Rehobothers boikot vulstasie

Inwoners van Rehoboth wat tussen die dorp en Windhoek pendel, is ongelukkig oor hoe hulle behandel word waar hulle by ’n vulstasie op- en afklim.

10 February 2019 | Local News

“Ek kan nie toelaat dat iemand sy besigheid van my perseel bedryf nie.” Sheryll Retief, eienaar

Yolanda Nel

Na jare se beweerde mishandeling en swak diens deur personeel, staan die pendel-gemeenskap van Rehoboth nou saam om ’n vulstasie in die hoofstad te boikot.

“Pendelaars, drywers en rylopers kla al die afgelope paar jaar oor hoe sleg hulle behandel word by ’n sekere vulstasie,” is onlangs in ’n Facebook-inskrywing gesê. In die skrywe is pertinent genoem dat die South Gate-vulstasie (ook Fleiss genoem) bekend is as die “hike” plek vir mense van Rehoboth, Groot Aub, Oamites en ander suide dorpe.

Volgens die inskrywing, is daar glo talle gevalle van aanranding deur die sekuriteitswagte en petroljoggies, terwyl geen aksie van die bestuurder of eienaar geneem word nie. “Deesdae as jy ’n ryloper daar wil oplaai, moet jy die petroljoggies betaal of jy moet beweeg,” sê die inwoner. “Anders moet jy toilet toe spring om die pepersproei uit jou oë te kry.”

Ander klagtes sluit in dat motorbande geklem word terwyl jy in die winkel is.

’n Rehoboth-pendelaar skryf voorts dat elke besigheid daarop geregtig is om reëls op te stel, “en as jy nie rylopers daar mag af- of oplaai nie, is dit reg. Maar my mening is dat die bestuur tog moet sien dat ons vir jare die meeste besigheid daar bring en ’n boikot sal beteken dat hy verskriklik baie besigheid sal verloor.”

Aan die ander kant

In ’n tweede inskrywing ’n paar dae later, word ’n stemgreep op die Facebook blad gelaai waar die eienaar van die vulstasie, Sheryll Retief, haar kant van die storie stel. “In verband met motors wat geklem word, het ons ’n probleem met parkering, maar sal ’n kliënt se motor nie sommer geklem word nie,” sê sy. Maar wanneer ’n parkeerplek vir langer as 30 minute beset word, is dit ’n probleem vir ander kliënte, “en indien iemand vir so lank in die winkel vertoef, sal die sekuriteitswagte die motoris kom soek.”

Daar is verneem dat die parkeerarea spesifiek by South Gate as ’n optelpunt vir pendelaars gebruik word, maar dat motors in sommige gevalle vir die hele dag by die vulstasie gelaat.

“Ek kan dit nie toelaat nie. Ek het parkeerplek nodig,” het Retief verduidelik. Die pendelaars se verweer is dat hulle brood en melk by die winkel koop en daarom kliënte is.

Retief sê sy ervaar dieselfde probleem met taxi-bestuurders. “Ek kan nie toelaat dat iemand sy besigheid van my perseel bedryf nie.”

Volgens Retief is die aantygings dat petroljoggies kliënte met pepersproei spuit vals, omdat hulle nie hierdie sproei by hulle het nie, maar dat die sekuriteitswagte dit wel in hulle besit het.

Sy verduidelik dat haar kliënte onveilig voel weens al die pendelaars wat vanaf haar perseel ’n rygeleentheid soek. “Die mense drom om almal se motors en jy as motoris kan nêrens heen gaan as jy besig is om jou motor vol brandstof te tap nie,” sê sy.

Oor hierdie aantuiging het pendelaars vuur gespoeg met talle wat sê Retief weet nie waarvan sy praat nie, en dat hulle die vulstasie in die toekoms nie weer sal ondersteun nie.

Similar News

 

Goeie opkoms vir Chryzander

5 days ago - 14 July 2019 | Local News

Gerine HoffDie gemeenskap van Rehoboth het verlede naweek kragte saamgesnoer om geld in te samel vir Chryzander Britz se ouers om hulle weer op hul...

Wees die Herder van jou huis

3 weeks ago - 23 June 2019 | Local News

Rehoboth • Boet MatthewsDie vroue van die Katolieke kerk op Rehoboth kan hulself 'n klop op die skouer gee vir 'n uitstekende Vadersdagete wat verlede...

