Rehoboth staan saam teen moord en verkragting

Terwyl die onlangse moord op 'n nege jarige meisie steeds onopgelos is, staan gemeenskappe saam om dié euwels uit die samelewing te dryf.

17 September 2018 | Crime

'n Petisie is vroeër hierdie week aan die staatsaanklaer op Rehoboth oorhandig, ná 'n groep van 50 inwoners 'n optog teen die moord en verkragting op vroue en meisies gehou het.

Talle deelnemers het met baniere rondgeloop wat hul misnoeë oor die moord op Cheryl Avihe Ujaha uitgespreek het, sowel as die beweerde verkragting van 'n 12-jarige meisie deur haar stiefpa op Rehoboth.

“Ons is geruk deur die onnodige moorde deur dieselfde mans wat ons eens versorg het,” het die voorsitter van die Sisedi Vroueforum, Elfriede ||Garoës tydens die optog gesê. Die groep eis dat die staat nie borgtog aan hierdie oortreders toestaan nie, “omdat hulle weer dieselfde misdade sal pleeg”.

Sy het ook haar ongelukkigheid uitgespreek oor die afwesigheid van kerk- en politiekeleiers by so 'n belangrike optog. “Dit is 'n nasionale probleem en die betrokkendheid van almal is nodig,” het sy gesê.

Volgens Gaob Kavango, wat ook die optog bygewoon het, moet daar in alle erns gekyk word dat die regsstelsel geslagsgebaseerde geweld aanspreek. “Ek doen 'n beroep op ons wetmakers om streng maatreëls in plek te stel om hierdie misdade teen ons vroue hok te slaan. Ek pleit ook met die mans om vroue te respekteer en te beskerm, eerder as om hulle te vermoor en te verkrag.”

Tydens die geleentheid is 'n beroep gedoen dat diegene wat bewus is van mense wat hulself aan hierdie misdade skuldig maak, na vore moet kom en getuig. 

- Nampa

Similar News

 

Nog besighede loop onder foefie deur

2 weeks ago - 07 April 2019 | Crime

Windhoek • Yolanda Nel Weke ná ’n paar kleinsake-eienaars ander teen ’n foefie gewaarsku het, het nog twee besighede deurgeloop.In dié skelmstreek word kliënte gevra...

Last hours of anguish

3 weeks ago - 31 March 2019 | Crime

Windhoek • Ronelle Rademeyer Cellphone records and CCTV footage are being studied for answers on the last hours of anguish preceding the death of the...

Perde erg mishandel

1 month - 17 March 2019 | Crime

Gobabis • Yolanda Nel ’n Perd wat in Januarie weens dieremishandeling van ’n plaas op Drimiopsis verwyder is, is nou weer terug na waar hy...

Four-footed friends stolen

1 month - 10 March 2019 | Crime

Swakopmund • Yolanda NelThree cases of dog theft were recently reported to the police in Swakopmund. Fortunately, two of the dogs were found.The search continues...

Pirate taxis cause consternation

1 month - 03 March 2019 | Crime

Windhoek • Clemens von AltenIt is not uncommon for illegal taxis to be pulled out of traffic at check points in the capital. “Particularly striking...

Pas op vir dié skelmstreke

2 months ago - 17 February 2019 | Crime

Yolanda Nel - Kleinsake-eienaars waarsku hul kliënte teen ’n foefie waarmee hulle gevra word om vir ’n diens of produk te betaal waarvan die entrepreneur...

Jail sentence for intoxicated driver

2 months ago - 10 February 2019 | Crime

Walvis Bay • Otis Finck Elizabeth Cronje (47) was found guilty and sentenced to 15 months imprisonment for driving under the influence of alcohol here...

Vrou glo in die nuwejaar ontvoer

3 months ago - 20 January 2019 | Crime

'n Vrou wat tot vroegoggend op Nuwejaarsdag nog by 'n dans op Rehoboth was, is blykbaar ontvoer sonder dat haar vriendinne daarvan bewus was.'n Inwoner...

Be safer this festive season

4 months ago - 17 December 2018 | Crime

Just in time for the festive season, the MakeANoise initiative launched a personal safety alarm in Windhoek on Friday.MakeANoise is a community safety and crime...

Basadi busts crime

4 months ago - 10 December 2018 | Crime

The police made a total of 249 arrests over five days during the second phase of Operation Basadi that took place in the capital last...

Latest News

Klein dade, groot harte

1 week ago - 15 April 2019 | Social Issues

Toyota Indongo het verlede week in die vroeë oggendure gaan blikskud , alles ten bate van kanker. Die gesigte getuig dat 'n klein daad almal...

Staalperde in die wilde weste

1 week ago - 15 April 2019 | Events

Windhoek • Yolanda Nel Van 3 tot 5 Mei behoort die baan aan motorfietsentoesiaste, met die twee-jaarlikse Olifant-wedren op Gobabis wat 'n groot makietie beloof.“Die...

Only unoccupied structures to go

1 week ago - 15 April 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel The bid to remove illegal structures on municipal land only refers to unauthorised incomplete and unoccupied structures. In an effort to clear the...

Asbestos removal project under way

1 week ago - 15 April 2019 | Environment

Arandis • Leandrea Louw The Walvis Bay municipal council accepted a proposal by Adcon CC to rehabilitate the hazardous waste site and create more space...

The gentleman netball coach

1 week ago - 15 April 2019 | People

Walvis Bay • Adolf Kaure Bobsey Kanku Musambani whose coaching has transformed netball at the coast since his introduction to the sport, was born in...

Social entrepreneurs making their mark

1 week ago - 15 April 2019 | Education

The Red Bull Amaphiko Connect 2019 event took place at the end of March at a warehouse in Windhoek's northern industrial with more than 30...

Say it!

1 week ago - 15 April 2019 | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say. Riverside avenue in Swakop which describes exactly where it is,...

Events calendar

1 week ago - 15 April 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Follow the hidden magic, an exhibition by Anja Nowack, can be viewed at El Barrio in Windhoek until 17 April.• On the Brink,...

Go forth and save!

1 week ago - 15 April 2019 | Banking

Many graduates can benefit by adopting good money management principles early in their careers to ensure a stable and stress free financial future. “Whether you...

Load More