Só maak Chamel 'n verskil

Hierdie vrou van Windhoek spreek behoeftes een skenking op 'n slag aan.

14 July 2019 | Society

Gerine Hoff



Daar is soveel mammas wat 'n behoefte het aan items vir hulle nuwe baba en dit eenvoudig nie kan bekostig nie. Om die beurt is daar baie mamma's wat té veel het en dit graag aan 'n behoeftige wil skenk.

Dit is juis waar Chamel Pretorius van Windhoek wil help. Nie net samel sy baba- en kleuter klere, doeke en ­ander noodsaaklikhede deur skenkings in nie, sy maak ook seker dit beland wel waar die nood die grootste is.

Sy vertel hoe sy by haar vriende en via Facebook vir benodighede gevra het en op dié manier kon sy baie mense help.

Maar toe besluit sy om dit “amptelik” te maak, en só is Hope for Children gebore.

“Ek is nog nie lank aan die gang nie, nou eers maar drie weke,” sê sy, hoewel sy al oor die afgelope twee jaar insamelings doen. “Gelukkig het ek baie 'resourceful' vriende en dit help om die woord op sosiale media te versprei.”

Op die vraag oor hoekom sy dit doen, antwoord sy onmiddellik: “Want dit voel lekker. Ek ry die kleintjies vreeslik jammer. Ek wil graag my eie kinders hê, maar omstandighede laat dit nie toe nie.”

En hoe het sy besluit om betrokke te raak? “Eintlik het dit heel toevallig gebeur. Ek het net een oggend 'n boodskap gekry en besluit ek moet help.”

Wie het op die oomblik die grootste behoefte?

“Beslis weeshuise. Maar onder private mense is daar ook behoeftiges. Hulle is gewoonlik net te skaam om hulp te vra. Maar asseblief, kom vra my. Ek maak niemand se naam bekend of oordeel nie. Mense hoef net te sê wat hulle nodig het, en ek sal probeer om dit in die hande kry.”

Omdat hierdie soort uitreik nie sonder sy eie hartseer gepaardgaan nie, sê Chamel het sy 'n wonderlike ondersteuningsnetwerk in die vorm van haar ma en haar kêrel, so ook die maatskappy waar sy werk. “En dis great!”

Chamel sê met hierdie soort aksie is daar ongelukkig altyd 'n paar mense wat die situasie wil uitbyt. “Ek het al self oorgekom hoe ek klere weggee en 'n week later sien hoe dit verkoop word.” Sulke situasies ten spyt, probeer sy nog steeds haar bes. “Ek wil net graag behoeftige mamma's help,” sê sy.

Hoewel sy in die verlede baie goeie reaksie gekry het, sê Chamel skenkings is op die oomblik stil. “Nou is daar meer mense wat vra, eerder as wat kan gee.”



Skenk hier!

As jy iets het om te skenk en jy in Windhoek woon, sê Chamel sy kan dit na ure of oor naweke kom haal. “Mense sê gereeld hulle sal bymekaar maak, maar dan kom hulle nie by my uit nie,” en dus maak sy 'n plan. Sy sê sy het ook al skenkings van elders ontvang en dan reël sy vir 'n geleentheid om dit hier te kry.

Sy sê op die oomblik is daar 'n groot behoefte aan doeke en klere vir pasgeborenes, kos, komberse en speelgoed.

Diegene wat 'n skenking wil maak, kan via Facebook by Hope for Children met haar in verbinding tree, of haar SMS, bel of Whatsapp by 081 290 6994. Diegene wat items benodig, kan haar ook met vrymoedigheid kontak. “Ek help graag.”

Similar News

 

City of angels

1 day - 18 August 2019 | Society

Tanja Bause “More and more kids in Namibia are being orphaned daily and fewer people are taking care of them,” says Bettie Hoakhaos (52) of...

City of angels

3 days ago - 16 August 2019 | Society

Windhoek • Tanja Bause “More and more kids in Namibia are being orphaned daily and fewer people are taking care of them,” says Bettie...

‘Doughnations’ for the less fortunate

2 weeks ago - 04 August 2019 | Society

There’s more to Debonairs Pizza than just pizza. Because by simply ordering a Debonairs Pizza, you are feeding people in need at no additional cost...

Think pink

3 weeks ago - 28 July 2019 | Society

Earlier this week the Cancer Association (CAN) launched the #MyCupForCancer campaign in support of women fighting cancer.The project runs from August to October every year...

Support for albinism

1 month - 14 July 2019 | Society

While commemorating International Albinism Awareness Day, FNB Namibia donated 250 sun protection hats valued at N$21 750 to Albino Care Support in Namibia of Albinism...

CAN tickled pink

1 month - 30 June 2019 | Society

The Cancer Association of Namibia last week launched the 2019 “Pink Drive” in support of women's health, announcing that the “Hope over Fear” buffs for...

Awesome support for Winter Knights

2 months ago - 16 June 2019 | Society

The Round Table in conjunction with various project partners saw Namibians give generously at intersections in Windhoek, Swakopmund and Walvis Bay last week.Citizens again proved...

Raak nou deel van Klub 50

2 months ago - 26 May 2019 | Society

Enige ouer sal kan getuig dat om 'n kind groot te maak, aan jou beursie knaag. Juis daarom vra Huis Maerua kinderhuis vir bystand.Individue en...

Busy weeks ahead for association

2 months ago - 26 May 2019 | Society

First up is a Circle of Hope training session hosted by Cathy Scheepers and Marlette Brand taking place on 1 June. Cathy will be speaking...

SPCA open day a success

2 months ago - 26 May 2019 | Society

Earlier this month, the SPCA in Windhoek held its first Shelter Open Day, with an estimated 150 visitors that came to join one of the...

Latest News

City of angels

1 day - 18 August 2019 | Society

Tanja Bause “More and more kids in Namibia are being orphaned daily and fewer people are taking care of them,” says Bettie Hoakhaos (52) of...

Ongos on the go

1 day - 18 August 2019 | Infrastructure

The groundbreaking ceremony for the N$ 4.3 billion housing project of the Ongos Valley took place in the capital this earlier this week. A total...

Residents and |Gôagoses at loggerheads

1 day - 18 August 2019 | Infrastructure

Residents of Duneside informal settlement in Rehoboth’s Block E said they want their Town Council and the Rehoboth Urban East Constituency office to bring basic...

Good possibility for rain

1 day - 18 August 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerFor many Namibians, especially farmers, there may be a small glimmer of hope. The strong El Niño phenomenon, which is one of...

Giving hope to the destitute

1 day - 18 August 2019 | Social Issues

Walvis Bay • Leandrea Louw The Promiseland Trust, established in Walvis Bay in 2009, feeds more than 2 500 children across the town every day.Founded...

Vlinders vlieg hoog

1 day - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Agriculture in harmony with nature

1 day - 18 August 2019 | Environment

“Sustainability so often has negative connotations,” says Fabian von Hase. He finds the term “ecological health” more fitting.“Sustainable means that we do less harm to...

Prickly intruders

1 day - 18 August 2019 | Environment

Windhoek • Theresa Lang Gunhild Voigts carries gardening tools with her wherever she goes. Peek in her car and you will find rakes, saws and...

Computers for Omaheke library

1 day - 18 August 2019 | Education

The Omaheke regional library in Gobabis last week received a donation of laptops from Bank Windhoek. At the handing over, the director of education in...

Load More