Reho bejaardes met Kersete bederf

17 December 2018 | Society

Boet Matthews

Dit was Woensdag ’n miernes van mense toe die Heilige Hart van Jesus-kerk sy jaarlikse Kersete by die St. Joseph-skoolsaal op Rehoboth gehou het, danksy ’n borgskap deur Shoprite Namibië en City Stationers cc.

Voor die ete het vr. Gavin Atkins ’n diens gelei. Tydens sy preek het hy gesê ons moet ons bejaarders waardeer. “Ons moet hulle ondersteun en dankie sê aan ons Hemelse Vader dat sommige van hulle nog lewe en, belangrikste van alles, ons moet vir hulle bid en vra dat God Sy genesende hande oor hulle uitsteek.”

Voorts het Atkins gesê daar is heelwat senior burgers wat afgeskeep word. “Ons gaan vra nooit hoe dit met hulle gaan nie. Besoek hulle gereeld en vra wat hulle nodig het. Daar is sekere senior burgers wat nie meer kan loop nie en die res van hul lewe in ’n bed moet lê.

“Onthou, as jy jou ouers waardeer, sal die Here jou seën. Julle weet mos wat die vierde gebod sê: Eer jou vader en moeder sodat jou dae verleng mag word,” het Atkins gesê.

Op sy beurt het Johan Wohler van die pastorale raad sy dank uitgespreek teenoor gemeentelede, die ondersteunende maatskappye en indivudue wat insette gelewer het.

“Ek glo die bydra van Shoprite Namibië en City Stationers cc het ons senior burgers ’n hupstoot gegee. Dit was ’n pragtige gebaar om die dag vir sowat 100 senior burgers moontlik te maak,” het hy gesê.

Sowat 150 kos-en-geskenkpakkies is ook tydens die geleentheid aan die oues van dae oorhandig.

“Ons is baie tevrede met die opkoms en sal in 2019, as die Here wil, koppe bymekaar sit en hande vat om weer so ’n geleentheid aan te bied,” het Wohler afgesluit.

Similar News

 

Mammadu celebrates successes

1 month - 17 December 2018 | Society

After two months and three weeks of noise and dust, a new eating area, activity room, classroom and shaded parking is complete at the Mammadu...

A tsunami of kindness

1 month - 17 December 2018 | Society

Along with celebrating 111 years of local financial services, FNB Namibia launched its 111 Acts of Kindness initiative last week.According to FirstRand Namibia's chief marketing...

Don't dis ability

1 month - 26 November 2018 | Society

Deputy minister of disability affairs, Alexia Manombe-Ncube, urged communities to create an inclusive society that allows people with disabilities to participate in all aspects of...

Kerk reik na Dordabis uit

2 months ago - 12 November 2018 | Society

Dis amper Kersfees en die jongklomp is reeds besig om briefies oor geskenke aan Kersvader te skryf. Vir baie is dié hoop egter nie beskore...

Help give Gifts 4 Kidz

2 months ago - 12 November 2018 | Society

Once again Hugs 4 Christ (H4C) is launching their Christmas shoebox and party project, Gifts 4 Kidz, with the aim of giving the orphans of...

Blood drive a success

2 months ago - 29 October 2018 | Society

A total of 92 Bank Windhoek employees and customers donated blood at the bank’s third round of blood donation clinics held in the capital.When asked...

Maria Legioen vier 55 jaar

2 months ago - 22 October 2018 | Society

Vir 55 jaar beweeg hulle in die wingerd van die Here en soos die getroue dienaars van die Maria Legioen is, werk hulle oortyd om...

Betoging stopgesit

3 months ago - 15 October 2018 | Society

Rehobothers het beplan om Vrydag tot by die dorpsraad te betoog om 'n petisie te oorhanding oor die voorwaardes waaronder erwe op die dorp verkoop...

Taking hands to change lives

3 months ago - 15 October 2018 | Society

After seeing the disruptive effects that HIV/AIDS has on the lives of Namibian families, especially in Katutura, one family from South Africa decided to make...

Picnic under the stars

3 months ago - 24 September 2018 | Society

A fundraiser is being hosted by the El-Andri Trust in October in support of the Side by Side Early Intervention Centre, to raise money for...

Latest News

Let Chalk do the talking...

13 hours ago | Sports

Yolanda Nel - All the way from Finland, this professional gymnast opened a club in Windhoek that focuses on the sport and performance training.Fanni Duncan,...

Hengelkampioene deel hul kennis

13 hours ago | Sports

Gerine Hoff - Saterdagoggend het lede van die Benguella-hengelklub en lede van die publiek aangesluit vir 'n aasaanbiedingskliniek wat deur pa-en-seun Etienne en André-Louis Stipp...

Mammadu celebrates successes

1 month - 17 December 2018 | Society

After two months and three weeks of noise and dust, a new eating area, activity room, classroom and shaded parking is complete at the Mammadu...

Christmas lunch for Windhoek’s elderly

1 month - 17 December 2018 | Government

Windhoek’s mayor last week hosted a Christmas lunch for the city’s elderly residents at the Katutura multipurpose centre field.Speaking at the event, mayor Muesee Kazapua...

Be safer this festive season...

1 month - 17 December 2018 | Crime

Just in time for the festive season, the MakeANoise initiative launched a personal safety alarm in Windhoek on Friday.MakeANoise is a community safety and crime...

Reho bejaardes met Kersete bederf

1 month - 17 December 2018 | Society

Boet MatthewsDit was Woensdag ’n miernes van mense toe die Heilige Hart van Jesus-kerk sy jaarlikse Kersete by die St. Joseph-skoolsaal op Rehoboth gehou het,...

Mile 8 comes alive

1 month - 17 December 2018 | Art and Entertainment

Yolanda Nel - With 30 years’ experience in the kitchen, this well-known MasterChef judge and chef in own right, decided to pen a cookbook in...

’n Slang in die...

1 month - 17 December 2018 | Local News

Yolanda Nel - Ná ’n hondjie sy mense-familie van ’n moontlike sebraslang-aanval gered het, het die buurtwag vir hom ’n baie spesiale toekenning gegee.Simba, die...

Road accidents on slow decline

1 month - 17 December 2018 | Accidents

Yolanda Nel - Safety, security and law enforcement remain important, especially in this time of the year.Inspector-general of the Namibian police force, Sebastian Ndeitunga, said...

Load More