Probiotika vir braaikuikens

’n Mens moet letterlik “sterk staan” om hierdie tipe navorsing te kan doen, sê wetenskaplike.

17 December 2018 | Education

'n Probiotikum vir braaikuikens, met die mikrobioom van vrylopende hoenders as grondslag, is suksesvol ontwikkel en gepatenteer deur 'n PhD- student in mikrobiologie by die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Natuurwetenskappe.

Deon Neveling, wat sy doktorsgraad by die US se Desember-gradeplegtigheid ontvang, sê 'n mens moet letterlik “sterk staan” om hierdie tipe navorsing te kan doen.

Boonop moet jy ook dikvellig wees en probeer om almal wat 'n eiertjie te lê het oor die stank van jou werkstasie, te ignoreer! “Maar op die ou end was my kollegas omtrent die hoenders in vir my en moes ek maar my navorsing na 'n klein kamertjie in die verste hoek van die JC Smuts-gebou skuif,” lag hy. Volgens sy studieleier, prof. Leon Dicks, is dit die eerste keer dat 'n probiotikum vir braaikuikens ontwikkel word wat berus op die dermkanaalmikrobioom van vrylopende, gesonde hoenders. “Dit wil sê: 'n probiotikum vír hoenders, afkomstig ván hoenders,” skerts hy.



Soeke na mikrobes

Maar hoe kry jy die mikrobes wat in vrylopende hoenders se dermkanaal hou, in die hande?

Deon verduidelik dat hy die weggooibinnegoed afkomstig van die geslagte vrylopende hoenders van Mariendahl, die universiteit se proefplaas, versamel het. Dit het hy dan tot 'n vloeistof verpulp en oor 'n paar honderd petribakkies versprei.

Sodra die bakterieë begin groei het, het hy enkelkultuurkwekings geïsoleer en die spesies geïdentifiseer – voorwaar 'n arbeidsintensiewe proses.

Na verloop van agt maande het hy daarin geslaag om ses voordelige bakteriële spesies te identifiseer – elkeen uit 'n baie spesifieke gedeelte van die dermkanaal.

Bogenoemde bakterieë is toe aan 'n reeks toetse onderwerp ten einde te verseker dat hulle aan probiotikavereistes voldoen. Die volgende stap was 'n toets om vas te stel of dit veilig is as voerbymiddel. Laastens moes die probiotikum sy staal toon ten opsigte van sy vermoë om die insidensie van Salmonella onder braaikuikens te verminder.

Probiotika vs antibiotika

Deon verduidelik dat daar wêreldwyd 'n tendens is om eerder probiotika, in plaas van antibiotika te gebruik om die gesondheid en oorlewingskoers van braaikuikens te verbeter.

“In die Europese Unie is die gebruik van antibiotika in veevoer om groei te bevorder, byvoorbeeld verbied.

Dit is gedoen in 'n poging om natuurlike seleksie vir antibiotikaweerstandige patogene te beheer en te verseker dat die antibiotika wat tans op die mark is, effektief bly in die behandeling van infeksies by mens en dier.”

Die byvoeging van probiotika tot braaikuikenvoer is egter nog ver van alledaagse kommersiële implementering.

Dít is hoofsaaklik toe te skryf aan 'n gebrek aan diepgaande kennis van die komplekse dinamika van die pluimveedermkanaal, en die magdom faktore wat die doeltreffendheid van probiotika beïnvloed.

Deon sê die volgende stap sal wees om iemand te kry om te belê in die grootskaalse toetsing van sy nuutontwikkelde probiotikum. En dan hoop hy om eendag 'n Suid-Afrikaanse maatskappy te stig wat diereprobiotika vervaardig.

Similar News

 

Vocational skills competition launched

1 day - 24 March 2019 | Education

Vocational education is the answer to the country’s high unemployment rate, particularly youth unemployment, said Standard Bank’s Head of Marketing, Communications and CSI, Magreth Mengo,...

