Say it!

Gerine (WE) Hoff
Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say.


Kan mnr. Amupanda asseblief vir ons die statestieke wys waar hy dit vandaan kry dat wit mense meer as 70% van beboubare grond besit?

Die Polisie se pleidooie val op dowe ore? Hulle moet natuurlik net hul kant ook bring. Doen verkeerswetstoepassing met ongemerkte voertuie tov bewegende oortredings en vang spoed in die dorpe ipv om oral spoedhobbels op te rig. Stel ook strikke vir die bribe vatters en sluit hulle toe.



Noodfonds word gebruik vir weermag om te spog met Onafhanklikheid maar dis droogte, kinders gaan skool toe sonder kos, hospitale het nie medisyne nie. Lang lys van prioriteite maar wat maak dit saak solank 'n paar belangrike persone kan eet en drink en spog.



Ministry of Youth and Sports centres are white elephants and personal are permanently drunk or out for shopping or on holiday. What a waste of tax payers money. Pay for nothing. You want us youth to VOTE FOR WHAT?



Lesers moet versigtig wees om die blaam oor die PSEMAS penarie in die dokters se skoene te gooi. Pasiënte wat die fonds bedrieg soos onlangs in die nuus was, is die groot probleem. En is die persone wat by PSEMAS met die eise werk nie opgelei om sulke bedrog op te merk nie? Moenie altyd die dokters blameer nie en dink daaraan dat dokters hulle personeel moet betaal al word hulle maande lank nie vir hulle dienste betaal nie.



Sondag om 20:30 ry ek tussen Otavi en Tsumeb op die ongeluk af. Wat ek sien was met hartseer en afgryse. Die voertuie was opgevromel en wrakke. Die tyd het aangebreek dat die minister van vervoer moet ingryp. Hierdie is ongelukke wat verhoed kan word. Ons Namibia het 'n goeie spoornetwerk. Bussies met hulle eienaars moet gebaan word sodat ons treine kan werk. Die treine kan loop tussen 18:00 en 07:00 en almal is veiligby die huis of by hulle eindbestemming. Probeer dit en sien groot sukses en geen sterftes nie. Dankie en luister en doen dit.



PSEMAS moet meer beheer kry oor hulle fonds. Die fondsadministrateur moet eenvoudig vir ons 'n SMS stuur sodra daar 'n transakasie gedoen is. Ek dink dokters roei ons fonds uit en ons as lede is nie eens bewus van eise wat ingedien word. Wie ly nou onder dit? Die lede!



As iemand my ID vind/optel, bel my 081 332 2774. Groot asb. Hentiesbaai of Swakop. John Vigar



Ontmoet vandag by inkoopsentrum twee legendes. Joos Platt en Hennie Barnard. Wat 'n goeie gesprek. Geen politiek. Geen ressesie. Topic. Lyfstraf en toepaslike straf. Toekenning van borg. Dankie vir julle goeie insette. Wens julle albei lange lewensjare toe.



Ons moet belasting betaal maar die belasting wat hulle ons skuld word nie betaal nie. Kan iemand sê hoekom nie?



Ek wonder net hoe leef 'n prokereur met sy gewete saam en hoe vra hy vergifnis vir sy dade as hy alles in sy vermoë doen om 'n skurk soos Katriena te verdedig en vry te kry. Maar vir 'n sak vol geld vergeet 'n mens jou menslikheid en regverdigheid.



Die rivier oorkant NTA in Randdstraat is so toegegroei van gras en bome, skelms kruip daar weg. Ons leef in vrees. Kan munisipaliteit nie kom skoon maak nie. Kom kyk self.



Job en AR, begin soos normale mense werk vir jou huisie. Of is jy na 29 jaar se onafhankliheid nog te sleg daarvoor? Bring my 'n bewys dat enige iemand wit, swart, bruin huise gekry het van voor jou geboorte af! Dis omdat jy net alles wil hê maar te sleg is om daarvoor te werk. Onthou ook maar dat aksies 'n reaksie kan bewerkstellig.