Say it!

Gerine (WE) Hoff
Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say.



Namibia se regering behoort hulle te skaam oor die toestand van die grondpaaie. Hulle wil toeriste hê maar van Sossusvlei na Swakopmund is die paaie onrybaar. Busse word omgegooi en so verloor elke bus ten minste 2 bande. Dit maak dit baie ongerieflik vir die toeriste.



Kan die polisie asb iets doen in die Gemengde lokasie? Die tsotsis roof en breek ons huise in.



Wanneer die laaste ietermagog dood gemaak word en uitsterf sal daar seker ook net 'n boete of borg van N$1500 gegee word. Wat 'n skande dat ons toelaat dat die natuur so verwoes word.



Wat het geword van die ernstige vertoë dat Hentiesbaai asb 'n Wimpy moet kry? Soos toe en nou weer genoem sal dit 'n aanwins vir Wimpy en 'n voorreg vir ons Hentiesbaaiers wees! JZ



Die Lubangogate moet vergeet word maar dit wat dekades voor dit deur die Duitsers gedoen is, mag nie vergeet word nie. Hoe werk dit nou?



Nou toe nou. Nujoma vier 90se verjaardag met Chinese, sy noue vriende! Geen wonder hulle hom weg met die plunder van ons land se resources nie! Noem ons land Chinibia!



Hoekom moet veeartse so duur wees? Baie arm mense is lief vir diere maar kan nie eers 'n hond laat uitsit nie want dit kos meer as N$500 net vir 'n inspuiting. Veeartse is mos lief vir diere so as gevolg van hul pryse, suffer die siek honde van die gewone man op straat sou hul durf waag om siek te raak.



Pres. Geingob says the Lubango survivors mustn't live in the past, yet Swapo is doing that! E.g.: Cassinga Day, daily references to apartheid era, etc.



Ai, nou is dit weer die Portugese kruis. In 1486 was nie een van julle voorvaarders in Namibië nie. As een land dit moet terug kry, is dit Portugal weens die respek wat ons aan hulle seevaarders moet toon!



Almal wat tussen Swakop en Henties moet ry is seker dankbaar vir die teerpad wat ons gekry het Wat ek nie kan verstaan is dat toe dit 'n soutpad was was die spoedbeperking 100kmpu waar om moet die teerpad nou 'n spoedbeperking van 80 kmpu hê? Kosie, Henties



Die beeste by Omeya-landgoed tussen Windhoek en Rehoboth. Wanneer word daar regtig iets gedoen aan hierdie baie ernstige saak? Ek was Saterdag amper in 'n ongeluk. Spoor die eienaars van die bees op. Die president moet regtig betrokke raak by hierdie onderwerp. So baie mense is die afgelope 2 jaar dood.



RHB: Ons in Burgershoek kry swaar. Hier is koopwaterkrane maar dit word toe gemaak. Waar moet ons water kry? Kan iemand ons help asb? Dis verkiesingstyd. Mense, trek julle kruisie by die mense wat die geld het.



Ja, Tolke is reg met waterbestuur, maar wat doen CoW en Namwater daaromtrent? Ons word beboet vir bietjie te veel water gebruik maar soos jy sê dis omdat al meer mense na WHK verhuis en dis net woonstelblokke wat oral gebou word. Maar watse beplanning het CoW of Namwater al die afgelope 20-30 jaar al gedoen? Waar is die miljoene wat beskikbaar was vir 'n pyplyn van die Kunene of Kavango riviere? Daarvan is julle stil.



Ag nee Hentiesbaaiërs, wat het van julle geskiedkundige huisname geword? Vroëer was die huisname dit wat Hentiesbaai uniek gemaak het. Wat 'n jamerlike teleurstelling. Zol van Huysteen, Midrand



The drain at the police station on Sam Nujoma east of Hidas has been overflowing with sewerage into Sam Nujoma rd and on the sidewalk for several months. Is the municipality so incapable of fixing it? The same counts for a drain on top of the Sam Nujoma hill east of Mugabe Ave.