Lovisa heading to Japan

1 day - 24 March 2019 | Education

Lovisa Panduleni Johannes, a graduate of the University of Namibia (Unam) will be leaving Namibia for Japan to pursue her dream of advancing her research...

Exchange changes opinions

1 day - 24 March 2019 | Education

Six exchange students to Germany have come back with insight and memories after an eye-opening experience.The student exchange is an important tool to foster understanding...

PE4Life guide ready for action

1 day - 24 March 2019 | Education

The first Physical Education for Life (PE4Life) Educator's Guide was launched in the capital earlier this week, coinciding with the training of teachers about the...

A century plus ten

1 week ago - 17 March 2019 | Education

Celebrating the DHPS's 110th anniversary, a real “festive week” was held at the school. In addition to the Orchestra Week of German Schools in Southern...

Leave a little light on

1 week ago - 17 March 2019 | Education

A thousand solar lighting kits were handed to the University of Namibia by the Ministry of Mines and Energy, to be distributed amongst secondary school...

Standing ovations at Orchestra Week

1 week ago - 17 March 2019 | Education

Melodies of the violin, flute, percussion and brass instruments dominated the soundscape at the Deutsche Höhere Privatschule Windhoek (DHPS) last week, with the Orchestra Week...

Tutor centre opens in Omaheke

1 week ago - 17 March 2019 | Education

Gobabis • Yolanda Nel A tutor centre opened in Gobabis recently, providing extra lessons to assist students of the area with homework.The Omaheke College offers...

Maltas head south

1 week ago - 17 March 2019 | Education

The 2019 Management, Leadership & Talent Search (Maltas) boot camp recently concluded at the 19th century Duwisib castle.The aim of this 3- day boot camp...

Nuwe kleuterskool vir Reho kom

2 weeks ago - 10 March 2019 | Education

Rehoboth • Yolanda NelDie bestuur van die Rehoboth Privaatskool het onlangs besluit ’n kleuterskool sal ’n aanwins vir die skool wees.“Die skool bied reeds onderrig...

Latest News

Beach volleyball action at the...

23 hours ago | Sports

Social division action from the first day of the Namibian Volley Ball Federation (NVB) organised 2019 Bank Windhoek Swakopmund Beach Volleyball tournament at the Mole....

Schools compete at desert sport...

23 hours ago | Sports

The sixth annual Buco Desert Sport Festival took place from 19 to 23 March at the Walvis Bay Private High School sports field. This year...

Bullseye

23 hours ago | Sports

Thirty eight archers are competing at the first ever outdoor target archery competition in Swakopmund. The competition which is taking place over two days...

The soldiers among us

23 hours ago | Sports

Windhoek • Yolanda NelHundreds of athletes and rookies joined in the fun during the Toyota Warrior Race that took place at Heja Lodge yesterday. Armin...

Two in a row for...

23 hours ago | Sports

Swakopmund • Adolf KaureThe second edition of the Sanlam Coastal Marathon took place in Swakopmund.Mynhard Kauanivi won the men's 42.2 km marathon for the second...

Fundraising for strays

1 day - 24 March 2019 | Society

Windhoek • Yolanda NelGiven that a single pair of dogs and their offspring are able to produce more than 11 000 puppies a year and...

Kom bak en brou saam

1 day - 24 March 2019 | Society

Windhoek • Yolanda NelWou jy nog altyd ook koekies mooi versier, maar die taak lyk glad nie bereikbaar nie?Dan is hierdie ’n geleentheid wat jy...

Little foot entertains

1 day - 24 March 2019 | Business

A newly erected chameleon structure is entertaining children at the Grove Mall of Namibia.Since chameleons are well-known for their adaptations to survive the brutal deserts,...

A better future for the...

1 day - 24 March 2019 | Social Issues

Windhoek • Yolanda NelStatistics on how many Namibian children are at risk, is dire. As a result, a group of people decided that something needs...

Load More