Renault verras met bekostigbare Triber

28 February 2020 | Motors

Durban • Dirk Gallowitz

Dit bly effe van ’n goëlbal – dis nou daai aflewering wat jou só tref dat jy wonder waar het jy dit vandaan gekom!
Kom ek stel dit so: waar koop jy vandag ’n nuwe goed-toegeruste mini-SUV met sewe sitplekke wat groterige ouens soos ek met ’n 1,85m lyf gemaklik kan laat sit, wat boonop ekonomies is op brandstof en dan teen ’n verkoopprys wat beduidend onder N$200 000 draai?
En nee, as dit is wat jy dink, dit is nie in donker ondergrondse versteekplekke tussen ander gekaapte en gesteelde voertuie nie.
Dié voertuig is nuut beskikbaar by Renault handelaars landswyd en staan bekend as die Triber!
Ons het onlangs die plaaslike mediabekendstelling van die nuwe Renault Triber in ’n snikhete KwaZulu Natal bygewoon en was aangenaam verras met die nuweling wat in Indië gebou word en laasjaar daar bekendgestel is.

Sag op die oog
Op die oog af lyk die Triber of dit kan meeding met die Toyota Avanza, Honda BR-V en Suzuki Ertiga, maar van nader beskou is die Triber se lengte van 3,99 meter egter meer die van ’n klein luikrugmotor.
Renault het dit egter duidelik gemaak dat die Triber nie ’n gerekte KWID is nie, alhoewel die Triber en die KWID in dieselfde aanleg in Indië gebou word. Die nuweling is op ’n nuutontwerpte platform gebou en loop teen 182mm grondvryhoogte effe hoër bo die grond, met die bestuurder wat ook in ’n verhoogte posisie sit ten einde ’n gevoel te skep dat die Triber ’n kompakte SUV is.
Na ’n bekendstellingsroete van meer as 300km deur die Middelande van KZN, was dit duidelik dat die Triber ook geensins soos die KWID bestuur nie.
Met die klein enjin wat dwars in die neus gemonteer is, is die enjinkap verbasend kort en vertoon die Triber breed van voor beskou. LED dagryliggies dra ook by tot ’n moderne vooraansig.
Die gevolg van die kort neus is dat die kajuit meer binnespasie beskikbaar het vir insittendes. Juis daarom voel die 7-sitplekker geensins beknop nie.
Die derde ry sitplekke kan maklik uitgehaal word sonder dat enige gereedskap benodig word om sodoende 625 liter laairuimte te skep. Die tweede ry sitplekke kan ook platslaan vir selfs nog meer spasie.
Volgens Renault is daar meer as 100 verskillende opsies oor hoe die sitplekke verander kan word. Hierdie praktiese ontwerp maak die Triber na my mening ’n ideale Uber-taxi of die gastevervoer vir ’n klein gastehuis of restaurant. Selfs as ’n bekostigbare krooskarweier sal die Triber die logiese antwoord wees.

Kajuit en toerusting
Die kajuit voel verbasend ruim. Die sitplekke sit gemaklik en selfs die kop-, skouer- en beenruimte het geensins ingeperk gevoel nie. Afwerking is oorwegend harde plastiek, maar dit vertoon of voel nie goedkoop nie.
Die Triber is plaaslik beskikbaar in drie afwerkingsvlakke naamlik die intreevlak Expression, ’n middelvlak Dynamique en die topmodel Prestige. Selfs die Expression is verbasend goed toegerus in standaardvorm.
Die Dynamique en Prestige modelle kom toegerus met ’n 8” MediaNav Evolution raakskerm wat die tru-kamera (slegs by die Prestige) beelde vertoon, toegang bied na alle rit- en voertuiginligting asook die klank en kommunikasie stelsels beheer.
Die stelsel bied ook stembeheer, ’n video terugspeel-funksie en is aanpasbaar met Apple CarPlay en Android Auto, terwyl Bluetooth skakeling ook beskikbaar is. ’n USB koppelpunt is voor gemonteer met ’n 12V laaisok agter.
Die Triber bied ook sleutelose toegang asook Stop/Aanskakel funksies.
Digitale instrumentasie met LED beligting asook elektriese vensters en spieëls is standaard. Lugversoring is beskikbaar vir al drie rye insittendes terwyl die sentrale konsole en smukkassie ook verkoel wanneer die lugversorging aangeskakel is.
Die Expression en Dynamique is toegerus met twee voorste lugsakke terwyl die Prestige ook twee kantlugsakke vir die voorste insittendes bied. Die Triber het nie stabiliteitsbeheer nie, maar ABS met EBD is standaard.

Dilemma
Renault het die Triber toegerus met ’n nuwe generasie ENERGY 1.0 liter 3-silinder enjin wat vir nou eers sonder turbo-aanjaging moet klaarkom. ’n Turbo weergawe word later tot die reeks gevoeg.
Die huidige enjin lewer 52kW met 96Nm wrinkrag maksimum met ’n 5-spoed handratkas wat krag na die voorwiele stuur.
En hier is die Triber se huidige dilemma.
Tydens ons bekendstellingsrit het ons op snelweë, deur stedelike verkeer asook oor die groen heuwels van die KZN middellande met die Triber gery. Na 300km plus, was dit duidelik die enjintjie is gewillig, maar gaan sukkel met vyf passasiers, wat nog te sê van sewe volwassenes!
Verbysteek was gemaklik as die momentum behou word, maar sodra daar agter stadige verkeer gery word, was dit onmoontlik om teen ’n heuwel verby te steek. Die kragtiger enjin sal hierdie probleem oplos. Die positiewe is egter dat Renault se amptelike brandstofverbruik vir die Triber aangegee word as as 5.5L/ 100km wat saam met die lae onderhoudskoste die Triber uitstekende waarde maak vir die Suid Afrikaanse koper .
Tydens ons rit was ons aangenaam verras met die Triber se padgedrag, veerstelsel en algemene ritgehalte. Glad nie sleg vir die prys nie en die padgedrag en dinamika is strate besig as die van die KWID.
Die stuur is bietjie lig maar meeste bestuurders van die Triber gaan dit so verkies. Ons kon die Triber gemaklik en padvas beleef teen snelwegspoed en ek kon selfs by geleenthede die waentjie vinniger as normaal deur die draaie looi sonder om onveilig te voel.

