Rehoboth staan saam vir Chrizander en sy mense

Na 'n kankerdiagnose, het hierdie gesin se lewens drasties verander.

09 June 2019 | People

Gerine Hoff

Die Rehoboth-gemeenskap snoer kragte saam om geld in te samel vir die sewejarige Chrizander Britz wat twee jaar gelede met breinkanker gediagnoseer is, se ouers om hulle weer op hul voete te kry.

Op die oomblik ondergaan klein Zander behandeling in Windhoek, maar dokters kan in hierdie stadium net nog help deur vog van sy brein te dreineer. “Hy is in albei oë blind en verlam, en ’n operasie is buite die kwessie,” sê Ingrid Dentlinger, wat die inisiatief van stapel gestuur het.

Zander en sy ouers het op Walvisbaai gewoon, maar omdat hy in Windhoek behandeling ontvang, het sy ouers na Rehoboth verhuis om nader aan hul seun te wees.

Ingrid het vroeër hierdie week op Rehoboth Sake se Facebook-blad ’n beroep op die gemeenskap gedoen om te help. Sy sê die reaksie is ongelooflik. “RehoStance het my gekontak om op 29 Junie ’n ‘winter run’ te hou terwyl die Rehoboth Gemeenskap Massa-koor ’n gospelaand beplan.”

Die gospelaand word vir 6 Julie beplan met verskeie kunstenaars, onder andere gospelgroepe van Walvisbaai, Xavier Strauss en Elize Dentlinger, wat gaan optree. “Kallie Nel het sy klanktoerusting ook gratis aangebied,” sê Ingrid.

Sy sê verskeie plekke is reeds aangebied, maar sy het vinnig besef dit gaan te klein wees. Dus soek hulle steeds ’n venue. “Verskeie plaaslike fotograwe het ook hul dienste aangebied.” Intussen het Ingrid ’n beroep op kerke gedoen om volgende Sondag ’n N$10-legging te hou. Van die taxidrywers op Rehoboth het ingestem om ook elkeen N$10 by te dra.

Nog ’n mooi gebaar het van ’n plaaslike inwoner gekom wat ’n tweeslaapkamerhuis vir Zander se ouers, Chrissie en Jacques, aangebied het. Hulle is net verantwoordelik vir water- en kraguitgawes. “Zander se ouers moes hulle werk laat vaar toe hulle hierheen getrek het,” het Ingrid gesê.

Pa Jacques beskik oor ’n kode 8-lisensie en ’n openbare bestuurspermit. Hy kan ook sekuriteitswerk doen, as daar iemand is wat vir hom werk kan aanbied.

“Ons wil hulle net weer op hulle voete kry,” sê Ingrid. Die ideaal sou wees ’n erf waarop hulle ’n huis van hul eie kan bou.

Intussen het Ingrid vir die gesin ’n bankrekening oopgemaak. “Dit is nie ’n trustrekening nie, maar op Jacques Britz se naam, hoewel ek dit bestuur,” het sy gesê.

Bystand in enige vorm is welkom. Vir navrae of om ’n bydrae te lewer, kontak Ingrid by 081 337 7007 of [email protected]

Similar News

 

Edgy young designer dreams big

1 week ago - 03 September 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelWith a passion for fashion, this young designer is the talk of the town thanks to his extravagant, colourful outfits.Simeone Johannes has...

Changing faces at CAN

3 weeks ago - 25 August 2019 | People

There’s been some moving and shaking at the Cancer Association of Namibia, with two new staff members that recently joined the organisation.Sister Aina Nghitongo is...

Namibia's own Stevie Wonder

3 weeks ago - 25 August 2019 | People

Tanja Bause “My biggest dream in life is to be a radio presenter. I want to tell people stories and entertain them,” says Harry Rheeder...

Chasing dreams

3 weeks ago - 25 August 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw Soulful vocalist Vernice Plaatje (26) recently returned to Walvis Bay after a three-year internship at Hillsong South Africa. She...

Yes, yes, Yessonia!

3 weeks ago - 25 August 2019 | People

Swakopmund • Adolf KaureSwakopmund-born Sonia Shalukeni (31) aka Yessonia, is really making waves in the local music industry following the release of her latest singles.Yessonia...

Vlinders vlieg hoog

4 weeks ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Beauty queens aim to uplift others

1 month - 11 August 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw The reigning Miss Teen Walvis Bay, Dominique Bouwer, and the first ever Miss Pre-Teen Walvis Bay, Malinda Bam, discussed...

Alles wat mooi is

1 month - 04 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel As die ekonomie begin knyp, dan doen jy wat jy kan om 'n ekstra geldjie te verdien. Só het dit gebeur...

Oom Basil plant dat die biesies bewe

1 month - 28 July 2019 | People

Gerine Hoff Oom Basil Paris is ’n pensioenaris van Rehoboth wat glo hy is die eerste Namibiër wat ’n pynappel geplant het wat nou ’n...

The heart of a champion

1 month - 28 July 2019 | People

Walvis Bay • Adolf Kaure At the tender age of 15, Delano Müller has conquered the world of martial arts.Müller, who is currently a grade...

Latest News

Lewcor buys Elizabeth Bay Mine

3 days ago - 12 September 2019 | Business

Namdeb today announced that it sold its Elizabeth Bay Mine and associated marine assets as a going concern to a member of the Lewcor Group,...

New owner for Bytes Technology

3 days ago - 12 September 2019 | Business

Altron Rest of Africa (Altron ROA), a division of JSE-listed technology company Altron, announced the sale of a minority stake in its subsidiary, Bytes Technology...

Hey millennials, listen up!

3 days ago - 12 September 2019 | Economics

About 30 years ago, purchasing property was a no-brainer. However, millennials have been taught to question everything, including whether real estate is the best investment...

This boy is on fire

3 days ago - 12 September 2019 | Sports

Yolanda Nel With two older brothers that are well-known in the spinning community, it is no wonder their younger brother is following in their footsteps....

Going for gold

3 days ago - 12 September 2019 | Banking

Last night, Bank Windhoek launched their Selekt Gold offering with the aim of providing the market with a relevant, holistic financial solution.The Selekt Gold offering...

Barok uit die boonste rakke

3 days ago - 12 September 2019 | Art and Entertainment

’n Orrelkonsert met die musiek van Bach, Handel en Corelli is Vrydag, 27 September in die Christuskirche te hoor, wanneer die Suid-Afrikaanse konsertorrelis en vakkundige...

The world is your (shopping)...

4 days ago - 11 September 2019 | Business

After introducing the DHL Africa eShop app in April this year, it is now also available in Namibia.Since its launch, the app has seen its...

Think pink!

4 days ago - 11 September 2019 | Health

Breast and cervical cancers remain a serious concern in Namibia, with 2 474 cases of breast cancer that have been reported to the National Cancer...

Commemorate together

4 days ago - 11 September 2019 | Health

World Lymphoma Awareness Day is commemorated on 15 September every year and is dedicated to raising awareness of lymphoma, an increasingly common form of cancer....

Load More