Rooilyn groet stadig maar seker

12 May 2019 | Agriculture

Windhoek • Ellanie Smit

As deel van die implementering van die tweede nasionale grondberaad se resolusies, beplan die ministerie van landbou om binne die huidige boekjaar die proses te begin om geleidelik die veeartsenykordonheining (VCF), of rooilyn, te verwyder.

Volgens ’n tegniese referaat deur die ministerie wat saam met die begrotingsmotivering van die departement aan die parlement voorgelê is, sluit die plan in om lae risiko bek-en-klouseergebiede (FMD) by FMD-vrye sones in te sluit.

Die ministerie het voorts gesê dat semi-kommersiële eenhede by FMD-vrye sones inkorporeer sou word, wat Karikubis, Kavango, Mangetti-Oos, Tsumkwe-Otjozondjupa, Mangetti-Wes, Oshikoto, Ombuga-Oshana, Omutambo Maowe, Omusati en Sesfontein-Kunene insluit.

Die ministerie beplan ook om te begin met die trek en bemarking van bees van areas wat nie FMD-vry is nie, na areas wat wel vry is van die siekte deur middel van kommoditeitsgebaseerde handel.

Volgens die ministerie sal die direktoraat van Veeartsenykundige dienste (DVS) voortgaan om die beleid te implementeer wat daarop gemik is om nog in hierdie boekjaar toestande te kweek wat boere in die noordelike kommunale gebiede (NCA) sal toelaat om toegang te verkry tot plaaslike, streeks en internasionale markte vir hul diere en diereprodukte.

Aktiwiteite

Die ministerie het gesê sy beplande aktiwiteite duur voort met die strategie en implementeringsplan om ’n VCF op die grens tussen Namibië en Angola op te rig in ’n poging om FMD uit te wis. Dit beplan voorts om ’n oorgrens dieresiekte-vrye sone te vestig, wat onder andere Namibië en dele van Angola sal insluit.

Volgens die ministerie is massa inentings teen siektes soos FMD, longsiekte en hondsdolheid in die 2018/2019 boekjaar uitgevoer. Altesame 416 688 bees is in Namibië teen FMD ingeënt. Dié inentings is in die geïnfekteerde sone en hoë risiko areas van die beskermde sone uitgevoer.

Verder is 967 598 bees in die NCA teen longsiekte ingeënt.

Volgens die ministerie is 2 940 gemeenskapsbesoeke in die NCA uitgevoer en is 563 gemeenskappe suid van die rooilyn besoek, terwyl 2 216 plase verlede jaar geïnspekteer is.

’n Addisionele 159 534 bees in die NCA het ook oorplaatjies gekry.

Intussen, ná die bekendstelling van ’n hondsdolheidprojek in Maart 2016 in die Oshanastreek, is dié inisiatief nou in al agt streke in die NCA in volle gang.

Volgens die ministerie is ’n opleidingsprogram vir inentingspanne ontwikkel en geïmplementeer. Die 49 inentingspanne wat uit 417 lede bestaan, is opgelei in die logistiek rondom die veldtog, die hantering van honde wat ingeënt moet word, asook dataversameling.

Altesame 73 639 honde en 8 024 katte is verlede jaar in die NCA teen hondsdolheid ingeënt. Die projek het ’n verbetering in die dekking van troeteldierinenting en ’n afname in hondsdolheidgevalle tot gevolg gehad.

Similar News

 

Apples in the Kalahari?

1 day - 13 November 2019 | Agriculture

On Monday (18 November), Salomon Kalondo hosts a public talk at the Scientific Society about how Namibian farming will have to change to remain viable....

Hattrick for Calitz

2 weeks ago - 30 October 2019 | Agriculture

Bertus Calitz was honoured as Agra’s National Weaner Champion for the third consecutive time the competition has been held. He was also honoured with this...