Die finale woord
Die Renault Triber bied uitstekende waarde in ’n verrassend goed toegeruste pakket. Die enjintjie kort meer oemf, maar meeste gebruikers sal daarmee saamleef want die prys is reg. Ek hoef nie ’n profeet te wees om te voorspel dat die Triber meer as verwagte verkoopsyfers gaan behaal nie.

Similar News

 

Isuzu brei D-Max 250 reeks met outokaste uit

3 weeks ago - 13 March 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Toe General Motors – wat Isuzu bakkies plaaslik versprei het – in 2017 uit SA onttrek, was Isuzu-eienaars bekommerd dat die...

Making its mark in Namibia

1 month - 02 March 2020 | Motors

Nors is a Portuguese group whose vision is to be a world leader in transport solutions, and construction and agricultural equipment. In Africa, the Nors...

Cars need speed control devices – NUDO

1 month - 28 February 2020 | Motors

Acting secretary general of the National Unity Democratic Organisation (NUDO) Youth League, Veparura Kandirikirira wants speed limiting and emergency braking technologies fitted in all cars...

Warm Hyundai i30N laat harte vinniger klop

1 month - 20 February 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDrie jaar ná die i30N in 2017 by die Frankfurt Motorskou sy buiging gemaak het, is dit begin Februarie ten einde laaste...

Volkswagen T-Cross – Prettige buks wat harte verower

2 months ago - 31 January 2020 | Motors

Dirk GallowitzTerwyl motorkopers wêreldwyd na bekostigbare kompakte sportsnutse neig wat suinig op die beursie loop, sal vervaardigers wat daarin slaag om die regte kombinasies in...

Mahindra se Pik (me) Up S11

2 months ago - 23 January 2020 | Motors

Dirk GallowitzMahindra het sopas hul Pik Up S11 met outomatiese ratkas in Suider-Afrika bekendgestel – die eerste land in die wêreld om dit te doen.Mahindra...

Hyundai se nuwe Venue

3 months ago - 11 December 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Kompakte es-joe-wees is tans die gewildste onder motorkopers. Ekonomies, bekostigbaar en moderne vervoer waarmee weeksdae die tekkie op die teerpad tjank...

New look for TrenTyre

4 months ago - 12 November 2019 | Motors

TrenTyre officially re-opened doors to its revamped Windhoek branch last weekend and amongst the changes that customers can look forward to, are a modernized look...

For hauling really heavy stuff!

4 months ago - 11 November 2019 | Motors

Autohaus MAN Truck & Bus delivered the first ever MAN TGX 41.680 8x4/4 Heavy Abnormal Truck Tractor in Africa, dubbed the “Black Lion” last week.The...

Epic Battle of the Brands for Cancer

5 months ago - 04 November 2019 | Motors

Some great off-road action took place at the Tony Rust Race Track outside Windhoek recently, where the Battle of the Brands for Cancer burst out...

Latest News

DHPS sundial up and 'running'

9 minutes ago | Education

Last year, an idea by the grade 12 physics class of the Deutsche Höhere Privatschule Windhoek (DHPS) quickly developed into a project: After several calculations...

Ballet hou rugbyspelers fiks

1 hour ago | Sports

Die algehele inperking weens Covid-19 mag dalk rugbyspelers binne hou, maar dit beteken nie hulle kan nie aan hul fiksheid werk nie.Volgens ’n onlangse navorsingstudie...

The best spots to hide...

Nothing beats the fun of an Easter egg hunt. But, after years of tucking mallow eggs behind couch cushions and stuffing them into sock drawers,...

A helping hand for seniors

1 hour ago | Social Issues

Youth activist Edson Uapingene donated some day-to-day necessities to 20 elderly residents at the Katutura Old Age Home over the weekend.The necessities worth around N$4...

Improved healthcare through telemedicine and...

2 hours ago | Opinion

Windhoek • Kehad SnydewelAs the lockdown starts to take its toll, we are comforted by the fact that we are doing this for our collective...

Essential service? Apply here!

3 hours ago | Business

The ministry of industrialization, trade and SME development launched the website www.namessentialservices.com to enable all essential and crucial service providers to apply for their travel...

DBN announces relief measures

3 hours ago | Banking

The Development Bank of Namibia (DBN) is preparing measures to give relief to borrowers in the wake of the Covid-19 pandemic, CEO Martin Inkumbi announced....

Only essential services cleared by...

3 hours ago | Business

The ministry of industrialisation, trade and SME development has rejected 500 business clearance applications for their failure to meet trading criteria set forth during the...

Procurement process be put on...

4 hours ago | Business

Finance minister Iipumbu Shiimi has given a directive that the procurement process in all public entities be put on hold during the lockdown period.In a...

Load More