf saamgstelde geskenkpakke wat ook
beskikbaar is,” verduidelik sy.
Nerine kan ook vir jou ’n korporatiewe geskenkpak aanmekaar sit om seker te maak jy bederf jou
lojale kliënte. As jy nie tyd het om jou pakkie te gaan optel nie, is daar ook ’n afgeleweringsdiens.
Hulle maak van SunCycles se sonaangedrewe e-bikes gebruik om pakkies in Windhoek af te lewer,
wat wee reens nog ’n plaaslike besigheid ondersteun en beter vir die omgewing is.
So waarvoor wag jy? Gaan loer vandag nog wat alles te koop is by thelocal.com en ondersteun
plaaslik. Indien jy jou produkte op dié platform wil adverteer, kontak Nerine by
[email protected]