Skills training for ­vulnerable moms

3 weeks ago - 23 June 2019 | Local News

Ester Kamati Twenty-five young mothers from the Lidar Community Foundation are receiving skills training for the next six weeks, thanks to the support of the...

Relations can improve, says German ambassador

1 month - 16 June 2019 | Local News

Swakopmund • Adolf KaureThe German ambassador to Namibia, amb. Christian Schlaga, says there is room to improve the political relationship between Namibia and Germany.Schlaga was...

Snipping helps save lives

1 month - 02 June 2019 | Local News

Windhoek • Tanja Bause A group of cat lovers realised how few people were aware of the many loving, cute cats at various animal shelters...

Kom word weer heel

1 month - 26 May 2019 | Local News

Die L'Amour Heelwordsentrum op Okahandja bied in Junie ver­skeie slypskole aan om mense te help om probleme te oorkom.Twee slypskole is vir Junie ­geskeduleer: Die...

Met of sonder naam

2 months ago - 19 May 2019 | Local News

Windhoek • Yolanda Nel Wanneer jy Rehoboth se strate begin op of af ry, vra jy nie vir iemand 'n straatnaam nie, want boorlinge van...

Konsternasie oor advertensiebord

4 months ago - 10 March 2019 | Local News

Windhoek • Yolanda Nel'n Inwoner van Windhoek is woedend ná hy in 'n motorongeluk betrokke was wat hy toeskryf aan 'n advertensiebord wat motoriste se...

OKH councillors ignore deadline

5 months ago - 10 February 2019 | Local News

Windhoek • Yolanda NelA letter from the office of the secretary general of the SWAPO party, Sophia Shaningwa, stated that the swearing-in of local authority...

Forumlede staan voor /Goagoses

5 months ago - 10 February 2019 | Local News

Yolanda Nel Lede van die Rehoboth Begraafplaas Ontwikkelingsforum (RCDF) is Woensdag na die dorpsraad se kantoor ontbied ná ’n advertensie van ’n beplande massavergadering op...

Latest News

Two birds with one stone

5 days ago - 14 July 2019 | Events

On Wednesday (17 July) Colin Lindeque hosts a public talk on bush-to-feed for drought relief at the Namibia Scientific Society.Namibia currently faces two severe environmental...

Só maak Chamel 'n verskil

5 days ago - 14 July 2019 | Society

Gerine Hoff Daar is soveel mammas wat 'n behoefte het aan items vir hulle nuwe baba en dit eenvoudig nie kan bekostig nie. Om die...

Goeie opkoms vir Chryzander

5 days ago - 14 July 2019 | Local News

Gerine HoffDie gemeenskap van Rehoboth het verlede naweek kragte saamgesnoer om geld in te samel vir Chryzander Britz se ouers om hulle weer op hul...

Dams at critical levels

5 days ago - 14 July 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh Dams in Namibia only have 26.7% or 186 820 Mm³ (million cubic meters) of water available, compared to the same time...

'n Huis vol aapstreke

5 days ago - 14 July 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelMet 'n behoefte aan mooi en unieke uitrustings vir kinders, teen 'n bekostigbare prys, het een mamma 'n entrepreneur geword toe sy...

Support for Omaheke conservancies

5 days ago - 14 July 2019 | Environment

The Namibia Nature Foundation (NNF) recently received a donation of N$234 000 to in support of three conservancies in the Omaheke region from First National...

Windhoek: A city for cyclists?

5 days ago - 14 July 2019 | Health

Windhoek • Lisa Plank There are no special routes for cyclists in Windhoek; cars drive carelessly, the area is mountainous and it is usually very...

Support for albinism

5 days ago - 14 July 2019 | Society

While commemorating International Albinism Awareness Day, FNB Namibia donated 250 sun protection hats valued at N$21 750 to Albino Care Support in Namibia of Albinism...

Ontluikende talent hier aangewakker

5 days ago - 14 July 2019 | Education

Altesame 160 leerlinge het in Junie aan die Bank Windhoek Skryfskool deelgeneem wat in samewerking met die ATKV Windhoek-tak aangebied is. Die skryfskool wat deur...

Load More