Dag spesiaal vir heuningbye

1 month - 11 October 2019 | Agriculture

Aan die einde van hierdie maand is daar ’n spesiale dag wat opgedra is aan heuningbye en Namibië se bekende byeboer, Roland Graf zu Bentheim,...

Top score for Leonise

1 month - 07 October 2019 | Agriculture

Leonise Human, a 17-year-old learner of Gobabis Gymansium, impressed judges at the Bank Windhoek Feedmaster National Cattle Judging Competition when she scored an amazing 98%...

San going green

2 months ago - 25 August 2019 | Agriculture

Even in the arid regions of Namibia, trees can survive, provide shade and improved food security for people.The San in the Nyae Nyae conservancy have...

Omaheke farmers should focus on profit

3 months ago - 28 July 2019 | Agriculture

The Governor of the Omaheke region, Festus Ueitele, called on farmers in the region to venture into value addition to maximise their profits.He made this...

Chicken for beef

5 months ago - 19 May 2019 | Agriculture

Palmwag • Nina Cerezo Gabes /Goagoseb sits on his shady veranda. In the surrounding garden, cacti and other plants are blooming, a window of his...

Feeding the nation

6 months ago - 05 May 2019 | Agriculture

Swakopmund • Otis Finck The Agro farming industry could possibly rid the country of unemployment within the next five to ten years.So says Ranjit...

In die boorde van ’n granaatboer

6 months ago - 05 May 2019 | Agriculture

Windhoek • Yolanda Nel In die suide van Namibië is 17 000 bome vier jaar gelede geplant en as die vrugte daarvan oopgebreek word,...

‘Boer of gee die grond terug’

7 months ago - 24 March 2019 | Agriculture

Mangetti • Ileni Nandjato Die hoofveearts van die Noordweste, dr. Kennedy Shoombe, meen Mangetti-landboukundiges moet ophou om hulself boere te noem, en eerder dierewagters vir...

Latest News

Suzy launches her own site

20 hours ago | Art and Entertainment

Well-known Namibian saxophonist Suzy Eises launched her own website at a swanky event in the capital last night (13 November). Through the website, her fans...

City changes 13 street names

21 hours ago | Local News

Yolanda NelThe City of Windhoek (CoW) held a mass street renaming ceremony on Wednesday, to honour some of the fallen sons and daughters of the...

Windhoekers continue to waste water

23 hours ago | Disasters

The City of Windhoek (CoW) once again warned residents that the continuous exceeding of weekly water targets could lead to water rationing.According to the City’s...

Nie net sommer ‘airbrushing’ nie

1 day - 14 November 2019 | People

Yolanda NelEzville Husselman van Rehoboth kom uit ’n kunstige familie en nou het sy stokperdjie ’n volwaardige besigheid geword.Ezville is op Rehoboth bekend vir sy...

Die broodkar is hier

1 day - 13 November 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Hierdie plek wat kos voorsien is soos die roomyskar met sy irriteerde deuntjie toe ons kinders was,maar beter, want daar is ’n verskeidenheid...

An outburst of music and...

1 day - 13 November 2019 | Art and Entertainment

Equipped Dancing Academy hosts a show titled ‘Outburst Music and Dancing’ in the capital on 22 November.The academy’s founder and principal, Stanley Mareka, said at...

Verfhale sonder huiwer

1 day - 13 November 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Die bekende keramiekkunstenaar Sarie Maritz is hard aan die werk om op 22 November haar nuwe skeppingste vertoon. Nie net is haar handewerk...

Is a franchise the right...

1 day - 13 November 2019 | Business

Mbo LuvindaoNamibia’s Small Medium Enterprise (SME) sector is reported to contribute more than 10% to the gross domestic product (GDP) and 20% to employment creation....

Apples in the Kalahari?

1 day - 13 November 2019 | Agriculture

On Monday (18 November), Salomon Kalondo hosts a public talk at the Scientific Society about how Namibian farming will have to change to remain viable....

Load More