Prioriteite vs Le Creuset

24 August 2017 | Opinion

Yolanda Nel

Pappa Nel het ons mooi geleer hoe om met ons geld te werk. Begroot was die hardwerkendste werkwoord in die huis.

Behoeftes. Begeertes. Uitgawes.

’n Dekade en ’n half later is die begeertes ’n vergete herinnering wat iewers in ’n dagboek opgeskryf staan. Nooit is lang tyd, maar meeste van daardie begeertes sal drome bly. Daarvoor is die behoeftes te baie en die salaris te min.

Die ekonomie knyp en almal voel dit. Die belt word stywer getrek en jy betaal meer geld vir minder chocolate. Dit voel kompleet soos ’n gedwonge dieet.

Maar ek bly dankbaar. Ek het ’n huisie, al is die stoele selfgemaak. Die kas val uitmekaar en daar is te veel gate in die muur wat nie deur die vorige huurder ge-pollyfiller is nie. Die toilet lek en die kraan is stukkend. Maar dis myne. Alles sal met tyd regkom.

Maar met die verf wat afdop en die teels wat kraak, is die kans vir begeertes min. Dalk is dit hoekom die Bybel sê ons moenie begeer nie.

Dan op ’n dag lui my foon en ’n opgewonde vrou aan die ander kant laat dit klink of ek al moes geweet het ek het ’n kompetisie gewen. Ek is opgewonde. Le Creuset. Daai potte en panne (ag kom ons wees eerlik – enige iets in die reeks) is ’n begeerte.

“Daai is bederf wat jy jouself nooit sal gee nie,” sê ‘n vriendin.

Ek vertel vreeslik vermakering vir die kollegas van my wen, toe een sommer geld aanbied. Ek voel ongemaklik. “Dink aan jou vakansie Thailand toe,” sê Pippa. “As jy die potte verkoop dan is jou vliegtuigkaartjie klaar betaal,” sê ’n ander. Kontant kan ’n langpad stap vir iemand met reisplanne. Ja, nog ’n begeerte.

“Baie dankie,” sê Hammelie en reken dit sal ’n baie goeie verjaarsdagskenk maak.

Ek moet eers dink. Neem kennis dat my liefde vir Hammelie nie gemeet word aan die huiwering om my potte en panne vir haar te gee nie. Dis Le Creuset. Ons moet realisties wees.

“Dis eintlik ’n belegging,” sê die vriendin weer. Ek dink aan my vakansie. Dis sonde om te begeer. Maar is dit begeer as ek dit gekry het? As dit klaar myne is? Ek het dit mos gewen.

Ek gaan slaap oor die saak. Kollega se aanbod van kontant bly in my agterkop. Ek kyk weer na my vakansieplanne.

Vir die eerste aand staan Le Creuset op die tafel vir almal om te sien. Dit is die Calvin Klein van potte. Dit verkoop eintlik homself, met abs op die regte plekke.

Die volgende oggend voel ek fancy met my potte wat steeds op die tafel staan, maar is ietwat teleurgesteld in die feit dat die potte nie self koffie maak nie.

Pappa Nel het nooit vir my gesê hoe gemaak wanneer twee begeertes teen mekaar kompeteer nie. En vir die eerste keer is daar plek vir ’n begeerte. Pippa sê weer ek moet kyk na my prioriteite. Ek is verward met die idee dat begeertes geprioritiseer moet word, maar ek weet wat ek moet doen.

“Liefste Hammelie, hier is vir jou potte en panne. Le Creuset is mos eintlik jou begeerte. Ons is nou kwits.”

Ek gaan Thailand toe.

Similar News

 

Say it!

2 months ago - 27 May 2019 | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say. Namibia se regering behoort hulle te skaam oor die toestand...

Say it!

4 months ago - 15 April 2019 | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say. Riverside avenue in Swakop which describes exactly where it is,...

Say it!

5 months ago - 24 March 2019 | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say. Kan mnr. Amupanda asseblief vir ons die statestieke wys waar...

Say it!

5 months ago - 17 March 2019 | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say.Something is terribly wrong with our justice system and needs urgent...

Dating in jou dertigs

1 year - 05 October 2017 | Opinion

Yolanda NelOm te date is seker een van die mees vreesaanjaende dinge om te doen. Dit is eintlik baie soos ’n werksonderhoud, net sonder al...

News from the coast

1 year - 24 August 2017 | Opinion

This week readers can look forward to an inspiring article in the Erongo about the South African Born Australian woman, Claire McFarlane, who will be...

Straatkinders steeds ’n probleem

2 years ago - 17 August 2017 | Opinion

So rukkie terug het al die koerante oor straatkinders berig. Dan is die kinders weer ’n rukkie nie op straat te sien nie. Ek vermoed...

Opinion

2 years ago - 06 July 2017 | Opinion

• How will it take to lift the moratorium on selling and leasing land in Okahandja? This moratorium was placed due to irregularities in...

SMSe

2 years ago - 08 June 2017 | Opinion

Dit is lekker om te sien van al die barmhartige Samaritane in ons land wat kos ingesamel het vir mense in nood. Goeie werk Hugs4Christ....

Opinion

2 years ago - 26 May 2017 | Opinion

Safe haven for victims of GBV: Wonderful news! Now let’s just home staff manning the office have a genuine concern for victims, also that the...

Latest News

Thomas, Armas victorious

5 days ago - 18 August 2019 | Sports

Windhoek • Limba MupetamiThe electrifying 19th edition of the Old Mutual Victory was won by Reinhold Thomas and Alina Armas in the respective men and...

City of angels

6 days ago - 18 August 2019 | Society

Tanja Bause “More and more kids in Namibia are being orphaned daily and fewer people are taking care of them,” says Bettie Hoakhaos (52) of...

Ongos on the go

6 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

The groundbreaking ceremony for the N$ 4.3 billion housing project of the Ongos Valley took place in the capital this earlier this week. A total...

Residents and |Gôagoses at loggerheads

6 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

Residents of Duneside informal settlement in Rehoboth’s Block E said they want their Town Council and the Rehoboth Urban East Constituency office to bring basic...

Good possibility for rain

6 days ago - 18 August 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerFor many Namibians, especially farmers, there may be a small glimmer of hope. The strong El Niño phenomenon, which is one of...

Giving hope to the destitute

6 days ago - 18 August 2019 | Social Issues

Walvis Bay • Leandrea Louw The Promiseland Trust, established in Walvis Bay in 2009, feeds more than 2 500 children across the town every day.Founded...

Vlinders vlieg hoog

6 days ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Agriculture in harmony with nature

6 days ago - 18 August 2019 | Environment

“Sustainability so often has negative connotations,” says Fabian von Hase. He finds the term “ecological health” more fitting.“Sustainable means that we do less harm to...

Prickly intruders

6 days ago - 18 August 2019 | Environment

Windhoek • Theresa Lang Gunhild Voigts carries gardening tools with her wherever she goes. Peek in her car and you will find rakes, saws and...

Load More